
towerin huisie
Dis na daardie besoek aan Spanje, terwyl ons almal ewe onskuldig en soet weer in die Vlieënde Viruslugtende Towerin tent klim, dat die verskriklike nuus ons ore bereik.
Vuurvliegie laat weet dat Rebusfontein verdwyn het! Blykbaar is dit nie sy wat hier ewe lekker saam met die tent reis nie, maar Broodina. Sy het blykbaar op Rebus agtergebly, na ‘n kwaai hou op die kop.
“Is sy ooit by haar volle verstand?” wonder Seegogga so by haarselwers. ” Sy het ‘n geweldige hou op haar kop gekry…”. Rebus kan mos nie sommer net so verdwyn nie? Dalk was hy net tydelik onsigbaar agv daardie onnodige sanitisasie en skoonmaak en reininging en regpak en stroping, om vernuwing en verryking te bewerkstellig.
Die Towerinne verskil dadelik in hulle reaksies, soos hulle persoonlikhede mos ook verskil. Maar een en almal is hoogs, ja hooooooogs ontsteld. Dit kan mos nie wees nie! Maar Vuurvliegie hou vol dat Rebus weg is, en sy het self die kaart en transport en gaan dit nie weer opbou nie, sê sy koppig.
Seegogga klap haar knypertjies oop en toe, oop en toe. Amper knyp sy ‘n gat in die vlieënde tent van ontsteltenis.
Sy sien dat Hester nog nie die tent laat opstyg het nie – dis mos nou Hester se beurt, en klim gou af. Sy wil baie graag verder saamtoer, maar die onsekerheid vreet haar op. Sy moet nou dadelik eers Rebus toe om te gaan kyk wat nodig is om haar huisie weer te bou. Vuurvliegie praat van gras en bossies. Ai tog is die blommetjies dan ook weg?
Seegogga tingeling vir mnr Krap. Hy sal moet saamgaan om te help. Hy is mos ‘n handyman wat alles kan doen: “Rebusfontein het verdwyn!”
“Wat? Stront man!” Mnr Krap is net so omge-ellie. Hy het altyd met volle aandag na die Towerinavonture geluister.
In die sak van Sakbek, Struisbaai se pelikaan, vlieg mnr Krap en Seegogga skommel-skommel Rebusfontein toe. By haar het sy ‘n hamer, spykers, ‘n blik blou verf, ‘n paar planke, n sakkie blomsaadjies en ‘n botteltjie Franjeliko.
Sy het nie witblits nie – sy is mos gerehabiliteer, maar dink daaraan dat dit nogal handig sou gewees het – sommer om oral te santitiseer waar daar dalk kwaad uitgebroei het.
Hulle vlieg met Sakbek oor die land – ‘n leë-leë land. Daar is min voertuie en die mense loop almal gebukkend.
Hoewel die towerinne Coronamouna oorwin het, het die res van die land dit nog nie agtergekom nie. Almal loop met groot swaar bondels op hulle rue en kyk af grond toe.
‘Ai, tog, hoekom voel ek dan ook soos daardie mense”, dink Seegogga. Sy weet sy moenie so voel nie, maar sy doen.Sy was so lief vir Rebusfontein en het al meer as eenkeer daaroor geskryf.
https://seegogga.com/2019/11/19/om-op-rhebusfontein-te-woon/
https://seegogga.com/2020/06/27/hoe-het-seegogga-ook-n-towerin-geword/
Sy dink oor die lieflike dae wat sy daar deurgebring het, die vriende wat sy gemaak het en die avonture wat sy beleef het.
Toe land Sakbek en Seegogga en mnr Krap klim uit. Hulle stap verbaas in Towerinstraat af. Die straatjie is dolleeg en al die huisies is toe, maar die huisies is steeds daar! Die pragtige blommetjies ook!
So hier en daar is daar ‘n bietjie nuwe verf nodig, sien sy, Die heininkies het ‘n knip nodig. En ja, daar is ‘n paar dubbeltjiebossies wat uitgetrek moet word.
Hulle sit haar krapmandjie met haar gereedskap by haar voordeur neer, en Seegogga sien dat sy eintlik in nommer 10 woon. Sy het haar nommer mos al lankal vergeet omdat sy goed weet dat sy die blou huisie daar in die middel rond het.
Mnr Krap spring aan die werk want hy is ‘n handyman wat alles kan doen. Seegogga stap verder af in die straatjie. Wat sien sy daar?
