Ouma se bababoek, brief 9. Geloof

Liewe Leanie, Annika En Lienkie

Ek was nog eintlik besig met kerngedagtes, toe kom die tweelinkie al, en moes ek gou eers ‘n paar praktiese tips uitdeel. Maar nou is dit tyd om terug te kom na die grootste kernwaarheid: Geloof.

Ons glo in ons huisgesin aan God, die almagtige liefdevolle Vader, Jesus Christus, Sy seun, en die Heilige Gees. Ek glo ook dat daar min mense is wat hierdie band met hulle God meer nodig het as juis ‘n mamma en pappa. Om kinders groot te maak sonder ‘GELOOF’  is net vir my ondenkbaar. Ons is net nie goed genoeg en sterk genoeg nie, en ek kry ouers wat dit prober doen, baie jammer.

As jou babatjie huil en jy weet nie wat om te doen nie, BID! As hy siek is en jy is bekommerd oor hom, BID! As hy slapies en hy is vir jou so mooi dat jou hart wil breek, BID! As hy op sy eerste wankelrige treetjies die wereld vol gevare binnestap, BID! Bid elke dag vir jou kindertjies. Bid hardop sodat hy( hulle) dit hoor, sodat hulle van babatjiedae af weet waar hulle krag vandaan kom. Noem hulle by die naam in jou gebede en dra hulle elke dag op aan God. En dank God elke dag vir sy genade.

En weet julle wat? Ek het dit al klinkklaar en duidelik ervaar: Ons Vader luister na ons smekinge, hy verhoor ons gebede- miskien nie altyd op die manier wat ons graag sou wou he nie, maar hy doen.

Ek moet hier vertel vn Annika se oortjies. Jy het mos op 2 mde ouderdom begin met ‘n chroniese middeloorontsteking wat net nie wou opklaar nie. Boonop was jy mos allergies vir alles. Dit was antibiotika, verkouemedisyne en antibiotika vir 2 mde lank, tot ons op die ou einde by ‘n oor-, neus- en keelspesialis geland het. Gedurende daardie tyd het jy mos nooit geslaap nie, Annika( en ek ook nie!) en was pal op die arm.

Toe die ONK se medisyne ook nie werk nie, besluit hy summier om pypies in die ore te sit- sommer dieselfde aand nog en ek moet jou half 6 by die hospitaal he. Ek is hoogs ontsteld huis toe :grommits! Ek het lank gewerk met kinders met pypies in die ore en weet hoe daar nie mag water in die ore nie, hoe hulle uitval en daar weer ingesit moet word en sommer net hoe die arme kind ‘n hele gekiedenis van ore  opbou( en gepaardgaande leerprobleme).Dan is daar nog die baie gevare von vroee narkose….. En ek weet een ding: EK SIEN NIE KANS NIE!

Toe eers besef ek dan ek nog nooit met erns vir Annika se oortjies gebid het nie.

Ek bel die dokter: ek gaan nie nou vandag pypies laat insit nie,  gee asb medisyne vir nog een week, ek wil eers gaan bid.

Die ONK was baie gaaf. Hy besluit op medisyne vir nog 10 dae en na 10 dae kon hy dit self nie glo nie: Annika se oortjies is heeltemal gesond. Maar dis nie al nie: Tot op hede ( en jy is mos nou 26jr oud, ne Annika?) het Annika nog nooit weer oorinfeksie gehad nie. Nog NOOIT WEER nie!

Nouja. Nou die dag het ‘n vriendin ‘n brief gestuur wat hulle moes lees op haar kleinkind se “namegiving” seremonie. Haar kinders is nie gelowig nie.  Dis ‘n pragtige brief vol mooi wense dat hy omring sal wees van mense wat vir hom lief is en op wie hy kan vertrou en by wie hy krag kan kry, sodat hy kan groei tot volwassene met wysheid en insig ens.

Ek kon nie help om die ou babatjie jammer te kry nie. Mense is ongelukkig so feilbaar. Hulle maak foute, het gebrekkige oordeel, hulle trek weg of sterf. Daar is net EEN op wie mens volkome kan vertrou en wat altyd vir mens die regte pad sal wys en wat jou nooit sal verlaat nie: God.

Saam met God kry julle as ouers krag , rus en vrede wat alle verstand te bowe gaan. Mag dit goed gaan met daardie pragtige twee bondeltjies lewe.

Baie liefde

Mamma

Om brief 10 te lees, klik hier.

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in ouma se bababoek ( ouerleiding). Bookmark the permalink.

12 Responses to Ouma se bababoek, brief 9. Geloof

  1. toortsie sê:

    Ek kom nog ordentlik lees. Maar dit gaan nou te dol. ek kom weer!

  2. seegogga sê:

    toemaar, ek verstaan en jou babas trou al!!! Baie geluk!! Ons wag vir foto’s.

  3. Pikkelik sê:

    Dis so bitter waar wat jy hier skryf. Ek het dit keer op keer ervaar, en as die gebede nie verhoor word soos wat ek dit wou gehad het nie, het ek elke keer agter gekom dat ek in daardie wilde donker tye, geseën was met Goddelike geduld en krag wat ons dwarsdeur die situasie gedra het!

  4. Olga sê:

    Kinders moet van kleins af leer van God. Dalk kom ek ook nie gelowig voor nie. Vir my is God so deel van my lewe, ek loop en verkondig nooit nie. As gevra, sal ek sienings ens deel. Vir my is Hy net altyd daar soos, my skaduwee.

  5. seegogga sê:

    Hallo Toortsie! Hoe was die troue? V ertel vertel

  6. BB sê:

    Jip! So true – none greater power than the power of a praying mother…

  7. Baie waar woorde hierdie, ek is jammer ek was so skaars, ek neem aan hierdie is vir jou nuwe boek?

    • seegogga sê:

      Hallo Celia, welkom terug. Nee, ek glo nie hierdie boek sal gedruk word nie- te veel navorsing is nodig! Maar ek het gaan bababoeke soek op die internet en in boekwinkels en daar is ‘n opvallende gebrek aan nuwe moderne bababoeke in SA en spesifiek in Afrikaans. Dr Jan v Elfen se boek word steeds voorgehou, maar die boek is so oud sos die berge, tensy daar intussen bygewerk en verander is .Marina Petropoulis se boek is nie eintlik meer beskikbaar nie ens en die ander werke is van oorsee. Kan iemand my dalk elp met ‘n nuwe moderne Afrikaanse of Suid- Afrikaanse boek? Asb ‘n boek wat die nuwe beginsels van kangarooing, moederkontak voeding op aanvraag ens verkondig en nie die geykte beginsels van babas wat apart van ouers grootgemaak word nie.

  8. Terug pieng: Ouma se bababoek, brief 8. ‘n Paar praktiese tips en dag versus nag | Seegogga se Bloggie

Laat 'n boodskap na seegogga Kanselleer antwoord

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s