Ma se seksboek. Ekstra brief wat ingevoeg gaan word: Brief 25 ouerinmenging

Liewe Kinders

Lienkie se toe mos dat ek sommer ook moet skryf oor ouerinmenging.

Ja, dis nogal ‘n tameletjie, ne!

Erens in julle verhouding gaan julle beslis daarmee te doen kry in mindere of meerdere mate. Dis in ons geval gewoonlik die ma wat die probleem is! Maar dikwels, veral in geval van dogters, is dit die pa.

Onthou tog maar dat die meeste mense ouers het wat lief vir hulle is en al probeer ons as ouers baie hard om realisties te wees, dink elke ouer sy eie kind is wonderlik. As iemand iets aan sy kind doen, is daar moeilikheid!

Die beste is natuurlik dat ouers glad nie inmeng in die verhouding wat julle met julle vriende het nie. Ouers het ook die simpel neiging om altyd die verkeerde ding te se!  Onthou egter dat hulle glo hulle doen dit vir hulle kinders se beswil, en vat dit maar nie te ernstig op nie. Moet  ook nie allerhande “hang-ups” kry as jou ou se ma, of eendag jou skoonma, jou inlig hoe haar seuntjie nou eintlik behandel moet word nie.

Jy hoef jou nie aan jou ouers se idees te steur nie, maar as jy wys is, sal jy dit wat hulle se , ernstig oorweeg en oordink voordat jy dit sommer afmaak as simpel, net omdat dit die oumense is wat so se.

Onthou dat ouer mense baie meer ervaring van die lewe het as wat julle tans het.  Hulle sien dalk goed wat julle nie raaksien nie of belangrik  ag nie . Ouer mense het nogal die (irriterende?) manier om dikwels reg te wees.  So kan julle maar luister wat julle pa omtrent mans ( en ook meisies!) se.  Hy het nogal goeie mensekennis en is nogal dikwels reg met sy opsommings oor mense se geaardhede.  En hy is ook ‘n kenner van wat mooi is. Hy voorspel bv altyd die mej Suid Afrika reg!

My eie pa het niks van my vegetarier vriend gehou nie, konsuis omdat sy hare te lank was- en ek was mal verlief op hom! Dit het nogal tot konflik gelei, maar uiteindelik het ek en hy tog wel uitgemaak om heel ander redes.  Later raak hy toe verloof aan iemand anders, en die dag van die troue staan sy bruid en al die gaste vergeefs voor die kerk en wag. Hy het eenvoudig net nie opgedaag nie- sonder om haar te laat weet! Nouja, erens moes my pa iets van daardie gebrek aan konsiderasie en verantwoordelikheid bespeur het, ne.

Verder kan julle gerus onthou dat dit nogal ‘n skok vir die ouerlike gestel is om hulle onskuldige kind skielik in die arms van ‘n kerel ( of nooi) te sien! Hierdie skok kan aangenaam of onaangenaam wees, afhangende van die ouer se opinie omtrent die ou. Die fliek” Father of the Bride” wys op humoristiese wyse eintlik baie mooi hoe ‘n pa voel oor sy dogter.Kyk dit gerus, julle sal dit geniet.

“Beproef alle dinge en behou die goeie” is dus hier ter sprake. Moenie ouerlike kritiek sumier verwerp nie, ondersoek eers die saak  so objektief moontlik voor jy dit afskiet.

Tans is ons darem heel tevrede met julle outjies!

Nag, my engeltjies!

Ma

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Ma se seksboek. Bookmark the permalink.

2 Responses to Ma se seksboek. Ekstra brief wat ingevoeg gaan word: Brief 25 ouerinmenging

  1. toortsie sê:

    en ek is mal oor my kinders se meisies… maar ons kan maar luister na ons ouers… Baie keer word kinders juis deur die “andersheid” van die ander huise getrek, maar op die ou end is dit juis die andersheid wat probleme maak, wat jou begin irriteer…
    O ja, eks baie bly daar kom nog briefies by. Doet so voort!!

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s