Die prinses en haar waternimfe

Dis Saterdagoggend, 2 April. Die groot dag het aangebreek, en dis tyd vir sjampanje ontbyt by Mozarts. ( dis nou na die heerlike aandete by Merino Grill die vorige aand en die kuiertjie daarna by Jacks tot 2 vm). Dit reen. Wat nou? Is dit tyd vir plan B? Maar nee, ons glo en vertrou dat die weer gaan saamspeel.

Die dag vlieg onder ons uit. Dis haarkapper toe, dan kom die grimeer-kunstenaar, die fotograaf en video-man, en die huis is vol mense en almal het honderde reelings. Op een of ander manier is ons betyds reg en ry die pad uit see toe.

Wonderbaarlik het die reen opgehou., die stormwind het gaan le, Die son breek so halfpad deur en skyn blink op die water, daar waar die bootjies le. Die Here se seen rus hier op hulle, dit glo ek.

Die prinses en haar seenimfe verskyn vanuit die water.(Dankie Malan van Cape Agulhas Backpackers!!!) Die ridder en sy diensknegte wag hulle in….

Die pragtige boodskap word gegee deur Bianca, hulle tokkelok vriendin. Mag hulle daardie makarios liefde vir altyd ervaar.

Die saal pragtig, die onthaal heerlik. (Dankie Carin Groenewald en Charmaine Zondagh!!!) Die musiek reg vir oud en jonk( Dankie DJ Mike!)

Wat kan ek meer se?  Dis ‘n sprokiestroue. (Dankie Vader vir u genade . Seen hulle asseblief)

Kyk maar by Bernard Bravenboer se fotoblog . Die foto’s het pas verskyn as jy dalk die mooi foto’s wil sien.

En ek is terug in blogland.

Unknown's avatar

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Die Overberg: my wereld., Los opdrifsels, Seestories, troustories. Bookmark the permalink.

10 Responses to Die prinses en haar waternimfe

  1. Geluk (en sterkte!) 😉

    Like

  2. karen's avatar karen sê:

    Die lap lyk pragtig met die lewende modelle voor 😉
    Lyk of dit ‘n wonderlike troue was – nou weer alles terug na normaal…

    Like

  3. Toortsie's avatar toortsie sê:

    Fantasties! En dis WONDERLIK dat die weer so fantasties saamgespeel het, want hier teen die aand se kant het dit weer begin reen.

    Like

  4. Ek is mal oor die strooijonkers se uitrustings.

    Baie geluk aan die bruidspaar

    Like

  5. seegogga's avatar seegogga sê:

    Bernard bravenboer se foto’s is op die web. Gaan kyk na Gerda en Philip! Stunning

    Like

    • Andy's avatar Andy sê:

      Hallo Seegogga, jou blog is oulik en interessant. Sjoe, wat ‘n pragtige couple. Die fotograaf het die oomblikke perfek vasgevang. Dit lyk asof dit ‘n troue was waar almal baie pret gehad het, hoe lekker!

      Like

      • seegogga's avatar seegogga sê:

        Hallo Andy, welkom hier! Dankie dat jy my blog lees! Ag, ja, ‘n mens is dankbaar as jou kind gelukkig is, en dit was ‘n heerlike troue!

        Like

Lewer kommentaar op Andy Kanselleer antwoord