Tweeling

Geboorte:  Die gevaarlikste tyd in jou hele lewe, se die wat weet.

Gister het ek ouma geword!!! Klein Markus en Willem  is hier in die wereld, in Holland  om presies te wees, en ek sit  ver ondertoe in Suid-Afrika, maar my hart is daar!

Omdat die tweetjies so vroeg is, is Willem( ek mag nie Willempie se nie) baie klein, maar ok. Markus is groter, maar sukkel met sy longetjies. Bid asb vir hom!

En hierdie ouma, wat hulle nog nie eers gesien het nie, is klaar so lief vir hulle! Wonderlik hoe die hart werk, ne. Bloed is beslis dikker as water.

(Ns.Ek voel natuurlik ek is nou bietjie laat met my bababoek. Sal maar kyk hoe ver ek kom.)

Unknown's avatar

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Ongekategoriseerd. Bookmark the permalink.

9 Responses to Tweeling

  1. BAie baie baie geluk.

    Mag hulle vir julle groot vreugde bring

    Like

  2. Hartlike veels geluk!

    Like

  3. Charms's avatar Charms sê:

    Baie geluk 🙂 Ag en Ouma mag seker maar Willempie sê so af en toe?

    Like

  4. Twilight's avatar Twilight sê:

    Baie geluk! Ek glo hulle sal heeltemaal ok wees (maar ek bid ook saam). Hoop julle geniet hulle baie!

    Like

  5. seegogga's avatar seegogga sê:

    Baie dankie vir julle gelukwense en gebede. Dit gaan heel goed met die kleintjie, ( skoonseun het gese ek mag nie Willempie se nie, want hy ken ‘n ou oom Willempie). maar Markus sukkel nog bietjie.

    Like

  6. Pikkelik's avatar Pikkelik sê:

    Goggatjie! Baie, baie geluk! Wow, dis ‘n wonderlike mylpaal. Ek hoop jy sien hulle gou en ek glo dit sal baie goed gaan. Ons bid vir ‘n amazing God vir wie niks onmoontlik is nie! Sterkte en geniet elke oomblik, en wie weet, dalk sien jy hulle gouer as wat jy dink…

    Like

  7. Toortsie's avatar toortsie sê:

    Geluk! Hoe het ek dan hierdie inskrywing gemis? Ag, dis WONDERLIK!!! Nou moet jy baie raam en boeke verkoop sodat jy kan gaan kuier in daai Holland!!

    Like

Lewer kommentaar op Twilight Kanselleer antwoord