Author Archives: seegogga

Unknown's avatar

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?

Konsternasie op die stasie 2

( vervolg op Konstenasie oo die stasie 1)

Posted in Los opdrifsels, Mosambiektrip | 7 Kommentaar

Konsternasie op die stasie: 1.

Vervolg op ‘n Geskenk uit die Hemel.

Posted in Mosambiektrip | 7 Kommentaar

‘n Geskenk uit die Hemel.

Ek en my man is op pad Paarl toe, na my kleinkinders se gr 1 skoolkonsert, toe die whatsup deurkom. As jy nou, om geen spesifieke rede nie, vir 3 weke êrens heen kan gaan – sal dit in Oktober … Lees voort

Posted in Mosambiektrip | 12 Kommentaar

Mymeringe op Paas Vrydag.

Dis Paasnaweek. Seegogga en mnr Krap is vandag 44 jaar lank getroud! Dis sowaar ‘n wonderwerk. En ‘n seën . En genade. Maar nou sit sy en mnr Krap alleen en baie rustig in hulle seehuis. Dis stil. Net die … Lees voort

8 Kommentaar

1652 Jan van Riebeeck vaar oor die see

‘n Bietjie vrolikheid: Die Goue vroue het ‘n paar jaar gelede mos daar onder by Jan en Maria gaan inloer- in 1652. Julle kan gerus die storie lees deur in volgorde op die volgende links hieronder te klik om elke … Lees voort

2 Kommentaar

Die storie van skaak, soos vertel aan my kleinkinders

Eendag, lank, lank gelede,(seker so 1500 jaar gelede) , was daar ‘n baie slim wiskundige met die naam van Sissa. Die koning van Indië was baie verveeld en hy gee toe vir Sissa ‘n baie moeilike opdrag. “Ek soek ‘n … Lees voort

Posted in feeverhale en ander stories, Los opdrifsels | Tagged , , , , , , , , , , | 8 Kommentaar

Poedel

Jarre en jarre gelede, so 1972, het ek en ‘n vriendin op ‘n toer oorsee gegaan. en toe ons in Frankryk land, het die lugredery my tas verloor. Ek het  ‘n maand lank net die klere aan my lyf gehad. … Lees voort

Posted in kraters en ander skandes (humor), Los opdrifsels | Tagged , | 7 Kommentaar

Dis alweer nuwe jaar!

En so vlieg die jare. 2025 lê en wag voor die deur. Die seewind is besig om 2024 redelik vinnig weg te waai. 2024 was ‘n besige besige jaar, byna vir almal wat ek ken, en tog is daar nie … Lees voort

Posted in Los opdrifsels | Tagged , , , | 4 Kommentaar

Die tale wat ons praat: keyboardtaal.                     

Ek dink die meeste mense wat my ken, het al kennis gemaak met my touchscreentaal. Oh my word! Ek het die vermoë om die eenvoudigste woordjies na Grieks te verander of dalk na woorde wat gesensor behoort te word, op … Lees voort

Posted in die tale wat ons praat, Los opdrifsels | Tagged , , , | 7 Kommentaar

Die Geheim van die vis

Seegogga lê rustig op haar hangmat en suig klein suigies aan haar pittekou. Waarvoor kan sy dankbaar wees? Wat het sy geoes? Het sy rede om ‘n dankfees te hou? En ‘n party? Haar gedagters gly oor die afgelope jaar. … Lees voort

Posted in Die Overberg: my wereld., goue vroue, Kossies vir 'n seegogga en ander resepte, Los opdrifsels, Overberg, Seestories | Tagged , , | 8 Kommentaar

Die tale wat ons praat: Afrikaans!

Wil julle weet wat ons weet? Luister gerus na hierdie uitstekende toespraak van die matrikulant, Mpumi Rakhudu! https://www.facebook.com/share/5VMf7wDvRNzJQUEX/?mibextid=xfxF2

Posted in die tale wat ons praat, Los opdrifsels | 2 Kommentaar

Die virus hoofstuk 11 deur Seegogga: Mars, hier kom ons!

