So het die juffrou en haar kinders dan ‘n band gevorm, nouer as wat daar gewoonlik tussen onderwyser en leerling is. En omdat sy jonk was, en onervare, het sy dit nie as verkeerd gesien nie.
In die middel van die derde kwartaal, vra die Afrikaanse vakhoof haar of sy besef dat haar st 8 immigrante die gewone Afrikaans tweede taal eksamen moet skryf, omdat hulle ‘n departementele st 8 sertifikaat kry.
Drama! Sy, John en Heather( sonder die H), begin meteens werskaf met ingewikkelde taal- en spelreëls, verkleinwoorde, lydende en bedrywende vorm en watnog, en ook die voorgeskrewe boek: Mof en sy mense, van Langenhoven. Dis byna so goed soos om Shakespeare vir ‘n sub A’tjie te gee, maar hulle werp hulle heelhartig daarin en so halfpad deur die boek, kom die juffrou agter dat sy nie meer hoef te vertaal nie – hulle verstaan!
Aan die einde van daardie jaar, slaag albei leerlinge hulle gewone Afrikaans tweede taal vraestelle met net so onderkant die 5o persent, tot die vakhoof se verwondering, en die juffrou se blydskap.
Intussen het die band versterk. Die juffrou ken hulle drome, hangups en liefdes. En hulle ken haar.
“Miss why are you cross” of “Miss, why are you sad today?” al het sy volgens haar geen indikasie gegee nie. En die persoon wat haar gemoedstoestand soos ‘n boek kon lees: John.
Jy praat my hartstaal. Nou nie die Afrikaans, en juffrou wees nie – skoenmaker hou jou by jou lees – maar die een word met kinders 😉 Hoop John is nog deel van jou lewe!!!!
Ek glo ons gaan nog meer van John hoor….
Dankie vir al julle ‘likes’.
Terug pieng: Die juffrou. Deel 2 | Seegogga se Bloggie