
https://seegoggaaccommodation.wordpress.com/2012/11/03/rus-n-bietjie-agulhas/Woordnoot pak in om te trek. Christa het die afgelope jaar of wat die wereld vol getrek. So ook Sonel. Inpak, uitpak, inpak, uitpak swaar bokse ronddra.
Toorts het so n jaar of so gelede 3x moes trek, Una het van die een kant van die dam na die anderkant getrek en tannie Frannie van land tot land.
Ek verplant nie maklik nie. Dis makliker om te bly waar jy is as om te trek. Tannie Frannie se mooi skrywe het my egter laat terugloop op my geheuepaadjies en ek kom agter dat ek ook nogal n hele paar maal getrek het.
My paaie het van platteland tot die stadste stad in Suid-Afrika, tot platteland geloop. Ek glo mos dat elke plek sy eie goeie goed het. Die stad se teaters en winkels en anything goes. Daar raak jy kosmopolities en gewoond aan die beste sowel as die slegte. Niks skok jou nie en dis leef en laat leef. Die platteland het weer sy natuurskoon en gratis ontspanning en rustigheid. Daar is behoudenheid en omgee. Dienste is uitstekend en jy kan daar alles kry wat jy wil he, mbv ‘n koerier of ‘n geleentheid of ‘n winkel wat omgee. En goeie vriende!
Eers was daar my geboortehuis op Bredasdorp langs tannie Emily en oom Pietertjie. Ek onthou so goed hoe ek en my ma eendag afgestap het winkel toe om vir my ‘n bed te gaan koop. Dit was tyd vir die cot om te verdwyn.
Toe trek ons af na na ‘n ander huis, reg langs Sandra en Linda Neethling in. Dit was ‘n laaang erf en as jy onder in die erf staan, kon jy nie die huis bo sien nie, want die bome het dit verberg. Audrey Blignault , wie se ouers so 2 huise van ons af gewoon het, skryf hoe haar boetie se bokkie eenkeer vir meer as n week lank weggeraak het in hulle erf. Hulle kon hom nerens kry nie. En toe, eendag, verskyn hy weer! ( Audrey Blignault: Die Krismisbokkie uit: Die plesierboom, Nasionale boekhandel beperk.) Kan julle verstaan hoekom ek as 4-jarige, bang was ek verdwaal in die erf?
Vandat ek 5 was, tot ek begin skoolhou het, was my ouershuis op Sasolburg- wonderlike wonderlike jare op n klein dorpie met hoë tegnologie, lieflike mense en ‘n buitengewone progressiewe skool, hoofsaaklik agv mnr Sam Pellissier, wat enig in sy soort was.
Na ‘n draai in ‘n koshuis op Tukkies en Kimberley, land ek toe in Johannesburg vir die eerste keer in my eie woonstel. Wonderlik!
Dit my eerste regtige trek en my arme pa het met sy bakkie vir my n yskas, planke vir kassies en watnog met sy bakkie daar aangebring. Japie-my-skapie het vir my n bed geleen. ‘n Pragtige driekwart yster- en koperbed met ‘n ystertjie erens wat soms tik op jou hart se klop. Uiteindelik het Japie kopgegee en vir my die bed present gegee. Grietjie, ‘n meisie wat haar trourok in haar tas gepak het en oorsee met haar geliefde gaan trou het, se meubels is toe sommer by my gestoor. Baie gerieflik vir albei van ons! Later het ek darem toe ‘n eie ou sitkamerstelletjie by vriende van vriende gekoop vir R50. Goeie ou jare met goeie ou vriende in goeie ou Johies.
Dit was n pragtige groot ou woonstel met selfs n balkon, n outydse wonderlike gasstofie met sentrale gas, vir slegs R40 per maand. Selfs in daardie tyd was dit belaglik goedkoop.
Daar het ek 5jr lank heerlik gebly en die huur het nooit opgegaan nie, want daar was nog nie ‘n ding soos inflasie nie. Daar het ek my groot liefdesdramas beleef en ook uiteindelik my trouman ontmoet.
My 4 trekke in die 1 jr op Stellenbosch is n storie op sy eie- van kolekamer tot slegs 2 weke lank in ‘n woonstel saam met ‘n onuithoudbare BCom student en n ander een van slaai geleef het( 2groot koppe kropslaai vir elke ete), tot ‘n buitekamer( hier moes ek eers die opslaan lessenaar afklap sodat ek die yskas se deur kon oopmaak, sodat ek dan weer die badkamer se deur kon oopmaak om te kan in!) en uiteindelik die sitkamer van ‘n 1slaapkamer woonstel saam met Christine.
