O my Word – noot! Dis mos so in my kraal! Wil julle kuns he? Ek het baie!!! (BAIE!).Hoekom?Wel, my ma het geskilder, en ek, en my 3 kinders, en ek het ‘n raambesigheid… en ook ‘n voëtjie wat los in die huis rondvlieg…
Nou die dag kom ‘n goeie vriendin hier sit en tee drink. Sy sit nog so sedig, en toe bars sy skielik uit van die lag. Ja?
” Ai, Anna-Marie , jy met jou skewe skilderye!” lag sy . “Nie een hang reguit nie!”
Ek beskou hulle…Sy is sowaar reg. Dis net, ek kom dit glad nie agter nie. Met ‘n voëltjie wat graag op die rame gaan sit, en met die dat ek na die prentyjie kyk en nie na die netheid nie, kom ek glad nie agter dat hule skeef hang nie en dat pla my ook glad nie.
My skewe prentjies.
Ek vertel haar dat ek dit al oorweeg het om doelbewus al die prentjies woes skeef te hang om die klakouse grys hare te gee. Dit was egter te veel moeite. My voëltjie doen dit sommer vir my.
Ons besluit dat ek dalk bo teen die muur ‘n kennisgewing moet opsit – iets soos: “Is jy ‘n square, of is jy ‘n kunstenaar?”of “Hang hy reguit of hang hy skeef? Dis die prentjie binne wat leef.” of…Maar nou moet ek prentjies kies vir ons wonderlike kunsuitstalling.
Hier is ‘n paar.



Hier is ‘n paar. Bo is n bestelling wat my ma, Annie van Graan, gemaak het vir n vrou wat rooi rose wou hê. My ma het gevoel net donkerrooi doen dit nie vir haar nie en het toe verskillende skakerings rooi rose gemaak. Die vrou was nie beïndruk nie, maar ons was! Toe koop my man dit.
In die middel is my 5 minute prentjie wat d hele wereld seker al nou gesien het. Ek het hom vinnig A5 grootte geverf vir my eerste kersfees as blogger, en in n vlaag van ” aan d kant maak- get rid of clutter” my oorspronklike prentjie wat hier rondgelê het, weggegooi. Die volgende jr het ‘n bekende SA tydskrif d prentjie vd internet af gegaps en gepubliseer sonder om my erkenning te gee. Toe ontdek ek dat die prentjie ongeveer 2 jr lank heel eerste op die lys is as jy ” mooi kersfeesprentjies” tik. Nou is dit nie meer eerste nie,, maar steeds taamlik bo.
Die derde prentjie is ook een van my 5 min prentjies van ons rowwe strandhuisie, Rus ‘n Bietjie. Ek het dit geverf vir die uitnodigingskaartjie van ons matriekreünie. Dis nie wonderlik nie, maar die huisie is! En ek is mal oor daardie ou huisie!
Maar wag, hier is nog ‘n paar:
Hieronder is die prentjie, nee prent, wat ek in opdrag van my jongste geverf het vir haar troue. Dit is 4m by 6 m en die voorste geboue is lewensgrootte. Ongelukkg is die sye van die foto weerskante afgesny.

Die volgende prentjie is met bordkryt geteken op ‘n volle sheet hardboard wat met swartbordverf geverf was, en teen die buitemuur van ons destydse restourant gemonteer was. Ek moes op ‘n tafel staan om by te kom en dit was ‘n advertensie vir ‘n motorfiets byeenkoms wat by ons sou kom ontbyt eet. Ek was self verbaas dat die fiets darem soos een gelyk het.
In wind en weer het ek gereeld op daardie tafel gaan staan en teken. Daar is iets spesiaals aan die verganklikheid van bordkrytprente. Eenkeer het ek ( vir my nogal ‘n baie mooi ) landskap gemaak van die landerye met die ronde bale wat so lê, om die einde van die oes te gedenk. Net voor ek klaar was, het die eerste druppels begin val. ‘n Halfuur later was my prentjie afgereën en niemand het dit gesien nie, behalwe my man se broer, wat gelukkig ‘n foto daarvan geneem het.

As ek nou net in die dag daaraan kan dink, plaas ek nog prentjies- van my skewe prente en my kinders se skilderytjies ens. Ek sal darie kunsuitstalling sommer alleen alleen volmaak!”

