https://fresh.inlinkz.com/party/58bfda52c1464dd6bd728872e5955344
……
Ons is ń groep vroue, die goue vroue, elkeen van ons het ń stukkie goud in haar. Ons flans woorde bymekaar en maak stories, ons elkeen het ń huisie in Rebusfontein. Dit is ons realiteit, weg van realiteit. Jy kan kom saam skryf, of andersins saam met ons, ons avonture beleef. Volg hierdie verhaal van ons op die onderstaande skakel.
https://fresh.inlinkz.com/party/58bfda52c1464dd6bd728872e5955344
“En die muis swem in die melkkan …” Die pers bus wip oor die sinkplaatpad en wieg om die draai, en kort kort wil-wil hy net vlieg van lekkerkry omdat die goue vroue so vrolik sing saam met die Baardskeerdersbos orkes.
Seegogga stamp haar rooi gumboots op maat van die musiek. Sy is so bly sy hoef nie die bulle ook te gemelk het nie. Hulle is nou op pad na die skeepswrakmuseum op Bredasdorp en daarna gaan hulle na Greyton en Genadendal toe.
Soos ‘n wafferse toergids, vertel Seegogga dat Genadendal nie net die oudste sendingstasie in Suid Afrika is nie, maar dat ons land se eerste onderwyskollege ook daar was, ons land se eerste drukpers, en ons land se eerste gedrukte speletjie. Sy deel vir elkeen ‘n afskrif van die speletjie uit, en die dames val dadelik in en begin speel en lag.

Hulle sien nie die swart vangwa wat uit ‘n plaaspad uit draai en agter die bus ry nie.
“Op Kuilsrivier drink ik bier, vooruit 4” VirgoC kraai soos sy lag.
“’Verduidelik vir my ook?” vra Una . VirgoC verduidelik dat jy 4 blokkies vorentoe moet gaan, maar dat daar net 2 blokkies is. As jy dus bier drink, verloor jy en klaar, want as jy 2 vorentoe gaan en weer 2 terug, kom jy weer op Kuilsrivier uit. En jy mag nie net 2 blokkies vorentoe gaan en wen nie, want die opdrag is duideik dat jy 4 skuiwe moet maak.
‘Dit bewys net wat ek weet: Drink is sleg, mense, sleg”
“Ja, die sendingstasie het ook so gedink,” sê Seegogga. Hier is vir julle elkeen nog ‘n pamfletjie wat deur daardie selfde drukpers gedruk is. Sy deel nog papiertjies uit.

Una sug.
“Maar hier is nou eers die enigste skeepwrakmuseum in Suid-Afrika. Kom klim uit dames!” jaag Seegogga hulle aan.
Die Goue vroue staan in vervoering in die skemerige uitstallokaal en staar na die vuurtoring wat op die rotsagtige strand staan. Hulle hoor die stormagtige branders ruis en en die eensame fluit van die seevoël.
‘Die begraafplaas van die skepe,” fluister Toortie.
Aalsie vertel die storie van die Queen of the Thames, wat ook onsinkbaar verklaar is, nes die Titanic, en nes die Titanic ook rykes op gehad het. Die skip het egter op die rotse geloop omdat hulle ‘n vuur op die strand aangesien het vir die Agulhas vuurtoring se lig. .
“Dis hoekom vuurtoringligte daarna begin draai het – om dit te onderskei van veldvure,” verduidelik Seegogga.
Appeltjie vertel van die Meermin slaweskip wat deur die slawe oorgeneem is en toe deur die regte matrose op Struisbaai sand laat strand het.
By die Birkenhead uitstalling begin Seegogga net die harseer verhaal van hiedie beroemde skip vertel, toe ‘n groep mans in swart klere skielik die saal instorm.
“Staan doodstil of ons skiet! Hands up or we shoot” sê hulle dreigend en pluk hulle rollies uit.
Oorbluf steek die meeste hulle hande op , maar Kameel, die vriendelike vroutjie, sê met ‘n oorredende glimlag dat sy weet dat hulle net hulle werk doen en dat die goue vroue onskadelik is.
“Ons is van die veiligheidspolisie en vermoed julle is aliëns. Julle het onwettig die land binnegekom. Julle word in hegtenis geneem vir ondervraging.”
“Volstrek nie! Ons is die Goue Vroue. Julle sal eers moet bewyse lewer, voor ons saam met julle gaan, Boetie,” sê San met haar rustige stem.
Die polise huiwer nie. ‘En wat van die pers gedoente wat lewensgroot hier buite staan? Ons het verskeie oproepe ontvang van mense wat gesien het hoe daardie ding hier oor die see vlieg! Party mense het selfs selfoonfoto’s gestuur!”
“Ons het hom sopas deursoek – en dít in hom gevind:” Die konstabel hou sy vonds triomfantlik uit – ‘n silwer en goue ruimtepak wat Woordnoot saamgebring het vir die wis en die onwis.
Trommeltjies bars uit van die lag, maar hou gou op toe die konstabel dreigend nader staan. Hier en daar hoor mens nog onderdrukte proesgeluide.
Frannie wil nog in haar mandjie grawe vir ‘n spesiale broodjie, maar die manne sien dit as ‘n bedreiging. Soos blits boei hulle elke goue vrou en wing hulle die museum uit –en agter in die vangwa in.
“Ek kan verduidelik…”sê Jacky toe sy in die vangwa klim. Heimlik wonder sy hoe sy dit gaan regkry, want sy is nog baie nuut op Rebusfontein, maar dalk kan sy haar goud so verdien.
“Jy kan dit more in die hof doen. Maar nou word julle vir veiligheid eers opgesluit.” Onverbiddellik.
“Julle veiligheid of ons s’n,” wonder Christa saggies.
Die vangwa vertrek. “Julleee! Het julle opgelet hoe bang die ouens is? “ Sonell giggel.
“Aliëns!” Die goue vroue lag heerlik agter in die vangwa.
“Maar hoe gaan ons dit nou mooi verduidelik?” vra Christa: “ Die goue skynsel, die vlieënde bus, die ruimtepak; HOE GAAN ONS OOIT UIT HIERDIE PANARIE UITKOM?”
……….
….
Ag, lekker, Seegogga! Ek kan net nie GLO dat hulle nie weet van die Goue Vroue nie? Genade! Ons is wêreldbekend! Intussen swem daar ‘n muis en ‘n kat en ‘n bulldog in die melkkan! 😂 jy gaan my herldag laat proes.
jy ken mos die staatsdiens…
Het nou weer ‘n ‘hint’ gekry wat hulle móét navolg …
hont? Dit klinj interessant?
Ja man. Iemand het hulle gebel en gesê van ons wat hier rondry, anders sou hulle nie eers geweet het nie!
natuurlik!
Gelukkig … kleindorpiesindroom … die storie sal loop en iemand wat ons ken sal ons kom uithaal.
of dalk ontsnap ons…
Ontsnap klink meer na die Goue Vroue se manier van doen.
Dankie vir al die wonderlike inligting, Seegogga, maar nou is ons alweer in die moeilikheid! Tipies die Goue Vroue.
jawat. Ek hooo net ons bly nie in die tjoekie nie!
Ons is mos goed daarmee!
Nou laat jy my ontspan.
Briljant briljant briljant
Dankie Appeltjie!
ek bedoel hint Toorts!
Ek weet net een ding hulle gaan nie weer my hare afskeer nie!!!! Lekker gelees Seegogga, klomp nuwe inligting.
nee hulle wou ons net ondervra-gedink ons is dalk aliëns. En ek dink hulle dink nou nog meer so!