Liewe Bloggie
Ek het lanklaas vir jou geskryf, maar kan jy glo dat ek al meer as 10 jaar lank verlief is op jou?
Liewe Bloggie al voel dit vir jou dalk of ek jou afskeep, wil ek hê jy moet weet: daar gaan nie ‘n dag verby wat ek nie aan jou dink nie. Ek soek jou op, loer of ander mense jou ook raaksien, lees ou inskrywings deur, droom oor nuwe inskrywings, droom oor JOU!
Die dag toe jy my lewe binnegestap het, het ‘n nuwe wêreld vir my oopgegaan. Die son het met nuwe glans begin skyn en my hart het begin huppel. Ek het nooit geweet jy sal so ‘n ingrypende effek op my lewe hê nie.
Ag Bloggie, jy weet self van al die avonture wat ons twee saam al beleef het – die boekie wat ons geskryf het, die publikasie in die gr 7 leesboek, die ontmoeting met die Towerinne en die Goue Vroue en ons oplos van die biblioteek se raaisels, die giggelgroen bustoere, die toere met die vliënde tent, Rebusfontein… daar is so baie – te veel om op te noem.
Ek en jy stap al ‘n lang pad saam – ‘n pad van liefde. Jy het my gehelp deur my swaar tye en saam met my gelag oor my gelukkige tye – en ook al die snaakse tye!
Kan jy glo dat hierdie bloginskrywing die eerste een is wat ek op my selfoon doen? Ja ek sit hier in Suidpunt Potpourri met my cafe latte in die een hand en die selfoon in die ander. Ek voel ek wil dit doen, want ek wil so graag vir jou sê : My liefste, liefste ou Bloggie, ek is baie lief vir jou!
Mag ons twee nog ver paaie saamstap.
Jou Seegogga
Dit is so pragtig, geniet jou baie.
Dankie Christa! Jy moet kom kuier!
Dis nou spesiaal, Seegogga.
Ek verkies dit deesdae om op my foon te skryf, my laptop en WP werk nie meer lekker saam nie.
Ek tik net so swaar op my foon, Una ek moet vir my n keyboard kry wat hier kan inplug of so-iets!
Ek het een gekoop -‘n Bluetooth affêre. Ek sal hom uitkrap, Laai mens a battery wat amper dood is? of charge mens die gereedskap? dan laat ek jou weet hoe vorder ek. x Lynn
Ek dreig al lankal! Laat weet asb hoe dit werk!
Blog tik op jou foon – ek dink dis ‘n groot prestasie!
Ek sot met ‘n breë glimlag en lees.
Sit
Hi Seegoggatjie, Dankie, Anna-Marie, vir jou mooi mooi stories.
Vandag het ek Baie lekker by jou gekuier: die floplose malva/koejawel/room poeding, die herhaal van gesels-stories met kleinmensies, en ou liefdesverhale. Perfek saam met die koffie! Ek het ook ‘n storie van ‘n hartsvriend. Sy naam was David. Nouja… lank gelede. Maybe those stories stay with us because they are forever in a Basket of Potential? Eventually the person is gone and all we have is the Basket, to hold and to love , to remember and remind us of What Might have been, if we hadn’t been shackled by Shoulds. Thank you. You write beautifully. Love, Lynn
On Thu, 11 Mar 2021 at 16:21, Seegogga se Bloggie wrote:
> seegogga posted: “Liewe Bloggie Ek het lanklaas vir jou geskryf, maar kan > jy glo dat ek al meer as 10 jaar lank verlief is op jou? Liewe Bloggie al > voel dit vir jou dalk of ek jou afskeep, wil ek hê jy moet weet: daar gaan > nie ‘n dag verby wat ek nie aan jou dink nie. Ek s” >
Ah Lynn, baskets of memories to cherish. How beautifully put. Thank you Lynn. I would love to hear your story.