17 lakens, 17 duvet oortreksels, 34 kussingslope, 34 handdoeke, 10 matjies ,6 vatdoeke., 1 onderlaken. dit is wat ek al heeldag besig is om te was en ek is nog nie klaar nie. Voor Donderdag kry ek 10 lakens, 10 duvet oortreksels, 20 kussinslope 20 handdoeke, 4 matjies , en die paasnaweek is die eerste lot hopelik droog en reg, want ek benodig 18 lakens 18 duvetoortreksels 36 kussinslope, 36 handdoeke 11 matjies, en na die naweek hoop ek ek het al die voriges klaar gewas want dan benodig ek weer 7 lakens, 7 duvetoortreksels, 14 kussingslope 14 handdoeke en ek weet nie hoeveel matjies nie. Amper vergeet ek om te noem van die skoonmaak – nie sommer bolangs nie, nee, elke keer moet dit ‘n springcleaning wees, of die mense kla. Ek tel 17 springcleanings van gister af tot die skool op 6 April weer begin – gewas, gehang, gevee geskrop deur me , myself en I. Nee, ek jok, eenkeer gaan my kind my help en 2 of 3 keer my vriendin wat ‘n skoonmaakbesigheid wil begin. Dis die lewe van ‘n selfsorgeienaar met 4 eenhede. Daarvoor het ek studeer: Sielk(honns) en 2 onderwysdiplomas, dws 6 jaar naskoolse opleiding aan ‘n universiteit, en dan nog ‘n paar kleiner kursesies en goeters. Nou hoe lank studeer ‘n dokter nou weer? O ja, en ‘n tandarts? en ‘n oogkundige? En wat van ‘n rekenmeester? Dis nou behalwe die prakties. Daarvan het ek mos baie. Nee kyk, êrens was daar iets verkeerd met my sommetjies en my beplanning! maar vanooggend, juis omdat ek nie gister kon klaarrkry met die springcleanings nie en dus sommer by die see oorgeslaap het, het ek die son op die see sien opkom, sommer daar reg voor ou Rus ‘n Bietjie. Wat ‘n voorreg!
-
Join 248 other subscribers
Welkom hier by Seegogga se Bloggie! Jy is die
- 186 243 ste besoeker! Lekker lees.
soek hier /search
seestrome(Kategoriee)
- Aandag! Verbeter die lewe en word 'n mijoener! (5)
- blogspeletjie (8)
- blogspeletjie diegroen giggelbus (7)
- blogspeletjie:towerbus, (6)
- Boeke en flieks (11)
- branders van emosies: musiek vir die siel (6)
- brilsielkunde (4)
- Die Overberg: my wereld. (51)
- die tale wat ons praat (34)
- engele op my paaie (3)
- English blogs (14)
- Euro-trip (11)
- feeverhale en ander stories (50)
- gedigte en rympies (seestrome van verlange) (30)
- goue vroue (32)
- idioomstories (28)
- Kersfees (20)
- Kossies vir 'n seegogga en ander resepte (5)
- kraters en ander skandes (humor) (27)
- Los opdrifsels (191)
- Ma se seksboek (29)
- ouma se bababoek ( ouerleiding) (20)
- Overberg (20)
- rebusfontein, perfect day, vriende, nostalgie (16)
- rhebusfontein (30)
- Seestories (46)
- skoolstories (7)
- Treinstories (1)
- troustories (4)
- Vertelling: Die Juffrou en John (14)
- Vertelling: Die Juffrou en Lawrence (1)
- Voels en beginsels: I believe I can fly (12)
-
Jongste krappies
Top Artikels & Bladsye
Seesterretjies. onlangse kommentaar
my boekies
-
Selekante ( argiewe)
Vreeslik om te dink , en dan kla mense so maklik, was opsoek na oornag gastehuis ..geskok om mense se klagtes te lees, oor twak.
Ha-ha! My status update gister was:
Een tip as jy ‘per ongeluk’ jou voos karkussing wat jy saamgery het op vakansie omruil vir die lekker nuwe een by die gastehuis. Ruil maar liewer die slope, so sit ek nou al met 6 odd room/wit/onsekere kleur kussingslope. Jou kussing gaan reguit KAWS toe. En vadoeke is nie bedoel om fietskettings mee skoon te maak nie. Dis ook nie consumables nie noudat ek daaraan dink!