Hier is een van die hoofstukke van die Goue Vroue se nuwe avontuur.  Julle kan hoofstuk 5 in die vorige blog lees  Die volledige  boek is eersdaags beskikbaar. “Drie…twee…een” “Stop! Stop! “Seegogga wip uit haar stoel uit.Mol, ofterwel Maurice, mag … Lees voort

1 Kommentaar

Die Virus, hoofstuk 5.

Die Goue Vroue is opgesaal met ‘n ernsige taak. Daar is ‘n nuwe voëlgriep virus wat dodelik is vir mense en Covid na kinderspeletjies laat lyk. Hopelik kan die Goue Vroue die mense op die aarde red. Hierdie is hoofstuk … Lees voort

Posted in feeverhale en ander stories, goue vroue, Los opdrifsels | Tagged | Lewer kommentaar

Seegogga en die Seerowers

Seerowers!(deel 1) Seerowers! (Deel 2) SEEROWERS! ( DEEL 3) Seerowers!(deel 4) Seerowers (DEEL 5) Wat is al hierdie links hierbo tog? Wel  hulle is almal links na die verskillende hoofstukke van ‘n baie gewilde familiestorie-‘n seerowerstorie, deel van ons famieliestories wat gereeld … Lees voort

2 Kommentaar

Stories

My pa het altyd die interessantste stories gehad – avonture in ‘n tyd wat verbygegaan het, ‘n tyd wat niemand ooit weer kan beleef nie; netso my ma en haar baie besonderse Falck familie. As die 11 Falck broers en … Lees voort

Posted in Los opdrifsels, kraters en ander skandes (humor), feeverhale en ander stories, goue vroue | Tagged , , , | 16 Kommentaar

Knope en Moord in die Overberg

(Hierdie is die eerste deel van ‘n Nuwe avontuur vir die Goue Vroue. Daar is n moord gepleeg. Daar is n pragtige meisie. Daar is…. Om hierdie vervolgverhaal te volg, klik hier. https://fresh.inlinkz.com/p/54c7705c5c9f46fa95a041857eac2e89 Seegogga klim met moeite in haar hangmat. … Lees voort

Posted in goue vroue, Los opdrifsels, rhebusfontein | Tagged , , | 28 Kommentaar

Kersfees op Rebus

Seegogga lê uitgeput op haarhangmat op die bont stoep van haar blou Rebushuisie. Dit was ‘n lang jaar van woel en werskaf. Sy was so lanklaas hier op Rebusfontein. Sy hoop die ander GoueVroue kom ook. Sy het ‘n outydse … Lees voort

8 Kommentaar

Aandag! standardiseer rekenaars en selfone!

So breek my laptop mos so ‘n maand gelede. En ek kry ‘n nuwe laptop. En hy is Grieks! Ek weet nie waar is my files nie, my foto’s is toe in ”folders”, Daar waar die aanhalingstekens moet wees, is … Lees voort

Posted in Aandag! Verbeter die lewe en word 'n mijoener!, Los opdrifsels | Tagged , , | 15 Kommentaar

liewe Lesers

As ek nie besig is om een of ander onhebbelikheid of wilde avontuur met die Goue Vroue te beleef nie( tans is ons besig om die lewe vir ou Jan van Riebeeck te verbeter, of dalk moeiliker te maak daar … Lees voort

9 Kommentaar

Drama in 1600+ Deel 4 van ons avontuur

Die Goue Vroue is ‘n groep vindingryke dames wat wonderlike avonture saam beleef in die kuberruim. Kliek op die volgende link as jy lus is om te loer wat ons hierdie keer aanvang… https://fresh.inlinkz.com/party/dd0d1dc46eb64ccf9ede0f8f19d43711 “Julle, ons plan werk uitstekend! As … Lees voort

Posted in feeverhale en ander stories, goue vroue, Los opdrifsels | Tagged , , | 22 Kommentaar