Amper mis ek dit- die gelukwense van WordPress. Volgens hulle blog ek al 12 jaar lank. TWAALF!
Dit beteken dat dit in 2010 is wat wat Toortsie my inspireer het om my eie blog te begin.
En hoe het dit nie my lewe verander nie? Ek skryf nou al selfs kortverhale. Ek het heerlik saamgeskryf aan avontuurlustige waaghalsige vervolverhale saam met die Goue Vroue.
Ag daar het baie baie goed die afgelope 12 jaar gebeur en toe ek 10 jaar lank geblog het, het ek alles in detail beskryf. En WordPress het pligsgetrou alles in detail laat verdwyn, sodat al my harde werk daarmee heen was.
En aangesien hierdie ou tannie nou nog 2 jr ouer is, het ek net nie krag om alles oor te skryf nie. Ek is immers baie besig: Ek moet Blommetjie, die psycedelic koei, ‘n bietjie optouch! Ek moet my stories vir tydskrifte stuur. Ek gaan partytjie hou op Rebus!
Na 12 jaar hoef ek nie meer te stres oor my blog nie. Hy survive nog!


Geluk met die 12 jaar!! Nou lê die tienerjare voor…wonder wat nou gaan uitkom🤣🤣
LikeLike
Ha ha! Dink jy nie ons Goue Vroue avonture is wayout genoeg nie? Moet en nog tienerrebelsheid ook deurgaan?
LikeLike
En maak asb seker dat dit nie verdwyn nie, ek kuier lekker by jou.
LikeLike
Ek maak so,Christa!
LikeLike
Baie geluk… dis hoe lank ek jou ook al ken!
LikeLiked by 1 person
Ja so vlieg die jare!
LikeLiked by 1 person
Ja so vlieg die jare! Netso. ek onthou jou snaakse en pragtige foto’s
LikeLiked by 1 person
12 jaar al, Seegogga! Dis ñ prestasie, geluk daarmee. En is ek tog te dankbaar dat ek jou hier leer ken het!!! Jy maak my lewe ryker en ek love dit.
LikeLiked by 1 person
En julle almal het my lewe ook soveel ryker gemaak, Una. Sovdankbaarvvir diecwerwld wat my bloggie vir my oopgemaak het
LikeLike
Hie op die aarde laat wordpress mens se werk verdwyn !?!
LikeLike
Ek qeet nie. Ek dink ek het vergeet om die draft te save, maar wordpress het nog altyd self gestoor. Ek was klaar en het ‘n klomp links ingesit. Toe ek weer sien is die hele blog weg, behalwe die eerste paragraaf en daar het iets gestaan van inappropriate content. Ek belowe my blog was mooi preuts en kuis en my links was na vorige van my eie blogs toe.. Ek het oral gesoek en gekliek, maar niks.dit het daarna met n ander een ook gebeur, maar gelukkig het ek saardie een eers in word getik, en ek kon dit herstel. Nou tik ek meestal alles eers in word. Dus in elk geval makliker as in wordpress.
LikeLike
😶
LikeLike
En eks trots daarop om jou as mens en blogger te ken
LikeLike
Dankuw Appeltjie. Jy het my ook baie verras met jou uitstekende skrywe en ryke verbeelding!
LikeLiked by 1 person
sjoe wat ‘n prestasie Goggie!!!Bly om te sien jy gaan nog volstoom. Altyd lekker om by jou in te loer
LikeLike
Mooi so, liewe Seegogga!
LikeLike
12 Jaar is lank, dankie vir die afgelope paar wat ek saam met jou mag reis
LikeLike