Nee kyk, in my dag des levens, kan ek nie dink mense dink hul kan wegkom met sulke flagrante maniere nie. Jy’t hul adresse, het hul vergeet. Sal jy weer dieselfde gaste inneem Maankind? Ai ai …. sterkte gaan nie help nie, nogtans glo ek daar is darem dierbare gaste.
ek maak so nou nou en dan ‘n kruisie agter iemand se naam, en dan verhuur ek nie weer aan hulle nie.
Hallo Dirki, ek sien jhy kom van my wereld af, die vaal driehoek! jy sal nie glo waaroor die mense soms kla nie! Ek wonder altyd hoe dit dan by hulle eie huise gaan. Maar die wat die meeste kla, los dikwels die huisies die die slodigste, met vuil mikrogolwe en gemufte kos in die yskas,, lekkergoedpapiere onder die bed…..
As iemand verstaan, is dit ek! Hoewel ons net 2 eenhede het. Ek verstaan ook die gemengde gevoelens oor alles. En wat meer is: Raai-raai watse papiere het ek? ‘n Honneurs in Sielkunde, en ‘n diploma of twee…
Birds of a feather! duidelik berei daardie sielk mens voor vir baie skrop afstof en was!
Ag toggie, en ek het altyd gedink dit moet heerlik wees om ‘n gastehuis te “run,” (Jammer vir die Ingelse woord,) 😯 Dink nie ek is lus vir mense en hulle klagtes nie…. ook nie vir hulle gemors nie, dus lê ek nou die gastehuis idee ten ruste.
En tog, daar is baie oulikde mense -met wie ‘n mense sommer later vriene raak omdat hulle gereeld kom besoek. Sommige bring vir jou ‘n boks druiwe saam, of geelperskes, sommige gee vir jou ‘n vis present(lanklaas gebeur, vis is skaars)
En hier kla ek met die witbrood onder die arm omdat ek 7 handdoeke moet was en droogkry – terwyl die son nogal skyn. 🙂 Duidelik is ek nie gemaak vir die gastebedryf nie. Ek het nogal altyd ‘n klagte oor handdoeke. Gee nie om om my familie daarvan te voorsien nie, maar wat van die dierbare aarde wat ek met mening groen probeer hou? Dan slaap hulle net een nag en dis lakens, handdoeke – waarvan ek julle twee gastehuiseienaars natuurlik niks kan vertel nie. Maar ek dink daar behoort ‘n wet te wees dat familie en kinders wat vir een nag oorslaap ten minste hulle eie handdoeke moet saambring..
ek dink ook as jyu byu vriende gaan oorbly neem jy jou eie handdoek!
Ek gee tog maar graag ‘n handdoek vir die gaste. Hier by ons raak die goed nie so gou droog nie en sies tog, moet hulle nou hulle klam handdoek tussen hulle klere in hulle koffer pak? Ons hou maar weer die aarde groen as hulle weg is, maar die plesier van kuiergaste is net te lekker.
En vir so ‘n sonsopkoms studeer mense baie hard sodat hulle eendag die geld kan verdien om so ‘n plekkie te kan huur/besit…….
Nee wat, lyk my jy het die regte kursus gedoen! 😉
mmmm, ek dink jy moet dit eendag vir my bankbestuurder vertel…
Ek dink mense wat in restaurante, hotelle en gastehuise sommer kla oor niks wys net aan die res van die wereld hoe min hulle gewoond is. Maar mens kry ongelukkig die tipes.
daar is tipes en tipes, maar die meeste mesne is darem gelukkig vriendelik en gelukkig.
Ek is nie aanmekaargesit om daagliks so met mense te deel nie. My gastehuis sal altyd leeg wees.
Welkom hier, Demoerin, solank jy nou net nie vir my demoerin raak nie,! Die meestemense is vriendelik en gemiddeld netjies.
Dankie Seegogga vir die mooi vertel. Ek en my man het jare gelede op die Kaap verlief geraak, en elke jaar met die kinders daar gaan vakansie hou. Met ‘n toerboek het ons hom kruis en dwars gery. Toe ek Franschoek vir die eerste keer daar tussen die berge sien lê was my hart verower. Die tuinroete het ons ook ‘n paar keer gedoen…. sprokiesmooi. As ons drome vir die toekoms uitgewerk het, sou ons in die Kaap gaan aftree het…. maar die mens wik, God beskik.
Maar nou kan julle mos lekker hier vakansie hou as jy weer gesond is, ne! en vakansie is lekker!