Hierdie is ‘n vervolgverhaal deur verskillende bloggers. Om die eerste 3 hoofstukke te lees, klik op die InLinkz skakel hieronder
Om aan hierdie uitdaging deel te neem, lees die reëls by hierdie skakel.
InLinkz skakel: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=789999
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls(2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22)
Die laaste deel van die vorige hoofstuk het so gelui:
Jakkie begin ernstig beduie, en die man met die sagte, mooie oë lag.
Goed Jakkie, kom ons vra haar. Juffrou, kan ons jou ñ geleentheid gee en iewers gaan aflaai, of is Kimberley nie jou eindbestemming nie?
In daardie oomblik weet Nellie dat sy ñ lewensbelangrike besluit moet neem, een wat haar toekoms gaan bepaal.
Bly sy, of gaan sy…
***************************
Esra stap nadenkend na die buitegeboue waar sy ou geroeste bakkie geparkeer is. Vandag kuier Krissie en haar vriendinne om die tennisbaan en kan hy ongesteurd die geld in die kluis gaan bere. Heiden, as iemand hiervan moet uitvind, is dit klaarpraat met hom!
Hy stap stadig om die hoek en registreer nie dadelik wat hy sien nie. Hy gaan uiteindelik staan: Die bakkie is weg! Maar … maar dis mos onmoontlik! Wie sal nou met hierdie ou skedonk wil ry? Sy een wiel is boonop in die laaste tyd so papperig. Esra skud sy kop ongelowig. Niemand sal tog die ding steel hier op die plaas nie, en hy glo nie Krissie sou dit vir een van die volk geleen het nie.
Hy haas hom huis toe en probeer die onrustige gevoel oor die geld in die toksak onderdruk.
“Krissie!” roep hy met ‘n bietjie meer angstigheid as wat hy wou, toe hy naderkom.
Krissie staan lui-lui op. Sy hou nie daarvan om gepla te word as haar vriendinne daar kuier nie.
“Wat is dit tog, Esra?” vra sy geïrriteerd.
“Het jy dalk dalk die bakkie vir iemand geleen?” Hy het klaar gesien dat die sleutel ook nie op die hakie hang nie.
“Jy weet mos ek sal nooit so iets doen nie, Estra! Is hy gestamp?”
“Hy is weg, Krissie, weg!” Esra sukkel om die paniek uit sy stem te hou. Die bakkie is nou een ding, maar daardie geld!
“Hy kan mos g’n weg wees nie, Esra. Nellie! Nellie! Waar sal die kind dan tog wees!”
Esra kan nie help om krapperig toe voel oor Krissie se stemtoon nie. Sy is altyd so hard met die arme Nellie. Toe hy destyds vir sy broer-hulle belowe het om haar mooi groot te maak, het hy nie gedink dit gaan so wees nie. Krissie het nooit tyd of genade vir die ou dogtertjie gehad nie. Dit was asof sy haar doelbewus wou distansieer. Was sy jaloers omdat sy nie self kinders kon kry nie? Sy het hulle eie aangenome kinders openlik voorgetrek en baiemaal moes hy maar keer en vir Nellie verdedig teen sy vrou se venyn. Dit het ook nie gehelp dat Nellie beter op skool gevaar het as die ander twee nie. Of … het sy dalk snuf in die neus gehad?
Net toe lui die telefoon. Dit is Chris.
“Pa, waarheen is Nellie oppad?”
“Hoe bedoel jy, Chris?”
“Ek het haar op die lughawe gesien. Ten minste, ek dink dis sy – en sy het my ou toksak by haar gehad. Ek het geroep,, maar sy was haastig om in haar vliegtuig te klim en sy het my nie gehoor nie. Waarheen is sy, Pa?”
Chris is wel twee jaar jonger as Nellie, maar hy het nog altyd ‘n sagte plekkie in sy hart vir haar gehad. Sy was sy beste maatjie, en hy het haar van kleinsaf bewonder.
Esra kry ‘n benoudheid in sy bors. Die toksak! Nellie! Wat moet hy doen? Hy moet onmiddellik haar opspoor. Hy sal haar in sy vertroue moet neem, maar eers moet hy haar kry. Hy sal die polisie moet bel. Nee! Of dalk self gaan soek. Maar sy kan enige plek wees!
“Probeer asb uitvind waarheen haar viegtuig vertrek het, Chris. Ons moet haar gaan soek, ou seun”.
Esra voel hoe ‘n groot moegheid hom oorval. Hy tel die gehoorstuk weer op. Hy wens hy het Nellie se selfoon nommer gehad, maar van die uitheemse goed wou hy nooit weet nie.
Die pyn in sy bors word skerper, Met sy regterhand trek hy ‘n stuk papier nader. Dis verby, weet hy. Nog geld het hy nie. Sal hy maar bieg en sy testament verander? Of sal hy die hospitaal bel?

Heita – plot twist!!! JO! Dit was nou die wag werd. Welgedaan! Ek wens ek het meer as een keer my naam opgesit. Dankie Seegogga, nou yk die geld in Nellie se hande soos ‘n geskenk.
LikeLiked by 1 person
Ja wel daar moet n rede wees hoekom dit kontant is. Dit kan paaswerkers se salaris wees, n skelmstuk, afpersgeld, gesteelde geld….. ons sal moet wag en uitvind! Daar is ook nou 2 moontlike romanses wat wag op Nellie. En dan die moontlike gevolge van haar onbesonne daad…. ek is nou baie nuuskierig. Sit jou naam weer op. Hoekom nie?
LikeLiked by 2 people
Neh, ek laat Nellie te veel sondes begaan…F-woord en ongeduld en berekendheid…julle laat haar ten minste engelvlerke groei…;)
LikeLiked by 2 people
Ha ha, ons het almal ons goed en kwaad
LikeLike
Dit het skoon by my verbygegaan dat die Viljees se twee kinders aangeneem is en ek worrie al van gister af oor ‘n moontlike verhouding tussen Nellie en haar bloedneef! Haha, helukkig het Lekkervurig my nou reggehelp. Kan jy nou meer, sê ek vir haar, dat ‘n mens so simpel betrokke raak by ‘n fiktiewe karakter.
LikeLiked by 1 person
Ek was net so bekommerd ennhet ers geskryf hoe due oom sy seun gereeld vermaan het dat n niggiecamper dieselfde as n sussie is, totdat ek besef het dat hulle aangenome kon wees. Dit was vir my net so ‘n verligting!
LikeLiked by 1 person
Whahaha
LikeLiked by 1 person
Dankie ! Dit was erg moeilik!
LikeLiked by 1 person
Jy kan nog altyd weer jou naam opsit. 😁
LikeLiked by 2 people
Nee wat, daar is baie mense wat wil en kan…
LikeLiked by 1 person
Maar hulle mag ook! 😁
LikeLike
Skoe Seegogga! Jy KAN!
LikeLiked by 2 people
skoe – skoert, skoen, sjoe! toemaar – ek is BAIE goed met touchscreen taal wen weet watter een om te kies!
LikeLiked by 1 person
Sjoesjoesjoe! 🤸🏼♀️😛😝😎
LikeLike
🤗😉
LikeLiked by 1 person
Jy is ń bo-baas speurverhaal-skrywer! Hierdie storie van ons raak nou ekstra opwindend!!! Ek wil ook weer ń beurt hê…🙈
LikeLiked by 2 people
Nou toe! Jy kan!
LikeLike
Frannie, ons wag in spanning om te sien wat die girl gaan aanvang.
LikeLiked by 2 people
Ja, wat gaan die girl aanvang? En wat gaan oom Esra doen? Dit klink my die Viljees is in die moeilikheid. Great stuff Seegogga.
LikeLiked by 2 people
Dankie Hester – Jammer vir die wag. Ek dag ek het tot Donderdag tyd om te dink, toe vind ek uit ek is al 2 dae laat!
LikeLiked by 1 person
Haha, toemaar, jy is darem nie regtig so laat nie en ons is almal mos gewoond daaraan om op ‘n Donderdag te begin skryf.
LikeLiked by 1 person
en jy weet mos as iets Donderdag moet klaar, word dit Woensdag middernag gedoen of Donderdagoggend…
LikeLiked by 1 person
Wel, gelukkig werk jy goed onder druk!
LikeLiked by 1 person
Dis gewoonlik al tyd wat my brein werk…
LikeLiked by 1 person
Ons was net al so nuuskierig!
LikeLiked by 1 person
Het so agteegekom ja. Maar ek moes eers drink, ek bedoel dink!
