Krater 4. These shoes are made for walking….

 Dit was oggend en ek was laat, soos dit maar met sommige ma’s van klein kindertjies gaan.

Ek jaag om klaar te kry, die lang pad deur die Pretoria oggendverkeer te ry en nog steeds betyds by die skool te wees. Ons moet mos eers almal saam in die personeelkamer vergader voordat die skool begin.

Ek hardloop vervaard die gang af, en naby die deur gly ek ook so effens.

“Dis nie vandag my dag nie,” se ek vir ‘n kollega wat daar staan.

“Haai ja siestog, ” se sy,” en ek sien jou skoene pas ook nie so mooi nie. ”

Ek kyk af en sien dit ook: Aan my linkervoet het ek ‘n groen suede wighakskoen aan, en aan my regtervoet ‘n pikswart, blink  hofskoen…

Nouja, ten minste het ek die personeel se dag gemaak. Elke keer as hulle my sien , het hulle opnuut gerol van die lag!

TIP: My ma het natuurlik later vir my vertel wat ek eintlik moes gedoen het.  Ek moes gese het dat dit nou hoogmode is- ek het nog so ‘n paar tuis ook. Onthou dit tog as julle dit dalk eendag oorkom.

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in kraters en ander skandes (humor). Bookmark the permalink.

5 Responses to Krater 4. These shoes are made for walking….

  1. Olga sê:

    😆
    het my ook al oorgekom.
    Toe dra ek ousus se sandaal met bande in verskillende kleure en my eie in plein bruin. Daar loop ek die dag in carolina se hoofstr af, 5l melk in die hand, met my ompaar skoene aan. Nadat ek toe al by 3 winkels in was. Ek het toe maar suutjies in die fordjie geklim en my kinders by die skool gaan haal. Maar. . . Geen haan het daarna gekraai nie. 🙄

  2. toortsie sê:

    ag, dis lekker om te sien julle is almal NORMALE mense!!!

  3. Een van my kollegas het dieselfde oorgekom 🙂

  4. seegogga sê:

    Julle het seker ook lekker gelag vir hom!

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s