Liewe Leanie, Annika en Lienkie
Miskien moet ons nou eers ‘n bietjie gesels oor die manlike ego.
Ai, toggie die ego! Aan die een kant is hy so verseker van homself, aan die anderkant kry die ego so maklik seer. En hy moet die heeltyd “geboost” word. Deur jou!
Kyk maar hoe geniet die ouens die aandag van die meisies. En hoe maklik val hulle as ‘n meisie haar flikkers vir hom gooi. Hy kom nie agter as sy by hom probeer aanle nie, hy dink net dis ‘n oulike meisie – en kom sy fout later agter.
Die wat baie meisies kry wat om hulle draai, maak dikwels maklik misbruik daarvan. Maar hulle soek ook die aandagg van daardie een wat hom ignoreer.Hy wil ook haar aandag he. Maar die weet julle nou reeds.
Kom ons kyk na julle eie ouens. Hulle wil ook baie graag die aandag en vleitaal he- maar van julle, want julle is die meisies wat hulle gekies het. Moenie nalaat om hulle te komplimenteer en te prys nie. Dit laat hulle lekker en geliefd voel. Bovenal is dit goeie maniere.
Wees altyd opreg, maar soek iets waaroor jy hom kan prys. As hy vleis gebraai het, se virr hom hy het die vleis lekker gebraai( in plaas van : dit was lekker,) As hy jou uitneem erens heen, se vir hom hy het ‘n wonderlike idee gehad ( in plaas van: dit was ‘n lekker aand) ens.
Hy het dit nodig om te voel dat hy reg doen.
Om die waarheid te se, hy wil graag soos ‘n koning voel. Jy hoef nie onderdanig te wees nie, maar daar is waarheid in die gesegde:” ‘n Man soek sy vrou kaalvoet en in die kombuis”.
Daar is klein dingetjies wat vir hulle baie belangrik is ( hoe simpel dit ookal mag klink). Bv: As ‘n ou of man by die huis kom, soek hy sy meisie of sy vrou daar. Hoekom weet geen mens nie, maar as julle nie daar is nie, is hulle ego gekrenk. Hulle voel nie so geliefd nie. Miles, my Engelse vriend, het eendag heel ontsteld vir my gese: “When I come home, I want you here!” (en ons was nie eers getroud nie en dit was my ma- hulle se huis, nie syne nie!).. As julle my nie glo nie, vra maar ‘n paar getroude vrouens. So sorg maar dat julle daar is as hy huis toe kom, en dra sy koffie/tee aan!( en wat van sy pantoffels, later?!)
Lees gerus die boek van Arnold Moll( ja, die oulike Michael Moll se pa): “Vrou van ‘n gelukkige man”.
Verder moet die man mos tradisioneel die leiding neem in alles. Veral met deesdae se gelyke regte vir vroue ens, sukkel die mans maar om hulleself te handhaaf.
Dink hoe moeilik dit vir jou sal wees om na ‘n ou toe te gaan en hom te vra om die aand saam met jou te gaan koffie drink/ fliek/ dans of watookal. Dink hoe jy sal voel as die ou se:” Nee dankie, ek stel nie belang nie”. Dink hoe jy sal voel as jy na jou ou toe gaan en hom wil omhels en soen en hy stoot jou weg en se:” Nee wag, nie nou nie” of “Hou nou eers op!”
Vir ‘n ou is hierdie wegstoot – verwerping, net so erg of erger as vir ons. Dit tas hulle manlike ego aan. Moenie verbaas wees as hy vir jou kwaad word nie!
Hoe dan gemaak? Moet hom nie wegstoot nie, maar wees eerder spelerig of gesels baie, of so-iets. Dis maar moeilik, maar probeer om hom nooit direk weg te stoot nie. Eintlik wil jy net he hy moet stdiger op die trappies, Maar jy tas sy ego aan en dit voel vir hom soos verwerping.
Die Bybel leer ons dat huweliksmaats mekaar nooit seksuele omgang moet weier nie. 1 Kor 7: 1-5. gee die volgende raad oor die huwelik:” Ek kom nou by die dinge waaroor aan my geskryf het. Dit is goed vir ‘n man om sonder ‘n vrou te lewe, maar weens die gevare van onsedelikheid behoort elke man sy eie vrou te he en elke vrou haar eie man. Die man moet sy huweliksplig teenoor sy vrou nakaom, en net so ook die vrou teenoor haar man. Die vrou beskik nie oor haar eie liggaam nie, maar die man: netso beskik die man ook nie oor sy eie liggaam nie, maar die vrou. Moenie mekaar omgang weier nie, behalwe met wedersydse toestemming en net vir ‘n bepaalde tyd 0m julle aan die gebed te wy. Daarna moet julle weer saamkom, sodat die Satan julle nie miskien weens julle gebrek aan selfbeheersing verlei nie.”
Daar is baie wysheid hierin. Onthou dit as julle eendag self getroud is.
Maar nou is julle jonk en ongetroud en wil die outjie graag he jy moet keer. Hy soek ‘n vrou met hoe sedes. Dit help as hy weet hoe jy voel oor sake, maar selfs dan sal jy dalk moet keer. Speel met hom, lag, druk ‘n lekker in sy kies, maar stop hom op so ‘n manier wat nie sy ego aantas nie.
Andersinds streel jy sy ego waar jy kan, en jy het ‘n gelukkige kerel.
Lekker slaap en baie liefde my kinders, more praat ons verder.
Ma
weereens krappie, goed gese. Weereens ook laat die bybel geen twyfel wat die samekoms tussen man en vrou (huwelikmaats) is nie.
Dankie Olga!
Soveel vra en net een antwoord!! In dit wat ek gelees het as man, wou ek dit sien, maar ook die nodige respek toepas. Alles is nie maanskyn en rose nie en ek verwag nie om elke minuut van die die dag bevredig te word in die “EGO” ding nie, ek is veertig jaar oud en vra net dit wat in die rubriek beskryf word ook toegepas KAN? of SOU? word, maar moet ook realisties wees om te sê dat alles nie altyd sal gebeur soos een persoon dit sou wou hê. Hetsy die man of die vrou nie. Jul is beskrywend baie akkuraat, en ook met die bybelse aanhalings. Die engelse gesegde van “If you want to diversify?? Adapt to change!!” verwys: My huwelik is vir my belangrik! Ook so my kinders, ook so my werk en ek glo ook so vir my vrou. Beide moet oppofferings maak.
Hallo Eebie, welkom hier. Ja, daar is geen onfeilbare resep vir die liefde nie, ne! Maar mans is nogal beroemd daarvoor dat hulle ‘n ego streling wil he! Dit is baie waar dat beide opofferings moet maak! Die briefies is nou in boekvorm bgeskikbaar @ R38 elk, +posgeld, as jy belangstel. Ek kry goeie terugvoering van mense wat dit gelees het.