Ek hou baie van jou ma se rose en jou prente. Sterds mal oor daardie straattoneel by Gerda se troue.
LikeLiked by 1 person
Dis heerlik om sulke groot goed te verf. Dit het begin by die skool se revu’s
LikeLiked by 1 person
Jy moet daardie skewe bordjies maak en verkoop. Ek dink dit gaan baie gewild wees. Adverteer hulle sommer op Bidorbuy en pos hulle die wêreld vol.
LikeLiked by 1 person
o gaats Toorts, ek kry nie eers my blogs geskryf nie – wat nou nog van prentjies maak en adverteer?
LikeLiked by 1 person
Is dit nie makliker vir jou nie? Prentjies maak?
LikeLike
Dalk is dit Toorts! Dalk het ek my roeping gemis! ( want ek kan sowaar eintlik niks anders doen nie!)
LikeLiked by 1 person
Jy kan so baie doen!
LikeLike
Jy is baie gaaf Toorts, maar nie waarvan ek weet nie.
LikeLiked by 1 person
Skilder, musiek, prente raam, skryf kinders grootmaak, toerleier wees, …
LikeLiked by 1 person
O ja..julle kan my huur!
LikeLike
Ons doen! 😁
LikeLiked by 1 person
Hier seën jy ons sowaar met ń paar pragtige prentjies!
LikeLiked by 1 person
Dankie Una, ek het amer jou Eendjie ook hier gesit.
LikeLike
😉🤗
LikeLike
Watter heerlikheid! Kom wys ‘seblief nog – ook daardie een van die wasgoed? (Wanneer ek weer obsessief-kompulsief ‘n skewe prenty wil regdraai, sal ek jou les onthou dat dit die prent is wat saak maak!) ❤
LikeLiked by 1 person
Ek hoef gelukkig nooit dit te doen nie – my gaste se hande jeuk om dit te doen – die regdraai ding!
LikeLiked by 1 person
Jy is wonderlik talentvol, die kuns-uitstalling gaan ‘n fees wees met al die mooi goed daar
LikeLiked by 1 person
Ek sien ook d mooiste goed daar. Myne is dalk nie in dieselfde klas nie, maar gelukkig het ons nie nare kunsressensente daar nie …..behalwe dalk nou vir Broodina….
LikeLiked by 1 person
Jinay het my vertel dat jy nog uitstallings gaan hê! Wys! Wys!!
LikeLiked by 1 person
Ek ga probeer
LikeLike
Wow dit is SO mooi, ek het nou heerlik hier by jou gekuier.
LikeLiked by 1 person
Geweet jy is talentvol…..skewe prente en al. Ek lief daardie motorfiets.
LikeLiked by 1 person
Jong, die een helfte van die motorfietsbende wil my kruisig – ek het dalk ‘n ander soort motorfiets as hulle s’n geteken. Die Harley ouens glimlag vriendelik en tevrede. Hulle is verhewe bo sulke jaloesie – duidelik in ‘n ander klas en gee nie eers om dat dit nie hulle motorfiets op die prentjie is nie.
LikeLiked by 1 person
Laat my dink wat my swaer gesê het toe ons toeka ‘n karavaan wou koop. Daar is ‘n groot verskil tussen ‘n karavaan en ‘n woonwa. ‘n Jurgens is ‘n woonwa, en al die ander make is karavane. Ons het toe ‘n woonwa gekoop en op karavane neergekyk 😊 (Ek terg sommer oor die neerkykery maar ons het ‘n woonwa gehad.)
LikeLiked by 1 person
Ha ha, Kameel – ek sal dit vir my nefie vertel wat kravane ( of dalk woonwaens?) opkoop, opbou en weer verkoop!
LikeLiked by 1 person
Jy moet jou blog op InLinkz gaan plak 😊
LikeLiked by 1 person
Toemaar, ek het dit opgesit.
LikeLiked by 2 people
Jy is ons regterhand 😊 so jy kannie so retaaier dat ons jou nie in die hande kan kry nie.
LikeLiked by 1 person
Nee, jy sal my maklik kry – in die volgende baaitjie net agter die eerste sandduin.
LikeLiked by 1 person
Dankie Hestertjie! ek kon dit nie regkry nie. Ek het nou die dag vir Frannie gewys waar die perlemoenman jou gered het toe jy jouu enkel so seergemaak het daar op Waenhuiskrans.
LikeLiked by 2 people
Haha, ek kan glo julle het weer lekker gelag oor die ou avonture.
LikeLiked by 1 person
Ons het die kuiertjie baie geniet. Julle sal maar eendag ook moet kom inloer!
LikeLiked by 1 person
Dit sal so lekker wees!
LikeLiked by 1 person
Liewe aarde Seegogga, nie net is jy ‘n talentvolle vrou en dogter van ‘n talentvolle moeder nie – jy het sommer die gene oorgedra na jou kinders toe ook. Jy het pragtige skilderye.
LikeLiked by 1 person
Sjoe, Jy is talentvol, Seegogga! Pragtig, pragtig!!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Bytjie!
LikeLiked by 1 person
Inderdaad jou Kersfeesprentjie is nog in die hoogste gestoeltes – ek het gaan google.
LikeLiked by 1 person
Besonderse geskenk vir jou dogter met haar troue
LikeLike
Dit was lekker om te maak Abri.
LikeLike
Moet wees vir jou dogter se troue
LikeLiked by 1 person
Netso Abri!
LikeLike
Nou toe nou! Hwt gewonder of iemand d moeite sal doen! Ek weet net nie hoe Google weet nie!
LikeLike
Goggie jou prente is MOOI!!!! Ag hoekom is jy nie naby nie dan kon ons saam geverf het en dan kon jy myne geraam het…
LikeLiked by 1 person
Dit sou nou mos heerlik gewees het! Daan hwt ons alvei meer geverf!
LikeLike
Oja verseker
LikeLiked by 1 person
Bondels miskien moet jy en Seegogga ń saam verf week reël daar by die see
LikeLiked by 1 person
Nouja dit klink na n lekker plan! Dis nou lrnte en pragtig hier.
LikeLike
Seegogga ek is mal oor jou skilderye. Jy is SO talentvol.
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLike
Dankie!
LikeLike