Matriek reünie terugblik.

In 2018 het ons matriekklas ons 50 jaar reünie gehou. Ek het destyds geskryf en foto’s gewys van die voorbereidings. Byna 3 jaar gelede. Om dit te sien, klik hier: reünie.

Dit was vir my en my man ‘n voorreg om dit te reël en nog ‘n groter voorreg om al ons ou klasmaats weer te sien. Ons was ‘n hegte groepie vriende in ‘n baie besondere skool met oa mnr Sam Pellissier as baie besondere onderwyser.

Al die werk was op die ou einde die moeite werd. Ou vrienskapsbande is weer hernu en nuwe vriendskapsbande is gesmee.

Vandag sit Piet Olén, een van ons klasmaats, hierdie video op ons groep

Hy het met liefde soveel moeite gedoen en tyd daaraan bestee. Ons waardeer dit opreg. Ek plaas die video hier. Ek weet nie of dit by almal sal byval vind nie, maar vir my is dit baie spesiaal. Die “kanon” wat my man gebou het, skiet ook hier!

“WELL DONE, PIET!”

Unknown's avatar

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Los opdrifsels, skoolstories and tagged , , , . Bookmark the permalink.

24 Responses to Matriek reünie terugblik.

  1. Hi, mooi herinneringe. En daar sit my skoonsuster ook. Klein aarde …

    Like

  2. Dit lyk na ń fenominale reunie

    Like

  3. Una's avatar Una sê:

    Wat ń wonderlike video om te hê, Seegogga. Jou decor was pragtig, sommer alles lyk na een groot fees!

    Like

  4. Toortsie's avatar Toortsie sê:

    Julle het regtig baie moeite gedoen.

    Liked by 1 person

  5. Ek het dit nou sommer saam met julle geniet – julle het regtig ‘n wonderlike naweek gereel.

    Liked by 1 person

  6. Olga's avatar Olga sê:

    Lyk of dit sommer al te spoggerig was.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Una Kanselleer antwoord