WAT GAAN AAN ???

secure 001Aan almal wat hier lees.

Ek het onlangs my bloggie laat opgradeer na seegogga.com toe (dit lyk beter vir my akkommodasieplekke , want almal vra my waar my website is, en dis die naaste wat ek nog aan ‘n website gekom het).  Skielik verdwyn al die advertensies, in plaas van die secure slotjie bo is daar nou ‘n i in ‘n sirkeltjie  wat beteken dat die veiligheid nie goed is nie, en my leserstal daal drasties. Seegogga is skielik besig om hier onder te verdwyn!

Ek is amper heilig oortuig hierdie secure probleem het iets daarmee te doen. Kan iemand help? Ek wil secure en veilig wees soos ek altyd was! Ek wil advertensies hê soos voorheen, maar betaal word vir hulle, al is dit ook hoe min. En die belangrikste: ek wil weer al my lesers terug hê!!!

Kan iemand raad gee en help?  Hoe maak ek my website secure met ‘n slotjie? Ek het vir WordPress brief gemail maar geen regte terugvoer ontvang nie.  Ek is lus en sê vir WordPress hulle moet hulle .com in hulle .com steek en my ou wordpress/seegogga teruggee. Maar ek weet nie eers hoe om dit te doen nie.

Heeeeelllllp!!!

Unknown's avatar

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Los opdrifsels and tagged , , , . Bookmark the permalink.

23 Responses to WAT GAAN AAN ???

  1. alleman's avatar alleman sê:

    Dis die Clustrmaps wat jy gebruik regs onder (by “Wie lees”). Miskien kan dit op https ook werk, as jy dit verstel.
    Jy kan by http://www.whynopadlock.com kyk om te sien watter elemente op jou webbladsy nie deur https gelewer word nie, en dus maak dat die groen slotjie nie verskyn nie.

    Liked by 1 person

  2. Una's avatar travel460 sê:

    Sjoe, jy laat mens skrik, Seegogga. So alles is nou weer reg???

    Liked by 1 person

    • seegogga's avatar seegogga sê:

      Lyk my darem so. Uns. Ek het nou net ongelukkig my aardbolletjie met sy rooi kolletjies verloor en ek het hom nogal geniet. Ek het nog steed nie antw vir die advertensies nie, maar Toorts sal seker daar raad he. Dit lyk sommer sowaar klaar of my lesersgetalle vandag al wil beter word!

      Liked by 1 person

      • Una's avatar travel460 sê:

        Ek het nog nooit ń aardbolletjie gehad nie, Seegogga? Waar? En hoekom? Ag, ek dink elke keer ek het slim geword, en dan weet ek weer niks. Solank jy jou lesers teug kry, jou vriende. Dit maak saak.

        Liked by 1 person

      • seegogga's avatar seegogga sê:

        ja dis al wat tel.

        Liked by 1 person

      • Una's avatar travel460 sê:

        Het ek jou ooit oor my meisiekind se siekte geantwoord?

        Liked by 1 person

      • seegogga's avatar seegogga sê:

        Nee. wag nog!

        Liked by 1 person

      • Una's avatar travel460 sê:

        Sy moes Januarie teruggaan vir toetse om vas te stel hoe ernstig die graad van Graves sindroom is waarmee hulle haar in Desember gediagnoseer het. Hulle sou direk met chemo begin, moes net wag om agter te kom watter sterkte. Dis ń slegte imuun sisteem siekte wat die hele lyfie aantas. Ook haar hart. Sy is terug, en is tot al 3 haar spesialiste se totale skok as skoon verklaar. Hulle reaksie: sy het vir maande lank inflamasie van die skildklier gehad, daarom dat al die uitslae so sleg was. Ek glo ons Here het haar aangeraak. Want Hy het een oggend in die kerk dit vir my gesê, voor sy nog gediagnoseer is. En gelukkig het ek haar dadelik na kerk gebel en gesê. So, nou het sy haar eie getuienis. Soos ek en jy weet, soms doen Hy dit op hierdie manier. Soms nie.

        Liked by 1 person

      • seegogga's avatar seegogga sê:

        Ag maar dis absoluut wonderlik! Ja d mens wikbmaar God beskik ne!

        Liked by 1 person

  3. O Griet – toemaar, gelukkig het ons ‘n paar slimmes aan boord.

    Liked by 1 person

  4. Toortsie's avatar Toortsie sê:

    Toortsie wetie so mooi nie. Ek sal kom kuier!

    Liked by 1 person

  5. Ek wou sê ek mis jou hier.Ek is darem bly dat ek jou weer kan lees!

    Liked by 1 person

  6. Kameel's avatar Kameel sê:

    Hoop jy het reggekom en is weer aan die gang. Hierdie tipe goed is Toortsie se kopseer, ek verstaan net mooi niks en stap net saam.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op seegogga Kanselleer antwoord