Aan almal wat hier lees.
Ek het onlangs my bloggie laat opgradeer na seegogga.com toe (dit lyk beter vir my akkommodasieplekke , want almal vra my waar my website is, en dis die naaste wat ek nog aan ‘n website gekom het). Skielik verdwyn al die advertensies, in plaas van die secure slotjie bo is daar nou ‘n i in ‘n sirkeltjie wat beteken dat die veiligheid nie goed is nie, en my leserstal daal drasties. Seegogga is skielik besig om hier onder te verdwyn!
Ek is amper heilig oortuig hierdie secure probleem het iets daarmee te doen. Kan iemand help? Ek wil secure en veilig wees soos ek altyd was! Ek wil advertensies hê soos voorheen, maar betaal word vir hulle, al is dit ook hoe min. En die belangrikste: ek wil weer al my lesers terug hê!!!
Kan iemand raad gee en help? Hoe maak ek my website secure met ‘n slotjie? Ek het vir WordPress brief gemail maar geen regte terugvoer ontvang nie. Ek is lus en sê vir WordPress hulle moet hulle .com in hulle .com steek en my ou wordpress/seegogga teruggee. Maar ek weet nie eers hoe om dit te doen nie.
Heeeeelllllp!!!
Dis die Clustrmaps wat jy gebruik regs onder (by “Wie lees”). Miskien kan dit op https ook werk, as jy dit verstel.
Jy kan by http://www.whynopadlock.com kyk om te sien watter elemente op jou webbladsy nie deur https gelewer word nie, en dus maak dat die groen slotjie nie verskyn nie.
Baie dankie Alleman! Volgens die site bo is dit op 2 plekke die clustermaps. Nou moet ek net uitving hoe ‘n mens dit afhaal. Enige idees?
Dit is miskien in jou widgets – kyk by https://seegogga.com/wp-admin/widgets.php
Ai Baie dankie!! Bietjie gesoek en toe gekry, delete en wow! ‘n Slotjie!!! Ag, ek hoop nou net my lesers kom terug!!! Wow, hoe weet jy al hierdie dinge?
Sjoe, jy laat mens skrik, Seegogga. So alles is nou weer reg???
Lyk my darem so. Uns. Ek het nou net ongelukkig my aardbolletjie met sy rooi kolletjies verloor en ek het hom nogal geniet. Ek het nog steed nie antw vir die advertensies nie, maar Toorts sal seker daar raad he. Dit lyk sommer sowaar klaar of my lesersgetalle vandag al wil beter word!
Ek het nog nooit ń aardbolletjie gehad nie, Seegogga? Waar? En hoekom? Ag, ek dink elke keer ek het slim geword, en dan weet ek weer niks. Solank jy jou lesers teug kry, jou vriende. Dit maak saak.
ja dis al wat tel.
Het ek jou ooit oor my meisiekind se siekte geantwoord?
Nee. wag nog!
Sy moes Januarie teruggaan vir toetse om vas te stel hoe ernstig die graad van Graves sindroom is waarmee hulle haar in Desember gediagnoseer het. Hulle sou direk met chemo begin, moes net wag om agter te kom watter sterkte. Dis ń slegte imuun sisteem siekte wat die hele lyfie aantas. Ook haar hart. Sy is terug, en is tot al 3 haar spesialiste se totale skok as skoon verklaar. Hulle reaksie: sy het vir maande lank inflamasie van die skildklier gehad, daarom dat al die uitslae so sleg was. Ek glo ons Here het haar aangeraak. Want Hy het een oggend in die kerk dit vir my gesê, voor sy nog gediagnoseer is. En gelukkig het ek haar dadelik na kerk gebel en gesê. So, nou het sy haar eie getuienis. Soos ek en jy weet, soms doen Hy dit op hierdie manier. Soms nie.
Ag maar dis absoluut wonderlik! Ja d mens wikbmaar God beskik ne!
O Griet – toemaar, gelukkig het ons ‘n paar slimmes aan boord.
Gelukkig, ne! Ek s sommer daddelik gehelp.
Toortsie wetie so mooi nie. Ek sal kom kuier!
Sal lekker wees, wag net so ‘n week of so. Die griep het my nog nie heeltemal gelos ne
Dis reg so. Ek is ook nog baie vas.
Hoop jy voel gou beter.
darem al reg. Snuif net nog ‘n bietjie
Ek wou sê ek mis jou hier.Ek is darem bly dat ek jou weer kan lees!
Ek is net so dankbaar! Ek sien my lesersgetalle is sommer dadelik weer op hulle gewone plek. Dankie vir die lees!
Hoop jy het reggekom en is weer aan die gang. Hierdie tipe goed is Toortsie se kopseer, ek verstaan net mooi niks en stap net saam.
reggekom, dankie Kameel, maar Toorts sal later met iets anders moet kom help. Wat sal ons tog sonder haar doen?