Op haar stoepie sit Toortsie stoksielsalig alleen met ‘n koppie tee en ‘n allemintige lemoenkoek. Haar boerman is besig om onder in die tuin te skoffel. Nie lank nie, of Toorts en Seegogga lag en gesels en smul aan die heerlike koek.
“Ek is so dankbaar, Toorts! Ek het gedog Rebusfontein is weg – poef! En hier sit jy sowaar!”
“Het jy al Mary Poppins gesien?” vra Toorts. “ ‘n Mens wens mos net wat jy wil hê moet gebeur en dit gebeur. Ek is nie seker of dit so ‘n Alice of Wonderland werk nie, maar daar verskyn of verdwyn ook allerhande goed. “
“So jy bedoel as ons wens Rebus bestaan nog, dan bestaan hy?”
“Ja, beslis. Niemand kan hom van jou af wegvat nie. Al het jy hom nie gemaak nie, het hy mos al lankal werklik geword.
“Soos Pinnocio wat ‘n regte seuntjie geword het?”
“ Netso ja. Daar was allerlei probleme voor dit gebeur het, maar as dit gebeur het, het dit gebeur. En die beste van alles is, Rebusfontein behoort nou aan almal wat hier wil woon. Niks en niemand gaan hom wegvat nie. Hy moet ‘n bietjie opgeknap en verander word, maar eintlik is hy ‘n groeiende dorp wat uitbrei. Kyk nou maar vir Aalsie en Appeltjie. Hulle wil ook graag hier bly.”
“Ja, maar daar is towerinne wat gesê het hulle het hulle huisies verloor, want hulle het nie kaart en transport nie. Is jy seker ons mag hier wees?”
“Wel, sien die saak staan so: daar mos die reël dat as iets meer as 6 maande in jou besit is, dan is dit joune – wettiglik. Die eienaar mag dit nie meer sonder jou toestemming terugvat nie. En dan is daar so ‘n ding soos verblyfreg….”
“O. So elke huisie behoort steeds aan die Towerin wat daar gebly het?”
“Ja, virseker. Ons moet tog vir almal vertel dat hulle steeds veilig is hier.”
Seegogga dink aan haar dierbare towerin-vriende. Sommige van hulle is so sag en broos. Sy dink hoe hartseer hulle was toe hulle gedink het hulle huisie is weg. Sy dink aan die ander, wat nogal kwaai en opstandig is. Sy weet sy is self van die storm-en-drang soort wat eers later tot bedaring kom en dan dikwels spyt is oor wat sy gesê of gedoen het. Daar is ook die wat dadelik terugtrek in hulle skulpies in en hulle gevoelens vir hulleself hou en geen kommentaar lewer nie. Daar is die wat maklik sê dat hulle ‘n ander plek sal kry om te bly. Daar is selfs die wat graag na ‘n ander plek wil aanbeweeg. Seegogga weet dat sy nie een van hulle is nie. Sy verander moeilik van plek.
“Het jy geweet dat daar party Towerinne is wat wil aanbeweeg, wat voel dat ons losgetorring het en dat ons vernuwing nodig het, Toortsie?”
“Nee”, sê Toorts: “Maar waarom het hulle dan nie dit al lankal met ons bespreek nie? Ons gesels dan altyd so lekker oor alles. As iets iemand gepla het, kon hulle mos dit maar gesê het, dan nie?”
“Ja,ek dink ook so”. Seegogga sug. Was sy dan verkeerd om so veilig en lekker op Rebusfontein te woon? Is sy soos daardie stiksienige popcorn wat nie wil spring nie?
“Wat dink jy van popcorn, Toortsie? Is ek nou van daardie harde toedop springmielies wat nie wil spring nie en dan weggegooi word?” Seegogga is baie bekommerd. “Moet ‘n mens nou spring omdat ander wil hê jy moet spring? Moet jy mooi in die pot bly omdat iemand die deksel toehou en mooi soet in die middel spring soos al die baie popcorn om jou?”
Toorsie skud haar kop. “Rebusfonteiners is eintlik nie popcorn wat jy in ‘n pot kan druk en dan spring almal mooi soet op en af nie. Ons spring mos ons eie springe! Sommige hoog, sommige uit die pot, sommige sag en versigtig, sommige met ‘n groot knal.En sommige spring gladnie.”
