die kern

Seegogga bekyk die gat in die boek. Mmm, dit lyk sowaar of iemand haar lipstiffie in hierdie gat weggesteek het! ‘n Lipstiffie sal mos net mooi in hierdie gat pas – en Seegogga se lipstiffie is juis weg – die einste lipstiffie wat haar dogter vir haar met ‘n vriendin spesiaal uit Holland laat kom het.

Appeltjie gee vir Seegogga die boek aan. ‘n Boek met ‘n gat in. Ja, ‘n hele gat wat dwarsdeur ‘n hele paar bladsye gaan.

Diep in die hart van hierdie geel bladsye vesonke lê die geheim opgesluit.

Nie eens onsigbare ink of kodifisering verbloem die geheimenisse nie.  Elke vrou het haar ontblote geheim versigtig uit hierdie boek verwyder…uitgesny!

Met net mooi genoeg provokasie sal elke vrou dalk, ja dalk tóg! een vir een hulle bladsye terugskryf sodat die leser kan agterkom HOE en WAT en HOEKOM elkeen in haar eie reg geluk gevind het.

 Lees die Goue Vroue se oplossings vir hulle diep geheime hier op
https://fresh.inlinkz.com/p/567e0dbec3284abbacab09e8d73f276e

Of is dit dalk die gat in haar lewe wat sy in die einste Holland weer teruggeskryf het, wat nou weer uitgeval het?

Seegogga dink terug oor haar lewe: Die gate, die hoogtes, die opdraendes , die droogtes en die oases. As ‘n mens 70 + is, en jy is ‘n seegogga, is daar baie hiervan.

LIFE GOES ON …deur Anna-Marie Groenewald

Certain stages in life are pain

long stretched droughts without rain

barren earth beneath the rock

only the bones of an animal

 a withered flower

the memories of a lost love.

And yearning, yearning

one dwells in the past learning

not too easily

to accept

and try again.

But a wound is left to stay

the animal will not dart away

the flower will not bloom again

with the same vigor.

Still, life goes on

it rains again

the flowers bloom

the animals roam

until the next drought

the next stage

the next pain.

Seegogga dink aan 9 jaar in haar jongmenslewe. Daar was die groot hartseer, wat sy mos uitgeskryf het hier op Seegogga se Bloggie. Die boek is weer heel. Die duik is opgevul en Seegogga vryf soms tevrede oor die mooi gladde papier. Dit was alles die moeite werd. Die gat het verander in een van haar mooi herinneringe. Daar is 9 stukkies en net te veel om hier te vertel, daarom gee sy ‘n link vir die wat wil lees, want dis wel lank gelede, maar dit was tog ‘n belangrike hoofstuk van die boek.

Die juffrou en John

Daarna was daar ‘n hele paar ander dramas, wat darem hopelik nou uitfaseer het. Hoe geweldig dramaties kan die lewe soms wees?

Seegogga het deur die jare ‘n paar goed geleer. Sy het geleer dat sy super duper powers het. Dis die goed wat maak dat sy die gat in die boek kan volmaak, die seer kan afskud – al het sy nog nie eers haar verlore lipstiffie teruggekry nie.

Dit is juis hierdie bloggie, hierdie saamskryf met die GOUE VROUE wat haar laat besef het dat sy sterker is as wat sy vermoed het.

Toe nog ‘n groot drama kom, en Rebusfontein sommer so onder hulle weg gesanatiseer word, en die stigter van Rebusfontein dit sommer vir almal wil wegvat, hier in die middel van die wereld se swaar tyd, juis toe almal eintlik ‘n Rebusfontein nodig gehad het, dat Seegogga se superduper powers inskop.

Sy het van die VVVTT afgeklim en vinnig gou Rebusfontein toe laat waai om haar huisie weer op te bou en te herstel. Daar was die wat haar gekruisig het, daar was die wat saamgestaan het. Seegogga self wonder soms of sy die regte ding gedoen het en of sy nie eers dieper moes dink en fyner moes uitpluis nie. Maar sy was nog altyd impulsief en het dikwels gedoen en later gewonder. So dis nou gedoen. En gelukkig is daar wonderlike vroue – die Goue Vroue, wat ook almal hulle huisies weer kom regmaak en kom verf het. Ons almal het nou weer ons veilige huisie in ons veilig dorpie, daar waar ons kan lag en speel, waar die son skyn, die glasies klink, die voëltjies sing en die blommetjies blom.

Seegogga sit rustig agteroor, einste op die stoep van haar Rebushuisie. Die stoep is gesellig bont nadat sy en Blommie, Kameel se vriendelike koei, dit ‘n bietjie versier het – onbepland, ja, maar pragtig. Haar bladsye is heel – miskien ‘n kreukel hier en daar, maar die diep gate is gevul.

Dit laat haar nou mos dink aan haar lipstiffie – wat verhoed haar om dit te bestel – aanlyn van Holland af? Sy gaan dit nou dadelik probeer!

Sy vryf liefderik oor die gat wat nou mooi toe is. “Ons almal het die vermoë om die seer in ons lewe te verwerk en heel te maak”, dink sy. “Met ons Vader se hulp is alles moontlik.”

Sy wens dit vir al haar goeie vriendinne, die Goue Vroue van Rebusfontein, toe. “Saam sal ons mekaar ondersteun en onderskraag totdat almal met vrede oor hulle boeke se baie blaaie kan vryf en sê : Dis heel! Dis herstel!”

seegogga maak die boek tevrede toe en gaan gee dit vir Toortsie.

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Ongekategoriseerd. Bookmark the permalink.

16 Responses to die kern

  1. Pragtig, Seegogga, pragtig. Dit is heel in Rebusfontein, dit kan ek beslis aanvoel.

  2. Una sê:

    Jou gedig vertel so alles, Seegogga, al is dit net ń paar lyntjies lank. Jy laat my dink, diep, en jy gee hoop. Bestel daardie lipstiffie.

  3. Toortsie sê:

    Oeee Seegogga, jy skryf so mooi en ek is so bly dat jou bladsye heel is. En ek hoop dat jy sommer gou-gou jou lipstiffie kry. Ai, as ons grense net nie so toe was nie, kon ek en jy dit sommer loop haal het daar in die Holland. 🙂

  4. seegogga sê:

    ja man, dit sou nou heerlik gewees het!

  5. Una sê:

    Ek het gou gaan lees, en ek staan verstom. Jou storie is net joue, en ons respekteer die feit dat jy dit aan ons kom bied het, Seegogga.

  6. Una sê:

    En nou eers verstaan ek jou gedig.

  7. Letty-Ann sê:

    Seegogga, mooi saamgevat en wat ‘n toepaslike gedig! Die liedjie wat nou in my kop draai is ‘As die lewensstorme woedend om jou slaan en jy gans ontmoedig is om te vergaan…’

  8. seegogga sê:

    Dit is n pragtige toepaslike lied. Tel jou seëninge een vir een.

  9. Terug pieng: Die Kern – ‘n Bankroof – toortsie.com

  10. In hierdie slapelose nagtelike ure het jou my vas gegryp met jou verhaal Seegogga. Wat ń hartseer verhaal. So mooi geskryf.