Die virus hoofstuk 11 deur Seegogga: Mars, hier kom ons!

Hier is een van die hoofstukke van die Goue Vroue se nuwe avontuur.  Julle kan hoofstuk 5 in die vorige blog lees  Die volledige  boek is eersdaags beskikbaar.

“Drie…twee…een”

“Stop! Stop! “Seegogga wip uit haar stoel uit.Mol, ofterwel Maurice, mag miskien Frans en sjarmant wees, maar hy betower haar nie. “Jy kan ons nie nou ruimte toe vat nie – ons soek ons ruimtepakke. En wat het nou geword van die kaptein van die boot? Ons is nie moordenaars nie!” Seegogga se knypers gaan oop en toe van ontsteltenis.

Mol kyk gesteurd om. “Ontspan tog dames. Never fear when Mol is near. Ek het die kaptein se toue losgesny net voor ons geduik het. Hy is mos lankal bygekom. Ek glo hy sal kan land toe swem, of julke bootjie gebruik. Julle kan hom nou nie meer ondervra nie, maar dit was te gevaarlik on hom saam met ons te neem…en wat die ruimtepakke betref – ek wou dit as ‘n verrassing hou as ons dit uiteindelik oo Mars nodig kry, maar nouja: Dit lyk my mens speel nie met die Goue Vroue nie.” Maurice knipoog sowaar vir Aalsie!

“Frannie, sit jou broodjies ‘n oomblik neer en gaan kyk asb hier langsaan in die slaapkwartiere wat jy daar kry.”

Frannie klik haar gordel los. Na ‘n rukkie kom die groot goue trommel in die kajuit ingesweef.

“Wat?” Maurice klink paniekerig. Maar toe verskyn ‘n effe verbouereerde Frannie weer. Die Goue Vroue bars uit van die lag

“Ek moes net kyk of dit nog werk” sê Frannie verleë. Almal praat deurmekaar. Hulle wonder opgewonde hoe die trommel in die sunmanta beland het.   Hulle soek hulle eie ruimtepakkies uit  gee ander ruimtepakke vir die nuwe Goue Vroue en verduidelik waarvoor al die knoppies is. Hulle kloek opgewonde oor die bakkie GBE wat bo in die Trommeltjie lê. Toortsie verduidelik vir Maurice van die verskyn-verdwyn knoppie wat Frannie nie kan uitlos nie.

”Nee, Maurice, nou moet jy vir ons vertel hoe jy ons ruimtepakke in die hande gekry het. Uit daarmee!” Aalsie flikker haar wimpers en kyk diep in Maurice se oë.

“Toe ek my lyf so skaars gehou het vir die Franse vloot, het ek die goue trommel sien ronddryf. Ek het dadelik besef dat dit julle s’n moes wees wat uit die gesinkte tent uitgespoel het. Terwyl hulle so oor julle baklei het, het ek dit gou aan boord getel. Ek moet sê, ek is baie dankbaar oor hierdie handige vonds!”

“Gelukkig tog dat ek die GBE in die trommel gepak het om te verhoed dat dit  rondval,” sê Trommeltjies.

Dis ‘n opgewonde groepie vroue wat hulle weer vasgespe, elkeen in sy eie silwer ruimtepak en helmet. Hulle voel baie veiliger, noudat hulle goed toegerus is vir die ruimte.

“Dis nie noual nodig om julle pakkies aan te trek nie dames!” Maurice se oë gly goedkeurend oor die Goue Vroue se pragtige figure.”Maar nouja, as julle dan wil…”

Mol begin weer aftel:”…Tien…nege…agt..sewe…ses…5…4…3…2…1..zero!”

Die motore  dreun oorverdowend. Die Goue vroue word teen hulle ruglenings vasgedruk deur die krag waarmee die mantra deur die water klief en in die lug opvaar – sterk en seker – op pad Mars toe.!

“Julle, ek is bang!’ fluister Frannie.  “Wat as die virus op Mars gemaak word? Kan ons ruimtepakke ons daarteen beskerm? En wat het die swart rose daarmee te doen?’

“Ten minste het ons nou die teegifresep,” sê Aalsie. ”Miskien moet jy hierna kyk, Toortsie. Dalk kan jy met die bestanddele hier iets vervaardig.”

Lolla glimlag soet .Daardie GBE het vir haar gewerk. Miskien…

“Swart rose. Ek wonder of hulle op Caledon ook sal groei?” wonder Appeltjie saggies. “of is dit dalk gif?”

Toortsie neem die papier by Aalsie.

“Uiters vertroulik” lees sy .

“Kyk daar!” roep die Goue vroue. Almal sien  hoe die rooi , stowwerige oppervlakte van Mars naderkom.

Die volgende oomblik is daar ‘n taamlike slag. “ Verdomp!” gil Mol.

Die Mantra ploeg deur die stof en kom taamlik skuins en half bedek onder die stof tot stilstand.

“Ons het effe rowwe landing gehad dames, Gelukkig niks ernstigs nie. Julle kan maar uitklim.” Mol se stem is effens bewerig.

 “Ek hoop net ons kan weer hier weg,” sê hy saggies vir homself en vee die sweet van sy voorkop af weg.

 Frannie se kommunikasiekanaal blieb blieb.  “Silwer!”

Net toe gaan die luik van die Mantra oop. Die Goue Vroue snak na hulle asem.

Voor hulle is n swetterjoel klein seekatjies. Hulle lyk kwaai.

“kakkerlak-ak! My verdroogde boeties en sussies is deur die globaliste  in robotte omskep!”

“ Wat maak julle hier? “ vra Okto. 

“Ons werk vir die globaliste in die landerye met die swart rose,” antwoord hulle soos n koor. 

“Hulle is addergebroedsels! Besef julle nie dat hulle besig is om die mensdom te vernietig nie?” 

“Hulle betaal goed,” Sê die koor. 

Okto is baie kwaad. “Ons is oktopoese! Ons werk nie vir globaliste nie! Lyk my ek is die enigte okto hier en julle is die….!”

“Boem!” Voor Okto kan klaar praat, is daar ‘n oorverdowende slag. Almal wip van die skrik.

“Kyk!” roep Willemyntjie.

Vertel asb verder wilde Willemyntjie!

Unknown's avatar

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Ongekategoriseerd. Bookmark the permalink.

1 Response to Die virus hoofstuk 11 deur Seegogga: Mars, hier kom ons!

  1. woordnoot's avatar woordnoot sê:

    Seegogga!!! Jy is n yster…nou kan hierdie storie in baie rigtings draai!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar