As Pappa huis toe kom
As Pappa huis toe kom
saans as die lang skadu’s op die gras kruip
en my bene moeg en stowwerig is
as die dag al lank en oud voel
soos ‘n lang motorrit en vervelig,
dan voel ek nuwe lewe bokspring
en sing;
dan huppel ek hom tegemoet
en die wind jaag my aan.
Ek duik in sy arms in,
want nóú gaan die dag begin
as Pappa huis toe kom!
Ja gelede geskryf na aanleiding van my kinders se opgewondenheid as hulle pa van die werk af gekom het en dan met hulle lekker rowwe speletjies gespeel het soos net ‘n pa kan.
Aangesien dit more Vadersdag is…..


Alte oulik!
LikeLike
Dankie! seker 30 jr gelede geskryf!
LikeLike
Oulike gediggie.
LikeLike
Baie dankie. Welkom hier|!
LikeLike
Baie mooi.
A
LikeLike
Dankie Andre!
LikeLike