Nee, kyk, ‘n mens moet tog nooit die fout maak om te veel van jouself te dink nie!
Ek is eintlik heeltemal te besig om te blog, maar het darem nou gou-gou na my site stats gaan kyk- lees iemand darem nog?
Ja, al is daar niks nuuts geskrywe nie, is daar darem ‘n paar besoeke. Wie het gelees en wat het hulle gesoek?
Daar staan dit op die search enjin:”‘snaakse tips om babas groot te maak. ”
Wat?
Ek tik( soos ek soms doen) hierdie woorde op Google om te kyk waar ek uitkom. Sowaar:
Daar staan my bloggie heel bo!
Ha-ha-HA! Tik bietjie NAAK SEUNTJIE in die soekblokkie in…
liewe land, maankindjie!
Terug pieng: Sewe Skandes, Sondes of Sommernet « Kouevuur
WAARSKUWING!!! Hierdie blog raak ROF!
Ek het eintlik gesoek na Afrikaanse wiegeliedjies en wou sien of daar oumas is wat liedjies ken.
‘Ouma se bababoek’ het egter my oog gevang, en ek het die briewe vreeslik geniet. Natuurlik kon ek toe ‘Ma se seksboek’ ook nie weerstaan nie. Het jou skrywe so geniet dat ek nog steeds verder lees. ☺☺☺
Ag, ek is so bly jy geniet dit hier, Julene! Ma se seksboek het ek jare gelede vir my kinders geskryf en toe ek ‘n blog begin het, op my blog gesit. Dis nou in boekvorm beskikbaar @ R38 elk as iemand dit by my direk koop. As ek dit moet pos, is die posgeld R9.
Jy kan die follow blokkie bo klik, dan word jy in kennis gestel van enige nuwe inskrywings. Ek gaan nou sommer ‘n ouma liedjie opsit!
Terug pieng: gediertes met knypers | Seegogga se Bloggie