LikeLiked by 1 person
So wat het jy toe gedrink?😂
LikeLiked by 1 person
Dink Toorts! Dink! Die witblits en frangelico is mos laankal op . Ma hier is baie koffie!
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLike
Knap gedaan Seegogga… sjoe ek kan nie wag om die twist te sien nie…
LikeLiked by 1 person
Welkom hier Bondels! Neem jy ook deel?
LikeLike
Ja met hoôgere benoudheid….
LikeLiked by 1 person
Toemaar, ek was net so benoud! Maar Nelson Mandela se mos iets is onmoontlik totdat mens dit gedoen het, dan is dit moontlik ( of so-iets)
LikeLiked by 2 people
Jy het nou die storie op ‘n heerlike ander draai geneem…uitstekend, Seegogga!
LikeLiked by 1 person
Dankie Bytjie. Net gedog die ander kant moet ook vertel word.
LikeLiked by 1 person
Esra klink na ‘n goeie omie, maar Krissie ….dis nog ‘n storie!
LikeLiked by 1 person
Ons het almal ons goeie sowel as ons slegte kante ne!
LikeLiked by 1 person
Ek hou hiervan seegogga!!! Jy het die storie nou ‘n lekker draai gegee. Dan weer… ek het nog altyd van jou stories gehou.
LikeLike
Dankue Kameel! En ek van joune!
LikeLiked by 1 person
Dit is nou ‘n kreatiewe kykie agter die skerms! Baie goed gedoen
LikeLiked by 1 person
Dankie Abrie. Gaan jy deelneem?
LikeLike
Helaas nee ek laat Nellie in julle in jul bekwame vingers
LikeLiked by 1 person
Ai
LikeLike
Mmm, nou het jy n lekker draai gemaak aan die storie. Baie goed gedoen, daar is n hele paar drade wat jy hier uitgesprei het. Ek is net na Frannie so ek begin solank dink wat om te doen.
LikeLiked by 1 person
Sjoe. Ek moet ook hard dink!
LikeLike
Dis nogal n uitdaging wat n mens toets. Ek het mos baie tyd nodig om my goed uit te dink en te bewoord.
LikeLiked by 1 person
Ek kan nie wag vir my beurt nie. Sjoe Seegogga, hierdie was puik
LikeLiked by 1 person
Sien so uit om te sien waarheen julle hierdie storie gaan neem!
LikeLiked by 1 person
Jy’t nou ‘n lekker kromdraai bygelas!
Daai geld… hoekom was daai geld in die bakkie weg gesteek.
Vir wie was daai geld bedoel? Ek wonder… 😉
LikeLike
AJ, ek het nou pas jou blog met Nellie se wraak gelees – sjoe, dis ‘n soete wraak wat jy daar uitgeskrywe het! Ek hoop jy skryf in om ‘n hoofstuk in die voortvluugtige Nellie se verhaal ook in te skrywe.
LikeLiked by 1 person
Ek skryf soos ek nou hier sit!
Ek en Nellie is nou die grootste maatjies! Ek dink ek sal vir die volgende paar Woensdae vertel van Nellie en haar mannewales!
Sy gaan naam maak vir haarself nou dat sy vryheid geproe het!
Net so BTW… dankie vir die inloer… dis goed om nog ‘n Saffer vriend te verwelkom! 😉
(Verskoon asb die tik en taal voute… my geskrewe Afrikaans is vrot!!)
LikeLiked by 1 person
Groetnis uit Polokwane, Limpopo. ‘n Sonnige bosveldwintermiddag. Lekker skryf. Foute maak nie saak nie, Afrikaans skryf tel.
LikeLiked by 2 people
Wonder ek mos ook!
LikeLiked by 1 person
Nou toe nou!!! Wat ‘n ommeswaai! Sjoe, ons wat so laag op die lys is sal wraggies moet uithaal en wys….sal nou al begin vas en bid dat ek hier kan bybly!!! Welgedaan!
LikeLiked by 1 person
Ek het net so gestres!( moet vir niemand sê nie, maar dit was vur my makliker om die ander kant vd storie te skryf as om Nellie te laat kies! ) Maar ek hoop darem hier is nou meer goed om uit te kies.
LikeLike
Terug pieng: Blogkaleidoskoop Hoofstuk 10 Die groot besluit – toortsie.com