Audrey Blignault, Con de Villiers, Wilma Stockenstrom, Uys Krige, MER, Sannie Uys, Petra Muller, Ian Smit, Marlee Tesselaar, Chanette Paul, Petrovna Metelerkamp, Trisa Hugo, Frieda de Villiers, Ernie Mellet, Johan Kotze……..En nou herinner Maankind (Trisa Hugo) my aan nog twee: Jan Rabie en SJ du Toit. EN: bygevoeg op 25Okt 2016: Madele Burger (Toortsie) wat haar eie kookboek uitgegee het en blog vir Finesse, en Anna-Marie Groenewald. ( die einste Seegogga), asook ons eie Ds Corne van der Merwe.
Sommer so vinnig kry ek 20 name- ja 20 name van skrywers en ek is seker daar is nog van wie ek nie weet nie, julle sal my moet help.
Nou wat is besonders aan hierdie skywers? Wie het reggeraai? Ja, hulle is almal van die Overberg! Party is hier gebore en het hier grootgeword, ander het later hulle hier kom vestig.
As mens nou na die grote SA en die bevolkingsdigtheid kyk, sal mens sien dat die Overberg baie klein is, en tog – kyk na die talent hier! Ons is definitief nie agter die klip nie( of agter die berg nie, al het ons mos ‘n dorpie hier met die naam- wait for it- HOTAGTERKLIP!)
Audrey Blignault het eenkeer vertel dat stories vertel een van die groot tydverdrywe was hier in die Overberg, waar ander vermaak maar skaars was. So het die Overbergers ontwikkel tot bobaas storievertellers- en die tradisie duur voort!!!
Ek dink egter dis meer as dit. Ons het hier die wonderlikste stukkie wereld- pragtige see, pragtige landskap, pragtige blomme, maar bovenal pragtige mense. Alles baie inspirerend.
Ek wens ek kon my naam byskryf, maar ek skiet nog ver tekort. Het darem Saterdag op ‘n nuwe boekwinkeltjie in Bredasdorp afgekom en daar ‘n boekie van Martie Preller raakgeloop:” Eendag was daar ‘n storie- ‘n praktiese storiemaakkurses.” Nouja, wie weet, miskien kan ek eendag my naam ook hierbo skryf.
Intussen sal ek so bly wees as julle boonste lys sal aanvul , korrigeer en uitbrei sodat ons meer kan weet van al ons wonderlike Overberg talent!
JAN RABIE!
SJ du Toit
Oja, dankie maankindjie, skoon van SJ vergeet. Het nogal nou die dag Jan Rabie onthou maar om een of ander rede hom nooit neergeskryf nie! Gee jy om, ek gaan hulle nou by blog invoeg?
Dis ‘n baie interessante skrywe oor die Overberg-skrywers. Ek dink ek gaan nog baie hier kom inloer, Seegogga.
Hallo Annemari, baie welkom op my blog! Ek is weer Anna-Marie.
Maak ons nou maar jaloers!
Die canola is pragtig!
Hoog, ne! Op pad tussen Bredasdorp en Stormsvlei
Daai boekwinkeltjie in Bredasdorp is baie interessant!
Ja, nou is hier 2, albei baie interessant.
Ek was as ‘n kind laas in die Overberg. Moet die gat in my opvoeding kom toestop.
Hallo Olga, kom kuier vir my en Toortsie en Maankind! Dalkies geniet jy dit hier! Lente
OOO. Skoon bvergeet van Frieda deVilliers wat jareop Struisbaai gewoon het! Ek voeg haar gou in. Wanneer kom jiullemet nogname? Daar moet nog wees!
Anne-Marie Groenewald van Bredasdorp. Sy het “Ma se seksboek” 😯 geskryf! 🙂
Ek dink nie dit tel nie, Toortsie!
Terug pieng: Aandag alle Overberg skrywers, bloggers en belangstellendes: ‘n Storiefees by Van Brakelstoor! | Seegogga se Bloggie
Liewe, dan beter ek nou Overberg toe trek voordat dit te laat is. Julle wêreld is voorwaar mooi….. en Audrey Blignault was vir my ‘n fees.
Jy sal moet kom. Din sit ons nog ‘n naam by!
Sjoe, Seegogga! Haal diep asem, Toortsie! Dis GROTE name wat nou in dieselfde asem as jy genoem word, Toortsie!
Dankie vir die baie groot eer. Regtig baie dankie.
Almal Overbergers. Haal trots asem!
Terug pieng: ‘n Groot eer het my te beurt geval | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog