om onsigbaar te wees

Mmmm Onsigbaar! Seker elke kind se droom!  Beslis was dit myne as kind.

Verbeel jou om in die straat af te stap en NIEMAND kan jou sien nie. Jy kan kattekwaad aanvang, in jou maats se huise rondhang, skelms vang en wonderlike goed doen , as jy net onsigbaar is! En verkieslik moet jy sommer deur mure ook kan beweeg,  né!

As jonge dame, sou ek darem graag wou hoor wat my kêrel van my dink – as hy nou nie weet ek is daar nie, want ek is mos onsigbaar! Ek sou graag die man van my drome van daardie oomblik, wou soen! Hy sal darem lekker wonder wat hom nou getref het!

Ek sou graag op ‘n lekker skindersessie wou inluister. Meisies kan mekaar tog sooo bespreek en al die liefdeskatestrofes en ander mense se lewens uitpluis!

Maar nou is ek groot ( lees: oud.) en nadat ek hierdie opdrag van ons liggie Toortsie gekry het, dink ek nou al ‘n paar dae lank waarom ek graag onsigbaar sou wou wees…….En ek kan aan net mooi geen rede dink nie!

Ek kan my nie meer bekommer oor wat mense sê as ek nie by is nie, ek is nie gepla of hulle van my praat of nie, ek gee nie om wat hulle dink oor politiek, modes of kos nie. Daar is geen besondere  misdaadavonture wat ek wil oplos terwyl ek onsigbaar is nie, en skinderstories is regtig vervelig. Buitendien glo ek geen skinderstories nie, veral nie op ‘n dorpie soos ons s’n nie. En al wonder ek soms wat in my geliefdes se lewe aangaan, wonder ek nie soveel dat ek selfs onsigbaar sal wil word om uit te vind nie. Selfs al maak ek droog of stamp iets om of maak ‘n gek van myself, is ek nie meer so skaam dat ek sal wil verdwyn nie. Ruimtetuie? As ek in een kan kom, kan die hele wereld my maar sien! Operas en ballette? Wel, miskien as ek verniet kan ingaan…… maar ag wat dis nogal moeite om elke keer Kaap toe te gaan om dit te doen.  Neewat, my behoefte om soms onsigbaar te wees, het soos mis voor die son verdwyn.

Is dit ‘n gebrek aan verbeelding? Ek dink eerder dis ‘n gebrek aan lus. Of miskien is dit sommer net kanniewarrienie oudgeit.

Ai, en ek het rerig nooit gedink ek sal oud word nie.

Maar jy wat hier lees, jy wil sekerlik nog soms vir klein rukkies onsigbaar wees? Wat sal jy die graagste wil doen as jy onsigbaar is??? Dirkie, wil jy nie asseblief vir ons vertel nie?

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Ongekategoriseerd. Bookmark the permalink.

12 Responses to om onsigbaar te wees

  1. Dirkie sê:

    Seegogga Sal vir Dirkie laat weet …sy lê nog bietjie skuins, die ou siel se skarniere stram vanmore !!

  2. Toortsie sê:

    Dankie Seegogga vir die saamspeel!

  3. seegogga sê:

    Dit was lekker, Toortsie, het nou die dag gedink ons het darem lanklaas speletjies gespeel. Ek het al gedink ek moet een begin soos : watter dier sal jy graag wil wees en hoekom . Of so -iets.

  4. Kameel sê:

    Nou het jy my vreeslik lekker laat lag seegogga. Daardie soen wat die man van jou drome so onverwags sou kry 😉 Hoekom as ons “oud” word…. raak ons so ONavontuurlustig? Die “lus,” ontbreek… gedorie, miskien moet daar vuur onder ons gemaak word, en ons klim saam met Toortsie in daardie ruimtetuig in. Dit sal mos verniet wees 🙂

  5. Dirkie sê:

    Seegogga… nou het ek in my onsigbaarheid vergeet om iemand te benoem en hoe link ek die goeters… ag ek weet my kennis is nog maar bietjie knap met links en so aan …jammer !!

    • seegogga sê:

      Sjoe, jy is vinnig, Dirkie! Jy kan nie oud wees nie! Jy gaan na die persoon wat jy wil tag, se blog toe. Dan staan sy goeters daar heelbo op jou skerm in so ‘n lang blokkiie. As jy daarop klik, word dit blou. Dan regsklik jy en kies copy. Nou gaan jy terug nou jou blog toe, daar waar jy skryf of edit en klik op die naam of woord wat jy wil link of tag of wat-ookal. Daarna klik jy daar bo op die prentjie wat amper soos ‘n ketting lyk. Nou pop daar ‘n blokkie op met ‘n lang maer blokkie bo wat begin met http: jy regsklik nou in daardie maer blokkie en kies PASTE. Jy sal nou sien dat die goed wat jy gecopy het, daar is, maar daar is nou 2 http’s. vee die een en sy onnodige dubbelpunt ens uit tot jou lyntjie begin net http:// en wat daarop volg. En dan kies jy watookal hulle ook onder se, bv enter, link, confirm of watookal, ek kan nie nou onthou wat daar staan nie. En dan het jy die persoon getag of gelink of watookal. As jy nie regkom nie, vra Toortsie. Sy is ‘n expert.

      • Dirkie sê:

        Nee jimmel seegogga… sal behoorlik eers moet afskryf en nota blokkie nader sleep….. hoekom voel ek so effe onkapabel tot enig goed met rekenaarblog goeters!!

      • Dirkie sê:

        Ek het vir Flenters ‘n brief in die pos gegooi. Het probeer met die linke en dinge, iewers gly ek… hou goeie moed hoop Flenters reageer gou-gou.

  6. seegogga sê:

    Ek self is rekenaargestremd, en op die oomblik wil my antwoorde in hierdie blokkie nie eers send nie! DSis nou die 4de keer wat ek probeer. Maar as ek regtig sukkel met die blog, roep ek net: TOOOOORRRRTSIEEEE!!!! En dan kom sy en help vir my!

  7. Kameel sê:

    Ek is so rekernaargestremd dat Toortsie my nie eers kan help om goed te link nie. Iemand moet my stapsgewys wys terwyl my oë sien wat hulle doen. Vir nou het ek die gelinkery opgegee.

Lewer kommentaar op seegogga Kanselleer antwoord