
Honderjarige ridder verwerf 2 wereldrekords
Nie alleen is die 100jarige Kaptein Thomas Moore ( geb 30April 1920) op 17 Julie 2020 deur Koningin Elizabeth tot ridder geslaan nie, hy het ook 2 wêreldrekords oortref!
Gedurende die Lockdown het Captain Tom besluit om in volle mondering te stap om geld in te samel vir die gesondheidswerkers van die Britse National Health Service( NHS). Hy het aanvanklik gehoop om so ‘n 1000 pond in te samel, maar hierdie bedrag is binne 24 uur verbygesteek.
Wereldrekord nommer 1!
Met sy 100ste lopie, het hy reeds meer as 33 miljoen Britse pond ingesamel. Dit is die grootste bedrag wat ooit ter wereld met ‘n staptog ter wille van liefdadigheid ingesamel is .
Hiervoor het Koningin Elizabeth (wat eintlik streng sosiale afsondering handhaaf omdat sy al in haar 90s is) ‘n uitsondering gemaak en die honderdjarige kaptein tot ridder geslaan. Hy is nou Captain Sir Tom Moore.
Wereldrekord nr 2!
Maar die ridder het nou op 100jarige ouderdom ook saam met Michael Ball ‘n musiekvideo gemaak – en dit het eerste plek op die Britse singles lys gehaal! Dit maak hom die oudste persoon ooit wat ‘n NOMMER EEN op die Britse top 20 het! Voorwaar iets om trots te wees!
Sir Tom Moore het so in die mense se harte ingekruip omdat hy soveel lig gebring het in ‘n uiters depressiewe tyd van die wereldgeskiedenis, dat hy meer as 125 000 verjaardagkaartjies met sy 100ste verjaardag gekry het.
Kyk gerus na sy musiekvideo hier en kyk dit maar end-uit, want dit is ontroerend mooi. Soos een berig sê: “It’s not often a 100 year-old war veteran tops the UK pop charts with a 75 year-old song”. .
Kyk hier en geniet dit:

Netjiese nr 1 geriatrix
LikeLiked by 1 person
uitsonderlik netjies!
LikeLike
Absoluut. Die guts & gumption-tipe.
LikeLiked by 1 person
Sowaar. En hy stap nogal vinnig ook. Ons kan by hom leer.
LikeLike
My beroerte het my stap gesteel, my balans is weg. Ek is meer as 40 jaar jonger as hy.
LikeLiked by 1 person
Ai jammer te hoor. Ja gesondheid is n voorreg en seën.
LikeLike
Ek wil die stuipe kry as ek jonger, gesonde mense gedrapeer sien oor sofas terwyl hulle, soos ek voorheen, die tweeduisend meter gaan klim het om te kyk of ek ‘n luiperd kan sien. My pa is nou oud en spyt dat hy vir homself spitwerk gemaak en nooit gaan bergklim het nie. Die berg was tog daar.
LikeLike
Gee mens sommer weer moed vir alles!
LikeLiked by 1 person
Sowaar. Dit het my so getref- ook veral die gepaste woorde van die mooi ou lied
LikeLiked by 1 person
Dis alweer lekker laat daar by jou!
LikeLiked by 1 person
Soos gewoonlik!
LikeLiked by 1 person
Hy lewe omtrent voluit. Pragtig!!
LikeLiked by 1 person
Hy is regtig n inspirasie vir almal
LikeLiked by 1 person
inspirasie. Wat kan ons doen om die wereld ‘n beter plek te maak
LikeLiked by 1 person
Ai, ek glo elke bietjie help. maar hierdie omie is die untimate!
LikeLike
Ja sjoe, watter verskoning het ons….
LikeLiked by 1 person
ja ne Bondeltjies.
LikeLike
Well done!
LikeLiked by 1 person
‘n Absolute inspirasie!
LikeLiked by 1 person
Ja netso Hester!
LikeLiked by 1 person
Captain Sir Tom ek salueer jou!!!
LikeLiked by 1 person
Dankie ek het nou liedje geluster maar ook ander video war hy die Pride of Britain toekenning ontvang
LikeLiked by 1 person
Rk sal daarna moet gaan soek
LikeLike