Overberg, storiewerf, bederf-bederf!

Audrey Blignault, Con de Villiers, Wilma Stockenstrom, Uys Krige, MER, Sannie Uys, Petra Muller, Ian Smit, Marlee Tesselaar, Chanette Paul, Petrovna Metelerkamp, Trisa Hugo, Frieda de Villiers, Ernie Mellet, Johan Kotze……..En nou herinner Maankind (Trisa Hugo) my aan nog twee: Jan Rabie en SJ du Toit. EN: bygevoeg op 25Okt 2016: Madele Burger (Toortsie) wat haar eie kookboek uitgegee het en blog vir Finesse, en Anna-Marie Groenewald. ( die einste Seegogga), asook ons eie Ds Corne van der Merwe en Lizette Payne.Dan is daar Anneli Groenewald wat die NB boekprys gewen het,
Sommer so vinnig kry ek 22 name- ja 22 name van skrywers en ek is seker daar is nog van wie ek nie weet nie, julle sal my moet help.
Nou wat is besonders aan hierdie skywers? Wie het reggeraai? Ja, hulle is almal van die Overberg! Party is hier gebore en het hier grootgeword, ander het later hulle hier kom vestig.
As mens nou na die grote SA en die bevolkingsdigtheid kyk, sal mens sien dat die Overberg baie klein is, en tog – kyk na die talent hier! Ons is definitief nie agter die klip nie( of agter die berg nie, al het ons mos ‘n dorpie hier met die naam- wait for it- HOTAGTERKLIP!)
Audrey Blignault het eenkeer vertel dat stories vertel een van die groot tydverdrywe was hier in die Overberg, waar ander vermaak maar skaars was. So het die Overbergers ontwikkel tot bobaas storievertellers- en die tradisie duur voort!!!
Ek dink egter dis meer as dit. Ons het hier die wonderlikste stukkie wereld- pragtige see, pragtige landskap, pragtige blomme, maar bovenal pragtige mense. Alles baie inspirerend.
Ek wens ek kon my naam byskryf, maar ek skiet nog ver tekort. Het darem Saterdag op ‘n nuwe boekwinkeltjie in Bredasdorp afgekom en daar ‘n boekie van Martie Preller raakgeloop:” Eendag was daar ‘n storie- ‘n praktiese storiemaakkurses.”
Intussen sal ek so bly wees as julle boonste lys sal aanvul , korrigeer en uitbrei sodat ons meer kan weet van al ons wonderlike Overberg talent!

Unknown's avatar

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Die Overberg: my wereld., feeverhale en ander stories, Los opdrifsels. Bookmark the permalink.

21 Responses to Overberg, storiewerf, bederf-bederf!

  1. seegogga's avatar seegogga sê:

    Oja, dankie maankindjie, skoon van SJ vergeet. Het nogal nou die dag Jan Rabie onthou maar om een of ander rede hom nooit neergeskryf nie! Gee jy om, ek gaan hulle nou by blog invoeg?

    Like

  2. Dis ‘n baie interessante skrywe oor die Overberg-skrywers. Ek dink ek gaan nog baie hier kom inloer, Seegogga.

    Like

  3. klippie's avatar klippie sê:

    Maak ons nou maar jaloers!

    Like

  4. Toortsie's avatar toortsie sê:

    Die canola is pragtig!

    Like

  5. Daai boekwinkeltjie in Bredasdorp is baie interessant!

    Like

  6. Olga's avatar Olga sê:

    Ek was as ‘n kind laas in die Overberg. Moet die gat in my opvoeding kom toestop.

    Like

  7. seegogga's avatar seegogga sê:

    OOO. Skoon bvergeet van Frieda deVilliers wat jareop Struisbaai gewoon het! Ek voeg haar gou in. Wanneer kom jiullemet nogname? Daar moet nog wees!

    Like

  8. Toortsie's avatar toortsie sê:

    Anne-Marie Groenewald van Bredasdorp. Sy het “Ma se seksboek” 😯 geskryf! 🙂

    Like

  9. seegogga's avatar seegogga sê:

    Ek dink nie dit tel nie, Toortsie!

    Like

  10. Terug pieng: Aandag alle Overberg skrywers, bloggers en belangstellendes: ‘n Storiefees by Van Brakelstoor! | Seegogga se Bloggie

  11. Kameel's avatar Kameel sê:

    Liewe, dan beter ek nou Overberg toe trek voordat dit te laat is. Julle wêreld is voorwaar mooi….. en Audrey Blignault was vir my ‘n fees.

    Like

  12. Toortsie's avatar Toortsie sê:

    Sjoe, Seegogga! Haal diep asem, Toortsie! Dis GROTE name wat nou in dieselfde asem as jy genoem word, Toortsie!
    Dankie vir die baie groot eer. Regtig baie dankie.

    Like

  13. Terug pieng: ‘n Groot eer het my te beurt geval | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog

Lewer kommentaar