Dinge gaan vinnig en die afgelope paar jaar het daar soveel nuwe Afrikaanse woorde ontstaan. Sommige word sommer algemene gebruik, bv grendeltyd.
Daar is baie en julle sal my moet help opnoem.
Maar gister staan ek in Struisbaai se OK se ry na die betaalpunt toe.
“Verskoon my net ‘n oomblik” sê die dame voor my skielik. Sy swenk links en begin die sjokolades aan daardie kant aandagtig deursoek.
” Lus vir ietsie lekkers, né,” sê ek.
En die dame agter my haak af en sê: “Ek noem hierdie stukkie gang mos die verleiry.”
Verleiry! Wat ‘n pragtige woord vir daardie stukkie met al sy lekkernye voor alle supermarkte se betaaltoonbank!
En daar staan ons, 3 wildvreemdelinge vir mekaar, heerlik aan die saamgiggel in die verleiry.
Ken julle ook sulke nuwe woordskeppings? Noem dit hier asseblief!
( En knyp maar die oë toe in daardie verleiry!)

Moet asb nie daarvan praat nie. Ons bant (is dit ook nuut Afrikaans) nou al van 1 Januarie af. Dit voel of die winkels met opset die verleiry langer maak. Dischen in Mosselbaai en George het dit soos ‘n bees-drukgang gemaak. Omtrent ‘n 1/2 km tot by die teller. Jy kan dit onmoontlik mis of oë toeknyp.
LikeLiked by 3 people
Koop n pakkie neute en eet dit solank terwyl jy in daardie verleiry staan. O ek sukkel ook so in daardie ry!
LikeLiked by 1 person
Veels geluk met jou koskeuse! 😁
LikeLike
Lieflike woord, ek gaan dit onthou.
LikeLiked by 1 person
Verleiery, wat ń heerlike woord vir daardie soort gang, Seegogga!
LikeLiked by 2 people
DIs die beste beskrywing vir daardie ellendige drukgang…..dink net wat sou die advertensie maatskappye kon maak met daardie woord as daar nog afrikaanse advertensies was!!
LikeLiked by 3 people
Daardie woord was vir my so n perfekte beskrywing en so mooi. Ai en ons moet altyd so sterk probeer staan om nie verlei te word in die verleiry nie!
LikeLiked by 1 person
Verleiry! O ek hou hiervan!
LikeLiked by 2 people
Wat ‘n lekker woord, letterlik. Daai ry is my ondergang, ek is altyd haastig, haat om te wag en dan kan ek nie help om verder inkopies te doen in die verleiry nie.
LikeLiked by 2 people
noudat ons weet wat die plek se naam is, nl verleiry, kan ons dalk die versoekings beter weerstaan.
LikeLike
‘n Nuwe woord vir daardie babelas is “ek voel vanoggend ‘deurskynend’!
Dan is daar die ‘pram tan” (spreek albei woorde in Engels uit)…dis wanneer slegs die voorste dele van jou vingers nie ge-tan is nie omdat dit oor die handvatsel van die stootwaentjie gekrul het.
LikeLiked by 2 people
dis n goeie woird, Letty-Ann!
LikeLike