“Ja, Toorts, dis wat vir my so wonderlik is. Die towerinne is almal baie verskillend. Dit laat my dink aan daardie gekleurde popcorn wat ons kry. Bont, vaal, uitbundig, ingetoeë, hard, sag, groot uitgepop, klein toepitjie, maar weet jy wat? Op Rebusfontein is almal baie welkom. En hulle kan mos hier vry voel om te spring soos hulle wil. Sonder oordeel. En wat nog wonderliker is, is dat hulle almal saam ‘n heerlike sak vol verskeidenhheid en kleure is. Dit lyk sommer lekker – maar nou is ek mos lus! Kom ons gaan spring bietjie popcorn, Toorts, Kom! ”
Seegogga huppel. Die las is van haar skouers af. Sy is weer tuis in haar geliefde Rebusfontein.
Seegogga en Toorts kies nou weer koers na Towerinsstraat 10, haar eie, eie huisie. In haar spens is ‘n sakkie bont springmieliepitte. Nou gaan hulle heerlik springmielies eet voor Seegogga teruggaan om te kyk of die towerin tent nog staan. Sy hoop die toer gaan nog voort. Sy hoop Vuurvliegie herstel van haar hou op die kop. Sy hoop die Towerinne kom knap hulle huisies op en kom trek in. Sy hoop…”
Aa, my middernagmaat (al is ek tans ses ure agter jou), hier kry ek jou en Toortsie in Towerinstraat 10! Gee ‘blief bietjie daardie groooot sny lemoenkoek aan…
A welkom hier, Frannie! Sjoe dis lekker om jou hier te sien. Eet solank jou stukkie koek. . Ek gaan haal vir jou ook n koppie tee.
Ahhh Seegogga! Hier is julle ook! En Frannie! Ek is sooo bly! Jy weet, ek is van daai springmielies wat sommer uit die pot uit spring. Ek voel so gou vasgedruk. Dis hoekom my huisie mos so ‘n lekker uitsig het hier by Rebusfontein sodat ek altyd ver kan kyk.
Ek is op pad, ek kom saam koek eet. Dit is ‘n pragtige storie, ek sien sommer uit na die res van die towerinne se verhale.
Ons wag vir jou Christa! Ons bere vir joy n stukkie koek.
Ek sal eet, selfs al maak dit my siek.
En … ek kom my huisie ook beset, dankie dat jy rn Toortsie gaan seker maak het dit is nog daar. Ons het sekerheid in hierdie onseker tye nodig. Altans, ek het dit nodig.
Ja reg so Christa.ek voel ook so.
Seegogga, ek hou van jou Rebusfonteinhuisie!
On Thu, 23 Jul 2020, 11:50 PM Seegogga se Bloggie, wrote:
> seegogga posted: ” Dis na daardie besoek aan Spanje, terwyl ons almal ewe > onskuldig en soet weer in die Vlieënde Viruslugtende Towerin tent klim, dat > die verskriklike nuus ons ore bereik. Vuurvliegie laat weet dat > Rebusfontein verdwyn het! Blykbaar is dit nie sy wat hier ” >
Dankie Aalsie. Vuurvliegie het die mooie huisie destyds vir my present gegee. Ek is mal oor hom.
Joegaai, ek is oppad, maters!!!💃💃💃 Gaan net gou vir bulhond Danie oplaai, hy het ń wegbreek nodig, en dan kom ek! My pienk huisie, maak asb solank vensters oop.🌺
Ons maak so, Una. Ons verlang na jou. Hier is nog n stukkie koek wat ons vir jou hou.
Koek, heerlik, dankie Seegogga. Dankie.
Jippieee
Lemoenkoek…..bêre asb vir my ook
Dis n groot koek, Woordnoot! Hiervis genoeg vir jou ook. Ons bere dit solank en nask nuwe tee!
Laat ek nou maar eerste die ys breek. Ek bring frangelico saam, genoeg. Ek drink nie tee nie, so ek gaan maar my eie konkoksie begin maak van vrugte. Positief het ń resep, ek gaan haar mooi vra of ek dit kan kry. Ek belowe ek sal matigheid voor oë hou, net my glasie op my eie stoepie nuttig en dan oorstap vir koek.
Jippieeee! 👏🏻👏🏻👏🏻👏🏻👏🏻😄😎
Madele, mnr Krap vra dat hy asb nog koek bak – vir die wis en onwis. Ons is almal lief vir koek. Dankie Una! Bring sommer vir Positief saam as jy kan.
