Maandag, 30 April, was Koninginnedag- ‘n dag van oranje, feesvier , pret en vryemark in Holland.
Koninginnedag het geleidelik deur die jare ontstaan toe daar elke jaar op koningin Wilhelmina se verjaarsdag blomme aan haar oorhandig is en sy dan aan die publiek verskyn het. Koningin Juliana het dit verder gevoer deur ook daardie dag ‘n vrye markdag in te stel. Dit het beteken dat enigeen op straat ‘n stalletjie kan hê sonder om toestemming te vra, sonder om ‘n fooi te betaal en dan goed daar kon verkoop. Koningin Juliana het op 30 April verjaar.
Toe Koningin Beatrix oorneem, het sy die datum van 30April behou, om haar ma te herdenk, en dit ook tot ‘n nasionale vakansiedag verklaar.
Deesdae is Koninginne dag ‘n dag van feesvier, pret en stalletjies.
Hierdie jaar was dit ‘n heerlike warm lentedag. Ons het ons oranje klere aangetrek soos dit hoort, en afgesit na die stalletjies toe wat my kinders se bure en ander op strategiese plekke opgesit het. Dis te wonderlik. Daar koop jy die wonderlikste goed vir ‘n appel en ‘n ei: boeke, kinderspeelgoed, tweedehandse klere van goeie gehalte, ornamente , oudhede, stoele, enigiets wat die mense nie meer in hulle eie huise benodig nie, maar wat ander dalk kan gebruik. Oral is jong kinders besig om musiek te maak- die een speel viool, daardie een dwarsfuit, almal met die hoop om ‘n klein geldjie te verdien. Daar is ook stalletjies met vars lemoensap , cupcakes ens. Kermis op sy beste. Die meeste goed is te koop teen ongeveer 2 euro 50 of daar rond.
Ons het die wonderlikste kinderspeelgoed vir die tweelingetjie gekoop- goed wat ek nooit vir my eie kinders kon bekostig nie, bv daardie 100 gekleurde houtblokkies met halfmaantjies en driehoekies ens vir 1 euro 50, dws R15, Lego ens vir next to nothing. Een tannie het selfs’n dierbare lap-eend sommer gratis vir die tweelingetjie in die stoorwaentjie geprop. Boeke was meestal 2 euro( R20) en ek het oa die Hollandse vertaling van Triomf daar raakgesien.
Ekself het ‘n paar egte leer en pragtige “Why Not” hofskoene gekoop vir ‘n byna niks en glo dit as jy wil, ‘n stortkop. Ek wil mos ‘n badkamer insit en sal maar in Suid- Afrika kyk of die ding werk. Hy was in elk geval goedkoop genoeg om die kans te waag. Met ‘n paar mooi boeke, ‘n paar mooi armbande, ‘n egte kristal hangetjie, ‘n paar pragtige hofskoene, ‘n outydse karretjie vir my buurman wat sulke karretjies versamel, en ja, selfs ‘n yslike lekker groot stortkop( so zumastyle), het ek daar weggestap en nie eers 15 euro( R150) uitgegee nie.
Hoe lekker sou dit nie wees as ons in SA ook so ‘n dag kon het nie: ‘n dag waar dit nie oor geldmaak gaan nie, maar sommer oor die pret van die saak. Jy hoef niemand iets te betaal nie, almal kan verkoop wat hulle wil en almal maak die goed so goedkoop moontlik, net om hulle huise leër te kry en weer aan ander te kan gee wat hulle nodig het!
Hier onder vier ons konininnedag. Kyk ook na Andre se blog oor die heerlike dag.
😆 As jy my sal vergewe, maar hoe lyk dit op die foto dat net die Suid-Afrikaners oranje aanhet?
Ek het al dikwels gelees van die Kraakwa in boeke. Of dit die waarheid is en of dit nog gebeur weet ek nie. Ek het ook gehoor dat mense meer as welkom is om iets voor die kraakwa weg te raap. Ek is nogal ‘n voorstaander daarvan.
As ek dit prakties kan verduidelik. Wanneer jy bv ‘n nuwe selfoon kry, hoekom die ou een verkoop? Gee dit eerder weg of sit dit op jou asblik vir ‘n ander om te neem. Daardie paar rand wat jy kan kry gaan jou tog nie ryk maak nie, maar dit kan iemand se botter vir die maand wees.
dis net toevallig, baie hey oranje aan, sommige met oranje krone op die kop ens. As mens Koninginnedag 2012 google, sal jy baie ‘oranje’ foto’s kry.. op sekere dele sit mense die goed wat hulle nie gebruik nie, buite. my kinder het so( gratis) ‘n egte leerbank in uitstekende toestand gekry, 4 pragtige eetkamerstoele( hulle het net nuwe oortreksels op die sitplekke gesit) ens
oe, dit klink of dit heerlik was 🙂 en dit maak “inkopies” soveel lekkerder met so atmosfeer. hoop die skoene dra lekker.
dit was regtig ‘n heerlike dag, aangehelp deur perfekte weer( wat tans maar baie skaars is hier).
is jy nogsteeds daar, m.a.w.?
die weer word darem teen die einde van die week beter … van ons jong saailinge het bietjie weggespoel gister met woeste reën. i.e.g europa in die lente is darem maar mooi, ten spyte van die weer!
dis pragtig hier, net koud! Ek vlieg Woensdag.
jip, so is dit. mens kan natuurlik in augustus ook kom kuier wanneer dit (veronderstel is om) regtig warm is, maar dan is die blomme weg. geniet die laaste paar dae!
Dankie Karen! Ek geniet elke oomblik!
Terug pieng: Sell any dream to me « Herriemerrie
Joe! Julle kuier lekker!
Iets in S.A gratis weggee of goedkoop verkoop? Ekskuus my. Dit gebeur net nie.
ja, ne! vroeer jare was dit nie so nie. toe was daar nog passellas by die winkels, ‘n lekkertjie vir die kleintjie, ens.
Terug pieng: met ‘n ander se kalwers ploeg… | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie
Sorry ek is ‘n bietjie laat; jy is seker al weer by die huis. Dit lyk asof dit net lekker kon wees…. en so vrolik in die oranje 😉
Terug pieng: Ons gaan toer!!! | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie