Die Goue Vroue is ‘n groepie verbeeldingryke dames wat wonderlike avonture saam beleef in die kuberruim. Hulle het al met ‘n vlieënde tent om die wereld getoer, met ‘n luukse strykyster plesierboot die oseane verken, Jumanji in Afrika gespeel, deur die ruimte getoer, partytjie gehou saam met ABBA en nog baie ander avonture beleef. Hulle woon op hulle eie dorpie, Rebusfontein, waar dit altyd mooiweer is.
Nou gaan hulle partytjie hou op Rebus en wie weet wat gaan gebeur? Ons sal moet wag en sien!
https://fresh.inlinkz.com/party/5330572ab12247dfafd5de0b9c14dd82
Seegogga sit agteroor en verlustig haar in Hauser se lieflike tjello musiek – can’t help falling in love…
Sy sien hoe Camilla en Lorenzo dans, duidelik baie lief vir mekaar. So nou en dan vryf hy liefderik oor haar nog-plat magie en dan lag hulle gelukkig en soen mekaar inniglik.
Seegogga dink daaraan dat sy self verlief is – op Rebusfontein -op die samesyn van die Goue Vroue. Sy vat ingedagte nog ‘n slukkie van Frannie se lekker wyn en hap een van haar bacon wieletjies.
Toortsie kyk Seegogga met opgetrekte wenkbroue en ‘n vriendelike vermanende gesig aan, maar sê niks. Sy wéét Seegogga mag dit nie eet nie.
“Ek weet, Toorts, ek weet! Maar dis al wat ek kan maak. En dit kan nie flop nie… behalwe nou as mens dit verbrand, wat ek eenkeer gedoen het”
“Dis heerlik! Hoe maak mens dit? ” vra Aalsie.
” Wel, n mens koop ‘n rolletjie “puff pasty” ek bedoel blaardeeg, ‘n pakkie bacon en ‘n groot pak cheddarkaas en dan ontdooi jy die deeg, rol dit oop en sny dit middeldeur sodat jy 2 stukke blaardeeg het. Dan vat jy jou pakkie bacon en lê die repies bacon mooi langs mekaar op die deeg om die hele oppervlak mooi te bedek. Dan strooi jy baie gerasperde kaas daaroor en rol die deeg weer op. Nou vries jy daardie twee rollejies tot jy dit nodig het. Later, as dit lekker styf en koud is, vat jy die rolletjies en sny dit in skyfies, so 2cm dik en pak in bakplaatjie en bak teen so 220 grade tot reg. As jy krag het, kan jy dit halfpad deur die bakproses omdraai sodat die anderkant ook kan braai. Ooo hier kom hulle!”
Seegogga spring op en begin handeklap.
‘n Klomp mense met mooi klere stap die langs ons tafel verby en speel ‘n vrolike Strauss wals.
Die mooie dirigent praat oor die afgelope jaar, Covid wat verby is, die wonderlike vooruitsig van vakansie en rus. En Kersfees!
Die Goue vroue knik hulle koppe. Hulle was besig, besig! Hulle het wonderlike avonture beleef. Maar nou is dit rustyd, afskaaltyd, gesinstyd. Volgende jaar se avontuur lê en loer voor die deur. Maar dis volgende jaar, né
Nou is dit eers Kerstyd!
Mooi mooi. Dankie vir die mooi einde tot ons party partytjie Seegogga. Dis was omtrent ‘n makietie. Maar ja, nou eers Desember, herlaai en rus. 🎄🎉🏖
Heng kyk net hoe verkeerd tik ek. Goeiste. Ja, tyd vir rus inderdaad.
Dankie dat jy ons partytjie so heerlik afsluit. Ek het so lanklaas saamgeskryf, maar volgende jaar gaan ons weer probeer
Seegogga, laat ek jou nou maar die volle waarheid vertel. Die orobleem is dat EK ook nie jou lekker bacon en kaastolletjies kan weerstaan nie en as ek eers die eerste happie gegee het is dit verby. Geseënde Kersfees!
Ai, die versoekinga van die lewe!
Veral as hulle saam met my liewe vriendinne kom! 🤭
Ek gaan jou resep defnitief uitprobeer, Seegogga. Wat ñ heerlike partytjie.❤️
Ek en my man maak nogal ons eie wildsvleis pasteitjies met blaardeeg . Dis n wonderlike uitvindsel
Klink lekker!
Maklik en lekker vir ons wat so min as moontlik wil kosmaak. Hou n rolletjie of 2 klaar gemaak in vrieskas. Sny in wieketjies en bak as jy skielik gaste kry.