,
Dis nou jóú Beurt!
Die Goue Vroue is ‘n handjievol Suid-Afrikaanse vroue – oud en jonk – wat lief is vir skryf. Ons is geanker in die werklikheid, maar spoor mekaar met bloguitdagings aan om te fantaseer. “The Talking Stick” dien in hierdie geval as inspirasie tot wonderbaarlike stories…elke Goue Vrou kry haar beurt. Hierdie rondte pak ons in alfabetiese volgorde aan.
Dit werk so: as jy die praatstok vashou is dit jóú beurt! Jy praat en die ander moet luister sonder om jou in die rede te val. As jy klaar is met jou storie, gee jy die praatstok vir die volgende persoon aan. (Hierdie konsep is deur Stephen en Franklin Covey in hulle kursusse tot meer effektiwiteit benut om empatieke luister te bevorder).
Volg hierdie skakel as jy ons Goue Vroue se stories in volgorde wil lees:
https://fresh.inlinkz.com/party/fe16b378ba494670a41c59177986b352
Wel, julle wil weet en luister en of julle nou wil of nie, julle moet stilbly tot ek klaar is
Ek het eers gedink om n grappige storie te vertel. Toe dink ek ek moet liewer iets kontroversieel skryf- iets waaroor almal n eiertjie te lê het, en aangesien hierdie my blog is, en aangesien ek die praatstok vashou kan ek nou my stuiwer in die armbeurs gooi- in vrede. As julle verskil, kan julle lekker in die kommentaar redekawel, ek het my sê gesê.. En ek het ook ‘n lekker storieom te vertel, maar aangesien tyd beperk is, doen ek nou eers gou ‘n paar van my minder beskeie opinies.
Reg, natuurlik Covid. Blykbaar vermoed deskundiges nou sterk dat die virus wel mensgemaak is, en daar word nou navorsing daaroor gedoen by sommige universiteite.
Wat ookal die geval is, dit is duidelik dat hier n skrikbewind gevoer word deur telkemale die statistieke van die begin af aan te haal. Waarom word dit nie met ander dodelike siektes op daaglike basis gedoen nie? Ek dink aan siektes soos griep, malaria, ebola, masels, selfs vigs en kanker. Stel jou voor hulle sê daagliks dat daar die afgelope 2 jaar x hoeveelheid mense griep opgedoen het waarvan y mense reeds gesterf het. Belaglik? Waarom word die getal covid gevalle dan telkens van die begin af herhaal? Dit is niks ander as om vrees in te boesem nie.
Lockdown? Ag dis baie lekker dat my man by die huis kan wees en ek glo dit het die manier van werk( tuis voor die rekenaar ipv op kantoor) permanent verander, maar ek is ook gekant teen lockdown. Jy hoef maar net ‘n brood by die naaste winkel te gaan koop om te besef dat jy nie kiemvry kan lewe nie. En wat is dan die verskil tussen lockdown of nie as jy in elk geval moet winkel toe om daardie broodjie te koop? (Dalk kan tannie Frannie n afleweringsdiens begin?)
Dus glo ek wel aan “social distancing” en selfs maskers, maar glad nie aan grendeltyd, drank en sigaret verbodde( verbooie, verbiedens?) en aandklokreëls nie. Sorry Cyril.
Transgenderregte en menseregte. Dis’n moeilike enetjie, want elkeen het sy eie idees. Die ding is dat elke mens wél geregtig is op sy eie idees-solank hy dit nie op ander afdwing nie. Ek glo dat iemand nie kan help as hy nou wel transgender is nie, maar ek glo ook dat kinders onder 18 nie hormoonbehandeling behoort te kry om hom te help op pad na die geslag wat hy wil wees nie. Jammer, maar die lewe het sy beperkinge en as die natuur jou ‘n vrou gemaak het, en jy wil liewer n man wees, of andersom, moet jy volwasse wees sodat jy self so n drastiese stap kan neem. Die kwessie van seuns of mans in vrouebadkamers is dieselfde. Jy mag miskien transgender wees, maar voordat jy nie die geslagsveranderingoperasie gekry het nie, is jy die geslag wat die natuur jou geskape het en gaan jy na daardie badkamer/ kleedkamer toe en klaar – of jy nou ontuis daar voel of nie. Hoe moeilik kan dit dan nou wees?
Ongelykheid in die werksplek. Waarom hoor ek steeds dat vroue minder as mans verdien vir dieselfde werk, of swart minder as wit? Dis middeleeus!
Afrikaans en Engels. Ek glo hoe meer tale jy magtig is, hoe beter. Dit was ook vroeër jare ‘n ongeskrewe maatstaf van opvoeding en intelligensie.
Watter belaglike stelling is dit nie dat universitite en heelwat individue skielik nou glo Afrikaanse studente moet in Engels studeer omdat hulke beter oorsee sal vaar as die wat in Afrikaans studeer het? Hulle sal nie! Hulle is armer, want hulle breine het minder geoefen. Hulle is armer as hulle in die lande met Germaanse tale wil gaan werk. Hulle is armer in hulle eie taal. Hulle is armer in deursettingsvermoë, houding (attitude) en innoverende denke.
Die onderwysdepartement, en Stellenbosch, het mos hesluit Afrikaans is nie inheems nie. Maar, soos die een regter gevra het: As Afrikaans nie inheems aan Suid- Afrika is nie, aan watter land is dit dan inheems?
Ek glo die rektor van Stellenbosch moet afgedank word oor sy eensydige totaal onwetenskaplike sienings. ‘n Universiteit is ‘n wetenskaplike navorsingsentrum wat oop, moderne, ondersoekende denke moet bevorder. Duidelik val die rektor en sy bestuurspan nie in hierdie kategorie nie. Is dit n gebrek aan intelligensie, of word hulle daarvoor betaal? Hoe ookal, hulle skiet te kort en behoort afgedank te word.
Daar is die kwessie van ander inheemse tale. Liewe anderstaliges, studeer, ontwikkel julle taal tot akademiese taal en gaan word lektore. Dis n lang pad, maar die enigste een.
Daar is deesdae n beweging na veeltaligheid. Die dosent gee klas in sy eie taal en die studente antwoord weer in hulle eie taal. Dit klink wonderlik, maar ek is onseker hoe prakties dit kan wees. Dit is egter ‘n moontlike oplossing.
Goue Vroue en Rebusfontein.Ek glo die Goue Vroue het n wonderlike ondersteuningsraamwerk en gaan van krag tot krag. Ek glo elke persoon behoort ‘n Rebusfontein te hê waar hy lekker laf kan wees en sy verbeelding vrye teuels kan gee. En ek kry die wat so vreeslik in realiteit vasgevang is, jammer. Lank lewe die Goue Vroue!

Ek is mal hieroor, Seegogga. Terwyl ek ‘luister,’ besef ek ek weet nie regtig hoe jy oor die sake wat jy opgehaal het, voel nie. Nou verstaan ek ons geliefde Seegogga meer! Well spoken!
Wel Una, nie almal sal seker saamstem nie.
Maar dankie dat jy verstaan.
Die praatstok is in jou hand. Jy praat.
Jy praat hier ‘n hele mondvol! Ja, oor seksuele oriëntasie moet ek liewer stilbly, want ek gaan die Fillistyne, die Tarantulas, die Pirannad en nog ‘n hele paar ander op my hê. Dis net hartseer dat daar soveel mense is wat dink dat hulle beter as God weet endt kindertjies nou al by baie huise nie meer geleer mag word om die dogtertjie of seuntjie te wees wat God hulle geskephet nie. Oor die Goue Vroue en Rebusfontein? Jaaaaa! 👏🏻👏🏻👏🏻
Ek wag vir my kop om afgekap te word. Maat ek hét die praatstok styf vasgehou toe ek gepraat het….
