Ek dink die meeste mense wat my ken, het al kennis gemaak met my touchscreentaal. Oh my word! Ek het die vermoë om die eenvoudigste woordjies na Grieks te verander of dalk na woorde wat gesensor behoort te word, op daardie klein selfoonskermpie. Lees gerus hier: https://seegogga.com/2021/07/20/die-tale-wat-ons-praat-touch-screen-taal/
Toe sien ek mos noudiedag ‘n advertensietjie op facebook van ‘n toevou draagbare miniatuur bluetooth keybordjie wat jou tik sal makliker maak. Jy dra hom sommer saam in jou handsak. En dit klink na die ideale ding vir my. Ek is min by die huis by my laptop (en bowendien is ek die die nuwe laptop, ookal meer as ‘n jaar oud, nie goeie vriende nie). Dikwels wil ek ‘n blog skryf, maar sien nie kans om elke tweede letter 5 keer oor te tik voor hy reg is nie.
Ek google. Daar is allerlei sulke aparaatjies, die een mooier en duurder as die ander. Maar wag: hier is enetjie vir slegs R230. Seker gemors. Ek lees die reviews. Almal goed! En ek besluit om dit te waag.
En nou sit ek hier , entoesiasties om dit uit te toets – en dit werk! Een van die dae sit ek in die coffieshop op Agulhas en blog!
Goed tik sal ek seker nooit, en daar is goedjies op hierdie keyboard wat ek nog nie verstaan nie, maar hierdie bloggie is op darie klein keybordjie getik. Tik gaan beslis van nou af makliker wees, want:
Van nouaf doen ek keyboardtaal!



Sien uit na jou blogs!
LikeLike
hopelik gebeur dit meer!
LikeLiked by 1 person
Klink of jy hierdie dingetjie vreeslik geniet, Seegogga!👏🤗
LikeLike
Dit is wonderlik om hierdie te lees. Ek verstaan so jou frustrasie wat jy beskryf van 5 keer oortik…. eish dit is my strud ook!!!
LikeLike
ja dis erg!
LikeLike
Dis nou interessant Seegogga. Waar kan mens dit kry en hoe word dit in Engels genoem? Klink heel handig.
LikeLike
Baie welkom hier, Karin, dis ‘n bluetooth portable high quality folded keyboard by takealot. Daar is baie, maar myne is d heel goedkoopste.
LikeLike