Ja, dis steeds lente, alvoel dit meer na winter hier met al die reën( ai toggie, wat van ons kosbare koring, gars en canola?). Maar toe dit nog in die middel van die lente was, hier einde September, het ek weer op ‘n dag in my fynbostuin gestap met die kamera, hierdie keer op soek na die diertjies.
Ek sien een van die reuse slakke, die Skipskopslakke, soos hulle hier bekend staan, en sit ‘n vuurhoutjiedosie by om julle ‘n idee te gee. Die toktokkie is een van my gunsteling goggatjies. Tik- tik-tik vinnig met jou vinger op die grond, en hy tik entoesiasties terug! Hierdie skilpadjie woon hier op die erf en ek sien hom dikwels. Ek is so bang my huurders jaag hom weg of ry bo-oor hom. Ek waarsku hulle altyd!. Die fisante is gereelde besoekers, en die janfredrikkie het vandag besluit om te bad, maar wat soek die kat deesdae altyd hier? En daar teen die trappie, moenie miskyk nie ,loer die koggelmandertjie. Ag, en loer tog ook mooi onder die bossies. Soek en jy sal vind: mejuffrou muis!
Eo wat van n geitjie?
Toortsie, hierdie foto’s het ek almal een oggend geneem. Hier is honderde geitjies, maar hulle het wegkruipertjie gespeel. So ook die akkedissies en die reuse duisendpote. As ek hulle kry, sal ek hulle later opsit. Dit oogpistertjie het ek afgeneem, maar hy is so vinnig, hy het uit die foto gehardloop voor hy vasgegevang is!
Leef en laat leef 🙂 Ek sal hoog hop vir so ‘n groot slak…… en sommer so terloops, Octavius loop hier by my rond 😉
en ek sal hoog hop vir Octavius!
So gewoond hy stap hier rond. Sit nou een aand heerlik en lees, en uit die hoek van my oog sien ek hom verby my stap. Gelukkig kyk ek toe beter… en i,p.v. Octavius is dit ‘n grote reënspinnekop 😯 Hop hemelshoog, en besef vanaand is daar nie ‘n man om tot my redding te kom nie… sal my geveg self moet veg.
Reenspinnekoppe in Tranvaal??? Ek is seker Toortsie het hom saamgebring! Maar hulle is skadeloos. Hy kan maar daar bly soos Octavius.
Vra bietjie vir @Slakkelak waar kom haar naam vandaan…
Ek het nou al ‘n vermoede…! En het sy nie sowaar ‘n seeslakkie na haar vernoem ekry njie? ek dink dis wonderlik.
Seegogga, daar is nie ‘n manier op hierdie liewe aarde waarop ek ‘n huis met ‘n reënspinnekop deel nie 😯 Bang tot in my tone net om daaraan te dink. Nee, Toortsie het hom nie saamgebring nie…. hulle nooit tussen die mielielande gesien nie, maar hier in Pretoria loop ‘n mens hulle dikwels raak (gelukkig net by wyse van spreke.)
vat ‘n bakkie, druk oor spinnekom, skuif ‘n vel papier tussen muur en bakki in en siedaar! Sinnekop gevang! Hou toe en gaan gooi hom in die tuin,daar waar hy die musikete en vliee kan vang.
reenspinnekoppe is BAIE algemeen hier in die Overberg en kom gereeld in ons huise in.
Reblogged this on Seegogga Accommodation: Struisbaai and Agulhas.
Dis nog winter hier ook 😦
Weet jy dalk watter soort skilpad dit is,Seegogga? Het probeer kyk in my boek hier, maar is nie seker.
Nee gaats, sommer die gewone soort wat so volop hier by ons is! Ek sal sy presiese naam probeer uitvind. Dis dalk iets soos die duineskilpad of so-iets.
ploegskaarskilpad?