Ek het nog gebak, maar die stukkies lyk nou so klein. Ek moet dalk maar nog bak!
Dit lyk myy so. Almal is mal oor jou Lemoenkoek!
Geniet julleself daar met die lemoenkoek. Vir nou bly ek eers weg daar… die skok was te groot op my gestel… lê met ‘n nat lappie op die kop hier by my dogter.
Dis reg so Kameel. ❤️
Ai Sterkte Kameel. Ek hoop jou skoondogter bederf jou n bietjie. Ja ons was almal ook geskok. My suiker is ski-high agv al d stres
Ek was nog nooit ‘n baie aktiewe inwoner van my huisie nie, nee altyd te besig met werk werk werk. Toe kom stop Carouna-mouna in en sê ek mag nie meer so baie werk nie, my arme Rebus-huisie kort ook aandag.
Ek bring my grenadilla-bier resep en die lekkerste kersie-likeur resep…..nee te hel daarmee, ek bring sommer die klaar gemaakte goed, los maar die tee en koek, vandag party ons. Rebusfontein is nie weg nie – hiep hiep hoeraaaaa!!!!
😁👏🏻👏🏻👏🏻👏🏻👏🏻
Ag hoe lekker om iemand so positief te ken! Ons gaan heeerlik party!
Ja, en toe sien Seegogga “dat Hester nog nie die tent laat opstyg het nie – dis mos nou Hester se beurt, en klim gou af” – sonder om vir Hester enigiets te sê. Tenminste het Toortsie en Christa darem laat weet hulle klim af. Baie styf en formeel, maar toemaar. Ek neem aan Appeltjie het saam met jou afgeklim. So wie het oorgebly? Broodina? So Hester was van geen belang in hierdie verhaal nie en niemand wou bly om te hoor wat sy vertel oor haar ervaring in die tent nie en dat sy met die gebakte Broodina (ag, ek bedoel gebaktew pere) bly sit, is maar par for the course. Die vriendskappe tussen Towerinne is voorwaar onvoorspelbaar.
Die feit dat ons nie nog wou skryf nie, beteken nie dat ons afgellum het van die tent af nie. En terloops, Appeltjie het reeds geskryf, sy wag net on spanning vir haar beurt om dit te pos.
En verder wag ons steeds dat die tent opstyg met jou in beheer. Intussen het ons net kom loer of ons plekkies nog okay is.
Die feit dat jy op jou blog verwys het na “ná ons terugkeer, elkeen na sy regte lewe”, lyk vir my na ‘n duidelike teken dat die toer verby is. Appeltjie is natuurlik welkom om te skryf wanneer sy wil.
Ek is jammer, Hester, ek het geskryf dat ek nie die nuwe storie wil ophou nie.
Ek het net gou vinnig afgeglip om te kyk of my huisie nog staan. Ons het lankal klaar geparty, koek en popcorn geeet en ek is lankal terug op die tent voor jy nog eers agtergekom het dat ek weg was. Jy het mos gelees wat ek in my laaste paragraaf skryf: “Nou gaan hulle heerlik springmielies eet voor Seegogga teruggaan om te kyk of die towerin tent nog staan. Sy hoop die toer gaan nog voort. Sy hoop Vuurvliegie herstel van haar hou op die kop. Sy hoop die Towerinne kom knap hulle huisies op en kom trek in. Sy hoop…”
Jip, en intussen sit ek op die wit hotel se stoep in Waenhuiskrans met glase Margarita, Moyito en Gin voor my en wonder hoekom ek stupid genoeg is om rond te sit en wag vir vriende wat dit goedgedink het om sommer net uit my lewe te stap … of so iets.
Au liewe Hester, die storms het rondom jou gewoed. Geen wonder jy voel na ‘n bietjie tlc nie. Ons is baie lief vir jou en wil baie graag saam met jou toer. Kan ek asb die Moyito kry? Asseblief, man!
Dis alweer amper middernag en die lanterns flonker vrolik in Towerinstraat/ Towerinsingel waar ons almal deesdae in ‘n sirkel saamdrom.Elkeen besig met haar eie huisie se mooimaak met flair. Bestaan TUIS-tydskrif nog? Ons kan dalk inskryf vir die mooimaakkompetisie en meer rondreis!
Ja ek dink dis n goeie idee! Tuis bestaan nog!