Liewe Bloggie
Ja, dis ek Seegogga hier. Ek hoop jy kan my nog onthou. Ek is mos die een wat al die goeters geskryf het, onthou jy?
Dit gaan nog goed hierdie kant dankie, ek is net so jammer ek kom nie by jou uit nie. Hoop maar dit sal binnekort beter gaan en dat ek ‘n bietjie meer tyd sal hê. Ek weet jy wag nog vir die res van die juffrou storie , en nou wag daar ‘n tweede engelestorie en ag, die bababoek soek ook nuwe hoofstukke.
Jy moet maar geduldig wees, asseblief. Verlede week was ek Moorreesburg toe( en was dit nou warm)en vandag het ek op die heilige Sondag heeldag huise skoongemaak en geskrop en terwyl ek nou hier skryf, is die derde bondel wasgoed reeds in die masjien. Die week moet ek op ‘n manier nuwe gordyne prakseer, want die arme gordyntjies wat geskeur het, kan ‘n mens nie in die winkel koop nie en daar is net 5 dae oor voor die volgende mense al weer kom. Moet asseblief dit nie rondvertel nie, maar ek het nog nie eers kans gehad om my kerfeesversierings af te haal nie! Ek hoop darem dat ek dit oormore sal kan doen. More moet ek mos eers nuus lees en dan die woonstel gaan skoonmaak vir die nuwe mense wat see toe kom…..
Ek is darem bly om te sien dit gaan goed met jou. Ek het vannaand na jou stats gekyk en die mense lees jou nog steeds! Ou goed van lank gelede, maar lyk my darem daar is nog mense wat wil lees wat jy te sê het. Nou is almal weer besig met die deurmekaar tale van kleur. Die kleurwiel bly vir my ook ‘n fassinerende onderwerp, en ai, ‘n oulap se rooi maak steeds mooi! Die bababoek en ma se seksboek word daagliks gelees en ‘n ieder en ‘n elk soek by jou ‘n tameletjieresep! Maar jongie, hier kan ek darem vir jou ook ‘n bietjie oor die vingers tik. Hoekom het jy nie ‘n tameletjie resep nie? Jy sien mos almal soek dit! Ek sal probeer kyk of ek iets kry en vir jou post. Vra maar asseblief intussen vir jou lesers om vir jou ‘n tameletjie resep te stuur, asseblief! Sê vir hulle jy het dit baie nodig vir jou ander lesers wat een soek.
Ek hoop dis vir jou ‘n mooi jaar vorentoe en dat ons ‘n bietjie meer by mekaar gaan uitkom. Ek verlang regtig na jou.
Ek stuur vir jou ‘n liedjie uit een van my absolute gunsteling flieks. Ek wens net ek het ook so baie diertjies gehad om my te help. Enjoy.
Groetnis en lekker slaap.
Jou eie Seegogga
Tameletjieresep? Ek weet waar daardie vraag vandaan kom!! 🙂 Weet jy, in ‘n ou resepteboek wat ek jare gelede gehad het en lankal nie meer het nie, was een. As jy Tameletjie google, gaan jy nie een kry nie? Toe Google ek sommer self en HIER IS DIT!! http://www.buysouthafricaonline.co.uk/Blog/Tameletjie-Toffee-Recipe
Daknkie Toortsie, ‘n tameletjie resep! Ek vind dit net vreemd dat dit in Engels is. Ek sal hom moet uitprobeer.
Dit lyk my baie soos ‘n resep wat jy een keer gegee het, iets van jy het lus of iets?
OO my resep is nie so grend nie- jy gebruki wat jy in die huis het en verlieslik melk, maar water sal ook doen. my man hulle het as kinders altyd “tammas” gemaak. (is dit die afkorting vir tameletjie?) Dit is basies suiker wat jy verhit to dit smelt. Soms het hulle klein bietjie water bygesit, soms nie. Dit is in ‘n lee blikkie gemaak, meestal op ‘n vuurtjie, en dit word heeltyd geroer.tot dit tammas word.. Dan vat jy die warm tammas, sodra jy daaraan kan raak en rol dit tussen jou hande in bolletjies. En dan eet, kou suig jy die tammas( wat soms ‘n effense brandsmakie het, afhangende van jou vernuf.)