Toe volg een jaar as getroudes in n pragige gerestoureerde skakelhuisie in Brixton. In daardie jaar is ons eerste babatjie gebore. Toe ek uit die hospitaal kom, staan daar sowaar ‘n nuwe tweedehandse sitkamerstel, kompleet met Saunderson linne oorgetrek. My man en ma het ons ou stelletjie by die tweedehandse winkel gaan omruil vir hierdie pragstuk en moes net iets soos R50 bybetaal! Ek het vandag nog die stel, welliswaar al ‘n paar keer weer oorgetrek.
Die volgende 6 jaar was ons in Valhalla en by al my dierbare ou Varsity vriendinne. Daar is ons ander twee kindertjies gebore. Dit was goeie gelukkige jare! Daar het ons gebly totdat ons 32 gelede weer teruggetrek het na my geboortedorp, Bredasdorp.
Terug by die begin.
En hier gaan ons seker bly.
( Dis nou behalwe die tye wat ek in my Rebushuisie bly, ne!)

Klink na mooi herinneringe,Seegogga.
LikeLiked by 2 people
Meestal, ja! Maar in verloop van 70 jr is daar altyd oppe en affe, nè!
LikeLike
Ja.Dit noem jy “die lewe”.Dis wat ons karakters bou.
LikeLike
Dit lees soos ‘n storie! So ‘n eerste eie woonstel en eerste nessie saam met Liefie was vir my ook baie spesiaal!
LikeLiked by 2 people
Dankie San. So loop ons lewe draaie, né.
LikeLike
Baie waar. Al die paaie en draaie maak ‘n lewe!
LikeLiked by 1 person
Interessant hoe ons trekke eintlik ons lewens kortweg kan opsom, Seegogga. Nou wel nie die op en affe nie, maar dis bakens wat ons stories lei.
LikeLiked by 2 people
Ja nogal, Una. Elke trek lui as’t ware n nuwe periode in.
LikeLike
Sjoe, jy het inbderdaad baie getrek. Lekker gelees.
LikeLiked by 1 person
Ek het nogal gedink dat ek min getrek het. My hele skoolloopbaan op Sasol en die meeste v my getroude lewe in Pretoria en Bredasdorp. Dis eers toe ek die pad begin loop dat ek agterkom….
LikeLiked by 2 people
Hmmm, ek sien nogal so. Klink tog lekker ook.
LikeLiked by 1 person
Ja die lewe us hard maar lekker!
LikeLiked by 1 person
Ek stem so saam, wil nie veel ander kry nie.
LikeLiked by 1 person
Dis nou baie interessant – het nie besef dat jy ook in ‘n grootstad gebly het nie! Hoe jy en jou man ontmoet het, is hoogs oorspronklik 😍
LikeLiked by 2 people
Ja die grootstad… die Sodom en Gemorra…. maar ek het lekker daar gewoon. Daar is baie goeie goed ook daar.
LikeLiked by 1 person
Dis ongelooflik as mens jou trek stories begin bedink…..om te sien waarheen wat jou lei. Soos ek nou hier tik is dit 98 persent seker dat ek weer terug in Pta Noord gaan eindig…..maar ek sal dinsdag daaroor skryf. Mooi herinneringe Seegogga!!
LikeLiked by 2 people
Kan nie wag vir die skrywe nie!
LikeLike
Eish San…..ja! Ek dink ons n tv series skryf oor hierdie trekkery!!
LikeLiked by 1 person
😀 Mag alles mooi loop met die trek!
LikeLiked by 1 person
Dankie San…ons moet net eers verby die pakkery kom….dis n blog op sy eie😨😨
LikeLiked by 1 person
Ek wens dit ook, Woordnoot!
LikeLike
Ha ha ek glo so.’n Trek is eintlik lewendverandered
LikeLike
Ai Woordnoot, ek glo dit sal beter gaan vorentoe
LikeLiked by 1 person
Rebusfontein o Rebusfontein waar sorge verdwyn
LikeLiked by 1 person
Dit kan jy weer se, Appeltjie!
LikeLike
Dis ń pragtige voltooide sirkel, met baie lewenservaring.
LikeLiked by 2 people
Ja ek sien toe mos ook die sirkel. Nooi voorheen dit so besef nie!
LikeLiked by 1 person
Trek. Ai. Ek het in my jongdae baie en maklik gerrek. Nou is ek lui en het vir my kinders gesê dat as ek weer moet trek, hulle die werk moet doen. Ek is klaar getrek.
LikeLiked by 2 people
Dis die ding! Ek het al hoeveelkeeroorweeg om see toe te trek. Maar dis baie makliker om net hier te bly en see toe en terug te ry.
LikeLiked by 1 person
Laat jou kinders vir jou see toe trek. 😁
LikeLiked by 1 person
Nouja, dan weet jy!
LikeLiked by 1 person
Dit is pragtig geskryf en het lekker gelees. Al die trek en soveel herinneringe . Soos die GV sê, ‘n sirkel🌻🌻
LikeLiked by 1 person
Baie danķie, Virgo.!
LikeLike