Dis Sondagaand, blues-tyd en ek sit hier, doodmoeg, voor my blog.
Ek moet skryf- ouma se bababoek, motoriese ontwikkeling, maar die krag en lus ontbreek. Ek wil graag ‘n gediggie opsit, ‘n paar maande gelede geskryf, maar dis te persoonlik. Ek wil vertel van twee groot swaarkrye, maar weereens is dit te na aan die hart- en frankly my dear, ek moet nou klaarkry hiermee!
Maar wat kan ek dan skryf??? Waarvan is die hart dan vol? Miskien is dit die probleem: Die hart is nie vol nie! Tans het ek so ‘n verlepte half leë hartjie – pap en sonder fut.
Die mens funksioneer mos op verskillende vlakke. Eers moet die behoefte aan suurstof bevredig word, dan streef mens na water en kos en dan blyplek. Eers as hierdie goed in plek is , gaan mens hoër- na die emosies , die dieper en hoër begeertes.
Maar dit voel my tans ek ploeter hier onder rond, besig om so hard te werk hier onder, dat daar nie plek tyd of energie is vir die hoër dinge in die lewe nie. Ek bêre dus my gediggie, die bababoek moet bietjie wag, en ek plaas vir julle Maslov se piramide hier sodat julle kan sien waar ek is, en sommer waar julle ook is. En klim daai piramide! Moenie hier onder in die stof bly lê nie! Een van die dae is ek ook weer bo, hoop ek.
En met die gedagte laat ek julle eers hier, MAAR ASSEBLIEF TOGGIE: Stem vir Tafelberg!!!
Ek voel baie soos jy vandag. Met so ‘n pap hartjie en my Muse to hell and gone 😈
ai, ai…..
Terug pieng: Die geraamde medalje « Toortsie se Blog