Ouma se bababoek 2: Huilende babatjies en die bevrediging van behoeftes

Liewe Leanie, Annika en Lienkie

My gedagtes is nog nie heeltemal agtermekaar met hierdie bababoek nie, so julle moet maar verskoon as my onderwerpe bietjie deurmekaar is. My seksboek het ek mos begeesterd op ‘n ou oefenigboek geskryf en uitgekrap en oorgeskryf en herrankskik. Maar  hierdie boekie doen ek sommer direk hier, hier op my blog. Dus is hier nie geskaaf en goed oordink nie. Maar ek sal probeer.

Ek dink ek moet eers by die basies fundamentel uitgangspunte begin.

Ons het nou reeds gesien dat instink ‘n belangrike rol speel. Wat is ‘n mens se instinktiewe gedrag as jou babatjie huil? Ek neem aan julle het gedink: Troos.

Wel, julle is heeltemal reg. ‘n Babatjie is ‘n klein, hulpelose dingetjie wat nie kan praat nie, en absoluut niks vir homself kan doen nie. Hy kommunikeer egter tog baie goed met jou! Ja, as hy gelukkig is, sal hy lag of tevrede lyk, en as iets hom pla, sal hy huil. Hy gaan nie huil sommer vir die plesier nie, nee, as hy huil, is daar ‘n rede. En jou eerste reaksie as ma, sal wees om hom te probeer gelukkig maak sodat hy ophou huil.

Dit is ook reg so. Huil is die babatjie se enigste manier om te kommunikeer, en julle as ouers moet aandag gee:DADELIK!

Hier is nogal ‘n diep sielkundige teorie. As jy dadelik aandag gee, se jy vir jou kindjie:Ek is lief vir jou. Jy is belangrik. Jou behoeftes is belangrik. Dit is die begin van ‘n goeie verhouding met jou kind,en ook ‘n goeie selfbeeld vir hom. Ignoreer jy die huil, se jy die teenoorgestelde:Jou behoeftes is nie belangrik nie en maak nie saak nie, JY is nie belangrik nie, ek is nie lief vir jou nie. Negatief verby!

Daarom glo ek nie daaraan om ‘n kind in die bed te laat le en huil omdat dit nou bv slaaptyd is  nie. Nee, jou instink se vir jou jy moet jou babatjie gaan optel en troos, en dis ook wat jy moet doen, al wil geleerdes jou ook wat se. Kyk maar weer na die natuur- hoe onmiddellik besorg die ma-hond of ma-kat is as hulle kleintjies kerm.

Waarom huil ‘n babatjie? Hy is dalk honger, kry koud kry warm, het ‘n vuil doekie, sy klere is dalk te styf, of krap dalk, hy het dalk maagpyn of windjies, hy voel dalk jeukerig en taai, of hy voel siek. Of, hy het eenvoudig behoefte aan nabyheid en aanraking.

Hiedie behoefte aan nabyheid en aanraking moet asb nooit onderskat word nie. Babatjies het ‘n groot behoefte aan liefdevolle aanraking ( vel tot vel kontak) en nabyheid.(cuddling). Hoe meer, hoe beter!  Babatjies wat by die mamma slaap, of in wiegie langs die bed huil ook minder as babatjies in ‘n ander kamer, want sodra hy roer, sit die mamma dalk haar hand op hom, of in die bed, “cuddle’ hom ‘n bietjie,en babatjie voel getroos. Opvallend was dit vir my toe ek babakatjies hans grootgemaak het. Hulle het vreeslik gemiaau ( huil). Darenteen is babakatjies by die mammakat baie stil en tevrede.  Hulle het die sekuriteit van die mammakat se liefdevolle aanraking en nabyheid, wat die ander katjies ongelukkig moes ontbeer, al het ek my bes probeer.

Dit kan natuurlik baie frustrerend wees as jy nie kan agterkom hoekom jou babatjie huil nie, maar wees verseker daar is ‘n rede – en jy moet dit soek. Dit is nie stoutigheid nie, soos die ouer mense my graag wou wysmaak toe julle klein was nie. My vriende het my goeie raad gegee: “‘n BABA ONDER EEN JAAR OUD IS NOOIT STOUT NIE.” Onthou dit asb as jy erg gefrustreed raak omdat jou babatjie dalk aanhou kerm en lastig is.

Ek onthou nog goed die eerste vakansie met jou hier by die see, Lianie. Jy was so 4 maande en het skielik begin huilerig raak, wou net op die arm wees en glad nie in jou cot nie. Die ou tannies het almal vir my gese jy is bederf en wil net opgetel wees. En ek het dit begin glo, maar ek het geweet dat jy nie gewoonlik so is nie. Toe vat ek jou dokter toe, teen almal se aanbevelings in. My arme kindjie, jy het al die tyd oorontsteking gehad en dit was jou seer oortjie wat jou so huilerig gemaak het!

Tannie Rosie het altyd gese dat sy en haar man hard probeer het om in al die behoeftes van hulle kinders te voorsien. Vandag het sy pragtige suksesvolle kinders met goeie gesinsverhoudinge.

Maar wag, dis baie laat ek ek moet nou eers bed toe.

Lekker slaap my lieflingkinders.

Ma

om nt 3 te lees, klik hier.

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in ouma se bababoek ( ouerleiding). Bookmark the permalink.

6 Responses to Ouma se bababoek 2: Huilende babatjies en die bevrediging van behoeftes

  1. BB sê:

    Wat ‘n heerlike verrassing! Ek het gisteraand my tienerskoene aangetrek en vir my ‘n CreamSoda float gemaak – en sommer so ‘n paar briewe deurgelees… supercool! Ek gaan die boekie vir my dogter gee… ek weet sommer ons gaan saam bietjie giggel en dalk ook ‘n paar dinge aanspreek, wat ons nog nooit hardop gesê het nie (alhoewel ons darem gelukkig ook heel gemaklik is oor meeste topics).
    Die raam… ai A, ek sal ‘n foto vir jou stuur van die foto in die raam, ja?
    Ek ‘gooi’ vir jou ietsie terug binnekort. Dankie weer! x

  2. seegogga sê:

    Hallo BB, bly jy het dit gekry!

  3. toortsie sê:

    En ek het myne ook gekry!!! Per handpos!!! vir die wie nie weet nie, Seegogga is
    ‘n kunstenaar en die skilderytjies wat so by haar skryfsels verskyn, is … ek weet nie wie almal se handewerk nie. Maar in my huis hang haar handewerk – sy het al baie van my goed geraam!! en haar MA was ook ‘n skilder, wie my eie ma baie ondersteun het, so, ook HAAR handewerk hang in my huis!!! Baie dankie seegogga vir my pragtige raampie en die boekie. Jy weet mos wat ek met die boekie doen – ek gebruik dit om die plaaskinders ‘n bietjie te help!! (?)

  4. seegogga sê:

    Hallo Toortsie, miskien kan jy dit in die plaaslike koerant skryf! Die resensie wat vandag verskyn het, is vir my so agterstevoor

  5. toortsie sê:

    Is daar ‘n resensie in die Suidernuus??? Ek sal een kry dat ek sien!

  6. Terug pieng: Ouma se bababoek. Brief 1: moederlike instink | Seegogga se Bloggie

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s