You will never walk alone.

koningin en sir Tom moore

Honderjarige ridder verwerf 2 wereldrekords

Nie alleen is die 100jarige Kaptein Thomas Moore ( geb 30April 1920) op 17 Julie 2020 deur Koningin Elizabeth tot ridder geslaan nie, hy het ook 2 wêreldrekords oortref!

Gedurende die Lockdown het Captain Tom besluit om in volle mondering te stap om geld in te samel vir die gesondheidswerkers van die Britse National Health Service( NHS). Hy het aanvanklik gehoop om so ‘n 1000 pond in te samel, maar hierdie bedrag is binne 24 uur verbygesteek.

Wereldrekord nommer 1!

Met sy 100ste lopie, het hy reeds meer as 33 miljoen Britse pond ingesamel. Dit is die grootste bedrag wat ooit ter wereld met ‘n staptog ter wille van liefdadigheid ingesamel is .

Hiervoor het Koningin Elizabeth (wat eintlik streng sosiale afsondering handhaaf omdat sy al in haar 90s is) ‘n uitsondering gemaak en die honderdjarige kaptein tot ridder geslaan. Hy is nou Captain Sir Tom Moore.

Wereldrekord nr 2!

Maar die ridder het nou op 100jarige ouderdom ook saam met Michael Ball ‘n musiekvideo gemaak – en dit het eerste plek op die Britse singles lys gehaal! Dit maak hom die oudste persoon ooit wat ‘n NOMMER EEN op die Britse top 20 het! Voorwaar iets om trots te wees!

Sir Tom Moore het so in die mense se harte ingekruip omdat hy soveel lig gebring het in ‘n uiters depressiewe tyd van die wereldgeskiedenis, dat hy meer as 125 000 verjaardagkaartjies met sy 100ste verjaardag gekry het.

Kyk gerus na sy musiekvideo hier en kyk dit maar end-uit, want dit is ontroerend mooi. Soos een berig sê: “It’s not often a 100 year-old war veteran tops the UK pop charts with a 75 year-old song”. .

Kyk hier en geniet dit:

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in branders van emosies: musiek vir die siel, Los opdrifsels and tagged , , . Bookmark the permalink.

23 Responses to You will never walk alone.

  1. Blootvoetpieter sê:

    Netjiese nr 1 geriatrix

  2. Gee mens sommer weer moed vir alles!

  3. Kameel sê:

    Hy lewe omtrent voluit. Pragtig!!

  4. inspirasie. Wat kan ons doen om die wereld ‘n beter plek te maak

  5. ‘n Absolute inspirasie!

  6. Captain Sir Tom ek salueer jou!!!

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s