Jy het die praatstok in jou hand gehad en jy kon jou sê sê met liefde. ❤️
Seegogga,natuurlik kan jy jou opinies gee.Jy hou die praatstok vas en ons moet met empatie luister. Interessante, ingeligte opinies as ek so mag sê. Ek kan nie wag om te sien wat in jou storie gaan uitkom nie!
Seegogga, jy sê alles wat ek wil sê, logs begin het en dan besluit om liewer nie te plaas nie. Ek voeg die entstof by – vir ‘n siekte waarvan 92% van die mense sonder probleme gesond word. En ek wil doodgaan van kwaadword as hulle wil vra dat verkope van drsnk gestaak word. Wat hulle nie weet nie, is dat Afriforum daardie hofsaak gewen het. Die staat hoes …
En oor kiemvry. Al hierdie gesaniteerdery. Ja, dis dalk die enigste handewas wat warty mense het, maar ons maak meer goeie kieme dood as slegtes. Goeies wat ons tern die slegtes moes beskerm.
My probleem is dat ek 100% van die tyd nie weet wat in daai bottel by die winkel is nie, party ruik soos jik, ander soos handy andy. My arme hande is al rooi en jukkerig van die vreemde konkoksies wat gespuit word
En ons neem dit in.
Dis onmoontlik om kiemvry te wees, al probeer ons.
Seegogga goed gesê, daar is heelwat kontroversiele sake aangeraak, maar my stem is by meeste van hulle. Jy het net die guts gehad om dit op papier te sit. Gee my ook insae in jou denke en persoon.
Ek het gedog…. aangesien ek nou die praatstok beet het… Dalk klink ek hard, maar die lewe is hard. Daar is reëls wat gehoorsaam moet word, maar die reëls moet sin maak en ten voordeel tot die meeste mense wees. Ek dink Amerika is besig om die dam onder die eende uit te ruk mbt sekere goed.
Jip, sem. Hulle nuwe regering is ń ramp. Wonder wat daar gaan uit kruip in die toekoms.
Ek dink jy het verwoord in skrif soos ons maar almal voel. Ek is so oor hierdie Covid gemors. Ek dink ek ly erg aan Covid fatigue. Ek is nie van nature wraakgierig nie maar mag die helle neerdaal op daardie mense wat die kiem “gemaak” het. Dit het ons almal beroof van lewe. Want alles draai om dit. Ek is bly ek het nie nou die stok nie……
Seegogga, soos jy sê jy het die stok, jy sê wat jy voel. Ek dink dis sad dat mense nie ander se opinies kan respekteer nie. Meen nie jy stem saam nie, meen jy het geluister en verstaan dat daar mense is wat anders voel. Dit is nie ‘n uitdaging om hulle te probeer oortuig nie. Kuddos vir jou🥳🥳🥳. Oor C19 begin ek nie eers nie, nog minder oor pog wat hulle afsmeer vir iets wat met gewone seep en water doodgaan. My grootste worry, meer as longe, is mense se common sense. Ek love jou skrywe🌻🌻
Ek was bekommerd oor jou opinie! Ek stem soo saam oor mense se common sense!
Genade neeeeee, moet nooit wees nie🤗🤗🤗. Opinies is net dit. Ek dink is wonderlik dat mense eg is en nog sê hoe hulle voel. Men nie mens gooi mense weg of meen hulle harm nie. Ek is mal oor jou stok-skryf💜
Ek het dit so geniet dat jy soos ek voel oor die hele taalkwessie en dan die rektor van US. Dit is vir my veral sleg dat Afrikaans as akademiese taal so ingeperk word. Daardie agterstande wat nou opgebou word is hartseer. Baie mense het baie, baie hard gewerk sodat ons in Afrikaans in enige beroep kon gaan swot.
Ja rwgtug. Wat mt lam maak is dat party studente sommer viiraf besluut om in Engels te swot, want dus ” msklijer” , want die hzndboeke is meestal Engels. Ek gee gebrekkige intelligensie die skuld.
😄🤩
Makliker