Vriende

Wat is ware vriende? In Vrae oor Vriendskap deur Deurmekaargedagtes is daar so mooi daaroor geskryf en daardie wyse man, Khalil Gibran aangehaal. Hy het ons mooi vertel hoe so ‘n vriendskap moet wees. En ek het gese dat ek so ‘n vriend het soos wat daar beskryf word.

Maar die wereld wil dit nie hoor nie- dat ‘n manlik en vroulik waarlik so kan vriende wees nie. Is dit die tipe stereotipering waarvan Krokodil gepraat het, wat dit veroorsaak? Waarom is almal so skepties daaroor? Is dit omdat die wereld so sondig is en daar so maklik iets verkeerd kan loop? Of is dit bloot omdat hulle nog nooit so ‘n vriendskap gehad het nie? ‘n Volkome onselfsugtige vriendskap? So onselfsugtig dat jy terugtree en die vriendskap vernietig ter wille van die vriend?

Is daar ‘n verskil tussen so ‘n ware vriendskap en liefde tussen man en vrou? Ek  dink so, maar wat dink jy? Is daar ware liefde sonder so ‘n vriendskap?

Die  band gebreek,

die woorde stom.

Maar in my hart

onthou ek hom.

 Het jy so ‘n vriend/in? En wat se die wereld daarvan?

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in gedigte en rympies (seestrome van verlange), Los opdrifsels. Bookmark the permalink.

11 Responses to Vriende

  1. toortsie sê:

    Ek glo mens kan ‘n vriend van die teenoorgestelde geslag he. Maar as jy in ‘n huwelik is, is dit maar moeilik om nie probleme te veroorsaak nie…

  2. Olga sê:

    Kan so ‘n vriendskap in ‘n huwelik inmeng? Ja, beslis. Mans kan so “my way or the highway” wees. Ek weet van iemand wie al twee keer “die groot liefde” die deur gewys het oor dieselfde onskuldige vriend.

  3. seegogga sê:

    As you say…..Julle oortuig my.

  4. Krokodil sê:

    Vir meeste van my lewe het ek weens my beroep(e) toevallig in ‘n manswêreld geleef. Dis ‘n moeilike vraag wat jy vra en ek dink daar is baie uiteenlopende antwoorde omdat mense uiteenlopende ervarings van dieselfde verskynsel het. Ek dink mens kan met ‘n man boesemvriende wees. Ek was. Sonder dat daar ooit van enige kant enige sparks was. Hy is ‘n paar jaar gelede dood en ek mis hom steeds en dink wanneer snaakse dinge gebeur o hel Jimmy sou nou dit of dat gesê of gedoen het (hy was ‘n regte stoutgat), maar in sy plek het ek ‘n hartsvriendin gekry waarmee ek kan skerts en lag en ook die sout wat die lewe mos soms saksgewys vir mens stuur, opeet.

  5. Krokodil sê:

    Net terloops, daar is vir my een uitsondering op die stereotiperingsaangeleentheid en dis politici. Hulle is fair game en die jagseisoen is ALTYD oop 😉

  6. seegogga sê:

    Ek is bly jy het so ‘n vriendin bygekry, krokodil!

  7. Olga sê:

    Eintlik het ek so ‘n vriend. Ek volstaan hierby. Vriend.

  8. seegogga sê:

    HA! Nou eers! So daar is nog van ons? Maar ja, soos julle se, dis moeilik en as dit wil lyk of sy vrou nie verstaan nie, moet die vriendskap maar agteruit tree.

  9. Olga sê:

    Dis regtig wat iets onskuldigs vuil maak. Dan dwing dit so ‘n vriendskap na ‘n hoekie. Laat jou later skuldig voel om net aan jou vriend te dink.

Lewer kommentaar