Storietyd in blogland

Eendag, nie so lank gelede nie, was daar ‘n dogtertjie. Sy was sommer dikbek en kwaai: ”Ek wil ‘n storie he!” brom sy.

“Kom ek vertel jou van Rooikappie”, se haar ma.

“NEE! Ek willie van Rooikappie hori , ek ken haar al. Ek wil my EIE storie hoor!”

“Ek weet, Sneeuwitjie is ‘n baie mooi storie!” se haar pa.

“NEE!” se die dogtertjie! “Dis nie my EIE storie nie!” Sy wil sommer begin huil.

“Nou hoe klink jou eie storie dan , my kind?” vra haar ouma.

“Ek WEEEWTIEEE!’ huil die dogtertjie nou kliphard.

“Nou kom ouma help jou: Eendag was daar ‘n dogtertjie…..”

“Ja en die blogfeetjies het haar gesê om ‘n storie te skryf, anders gaan die trolle haar vang!” Die dogtertjie snik soos sy huil.

“Toemaar, my kind, is jy bang vir die trolle?”

 “JAAAA!” snik die dogtertjie. “Ek kannie ‘n storie opmaak nie!!!!

“Maar my kindjie, het jy dan nie vroeer  vanjaar ‘n feeverhaal vertel nie?”

 “HUH? Waarvan praat ouma dan nou?”

“Mmmm-  was dit nie die storie van die prins en die diensmeisie nie?”

“O-ja nou onthou ek. Dankie ouma!” Die dogtertjie vee haar traantjies af.

“Nou sal ek hulle wys, ouma, ek kan ook ‘n storie vertel. Ek gaan darie storie ping- of tag of link of so-iets! Ag ouma, help my gou-gou om dit reg te kry toeeee????

“Ai, tog my kind, ouma is nie goed met hierdie nuwe goeters nie. Vertel maar vir die feetjies. Ek is seker hulle sal jou help.”

 Die dogtertjie huil nie meer nie. Sy lag! Sy het ‘n storie!

Die dogtetjie vat haar potlood en skryf op die papier: “Die prins en die diensmeisie. ‘n Feeverhaal met julle eie einde. Toe vat sy haar kryt en kleur dit in. Sy voel nou baie beter. Die trolle kan nou niks meer aan haar doen nie. Sy is veilig! Maar sy dink so saggies by haarself:

“As al darie feetjies nie ok stories vertel nie, gaan ek sowaar die trolle soek en hulle vertel!””

Fluit-fluit, my storie is uit!

O ja, En as  die feetjies gelukkig is, het sy nog ‘n babastorietjie ook wat sy later sal vertel!

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in feeverhale en ander stories. Bookmark the permalink.

5 Responses to Storietyd in blogland

  1. ‘n Moderne feeverhaal 🙂

  2. MaanKind sê:

    Mal oor die dikbekdogtertjie!

  3. toortsie sê:

    Ek het nogals ook aan daardie storie van jou gedink. Jy is UITSTEKEND!! 😉

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s