NUWE WERELDTAAL ?

Ek lees so oor almal se taalwroeginge en die gedurige geredekawel oor die voortbestaan van Afrikaans. Die van ons wat in die sestigerjare in die Vrystaat op skool was, sal die geskiedenis van die Eerste en Tweede Afrikaanse Taalbeweging  terdeë onthou. Ons moes mos daaroor eksamen skryf.Woorde van gister, tydens tweede taalbeweging, is vandag weer waar. Dis nou die derde taalbeweging

Een outjie wat beslis nie geleer het nie,( maar 10 uit 10 kan kry vir gorrel) kry toe ‘n vraag oor die vertaling van die Bybel in Afrikaans.

Hy gorrel toe min of meer so:” Die Bybel was baie moeilik om in Afrikaans te vertaal , want in daardie dae het die mens mos nog nie penne gehad nie- hulle moes met vere skryf. Verder het hulle ook nie ligte gehad nie,net kerse. Dit was baie donker snags daar op die plaas, maar SJ du Toit het besluit hy sal die Bybel vertaal, kom wat wil. Een aand vat hy toe die Bybel en vertaal dit. En dis hoe dit gekom het dat die Bybel in Afrikaans vertaal is.”

Nouja, hoe die arme SJ du Toit dit reggekry het om in een nag die Bybel te vertaal (en nogal met ‘n veerpen!), weet ek nie , maar wat ek wel weet, en dis ‘n feit soos ‘n koei, verbied net iets, dan maak jy die mens vuur en vlam om dit te kry. Kyk nou maar na dagga as voorbeeld.  Net so met Afrikaans. Toe die Ingelse die taaltjie wil doodsmoor, kom die boere se koppige streek uit en die Taalbewegings ontstaan.

Ek dink ons is nou in die Derde Afrikaanse Taalbeweging. Het julle al agtergekom dat die tieners en jongmense deesdae meestal uitsluitlik Afrikaanse musiek luister? En het julle al nagegaan by hoeveel oorsese universiteite en kolleges Afrikaans studeer word? Tot in Pole is ‘n Afrikaanse fakulteit by ‘n universiteit. Ons kan gerus ‘n lysie maak van al die plekke waar Afrikaans doseer word.

Met al die Suid-Afrikaners oorsee en in feitlik elke land, is Afrikaans deesdae dus ‘n wereldtaal!  Word dus wakker, Stellenbosch en die regering,  julle raak agter!

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in die tale wat ons praat and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

8 Responses to NUWE WERELDTAAL ?

  1. Miskien moet ek ook so ‘n veerpen kry, klink of ek halfdag sal kan werk 🙂

  2. seegogga sê:

    deesdae is dit mos ‘n stokkie – om die touch screen van jou sel te tik

  3. toortsie sê:

    Hello seegogga! Dit lyk my in die paar daggies wat ek verlof geneem het, het jou blog sommer GEGROEI!!! Ek het so ‘n rukkie gelede gelees dat in Busselton in Wes-Australie, Afrikaans as ‘n vak aangebied word. My skoonfamilie woon in Wes-Australie, skoonsus hou skool in ‘n privaatskool in Ostralind. Sy is die hoof van die Wiskunde departement, ‘n ander Suid-Afrikaner is die hoof van die junior afdeling van die skool en die hoof van die senior afdeling is OOK ‘N SUID-AFRIKANER! Ek wonder hoe lank dit gaan neem voor daar nie afrikaans in daardie skool aangebied sal word nie. Ek sal haar beslis daaroor uitvra!!

  4. seegogga sê:

    Dankie Toortsie! Welkom terug! Ek het nou besluit om so ‘n lys te begin. Sal interessant wees om te sien waar in die wereld oral Afrikaans geleer word.

  5. Terug pieng: Die taal van statistiek | Seegogga se Bloggie

  6. Terug pieng: 4 jaar | Seegogga se Bloggie

  7. Haha! Netso een twee drie! Hoed af vir ou SJ!

Laat 'n boodskap na toortsie Kanselleer antwoord

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s