Konsternasie op die stasie: 1.

Vervolg op ‘n Geskenk uit die Hemel.

Ons reel en organiseer.

Ons kry vir ons van daardie groot goedkoop Pep-sakke want hulle weeg niks.

Alles gaan klopdisselboom- tot ‘n week voor ons ry:

Noodkreet:” Ek het geval.  My pols is ontwrig en gebreek en dis B A I E seer'”

Oh no!

Die volgende dag kry Trommels ‘n operasie in Hermanus. Una bel bekommerd. ” Belowe my julle kanseleer nie darie vliegkaartjies nie!”

Wonder bo wonder stem die dokter in dat onse Trommels, wat voorheen verpleegster was, na 2 weke self haar steke in Mosambiek kan uithaal en haar stut verander na ‘n ander een, wat hy sommer noual voorskryf sodat sy dit kan saamneem.

Vir  swem is daar ook ‘n antwoord: ‘n Waterdigte plasiese omhulsel om die gebreekte arm, blykbaar beskikbaar by Discem.

So staan Seegogga en Trommels een oggend vrolik en vol verwagtig in die tou by die lughawe om ons Pepstore sakke te laat toedraai. Binne-in elke sak is koelhouer met vleis, ‘n boks wyn en  die minimum klere. 20 kg is min!

Ons sit ons handbagasie op die conveyor band en daar toet-toet die masjien.

Seegogga het ‘n gevaarlike wapen aan boord probeer smokkel!

Ek grawe in my handsak  rond en ontdek my klein rooi Vitorinox knipmessie wat ‘n vriendin my eenkeer present gegee het. Ek hardloop terug die lughawe gebou in, maar NERENS kry ek ‘n bêreplekkie of persoon wat bereid is om my messie op te pas tot ek terugkom nie.

0p die ou einde, nadat ek amper my vlug verpas het, druk ek my messie in die eerste beste lughawebeamte se hand.  “Here is a present for you”

Ek en Trommels drink ‘n vliegtuigwyntjie  ter herinnering aan ‘n rooi geliefde knipmessie.

Op die pragtige Afrika lughawe op Nelstruit, staan ons geduldig ( en tevergeefs!) en wag dat my Pepsak moet verskyn … het my bagasie sowaar al weer weggeraak?

Ek onthou dat ek ‘n ander dame ook met pepsakke in ‘n trollie sien loop het. Die lughawe manne hardloop haar agterna. Uiteindelik daag hulle op met my sak.”Groenewald!” Roep hulle ter bevestiging. Die ander dame het per ongeluk my sak ingepak!

Paul, the Green Lizzard se gawe gastehuiseienaar, neem vir my en Trommel op ‘n shopping spree – nog wyn, biltong, nog wyn, Kaas, nog wyn, koffie, nog wyn, boeke, nog wyn… en uiteindelik is ons in ons kamer vir die nag.

Ons draai die pastiek om ons Pepsakke af.

Trommeljie zip haar sak oop, en…: ” Dis nie my sak nie!”

word vervolg

Unknown's avatar

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Mosambiektrip. Bookmark the permalink.

7 Responses to Konsternasie op die stasie: 1.

  1. Una se gedagtes's avatar Una se gedagtes sê:

    Ek glimlag heerlik hier waar ek voor die waaier sit. Julle twee!

    Liked by 1 person

  2. Ohhh noooooo. Hoop julle kon die regte sakke opspoor

    Liked by 1 person

  3. Positief's avatar Positief sê:

    Hierdie raak ‘n lekker storie, waar julle twee mekaar se stories aanvul. Ek kan nie wag vir nog nie

    Liked by 1 person

  4. woordnoot's avatar woordnoot sê:

    Skryf!! Ons weet daar moet nog baie stories wees!!🤔😂

    Liked by 2 people

  5. Ons dink net aan die vleis. Boon op is in die ontdekte-verkeerde sak net speserye en ń lelike rok, wat ek nie wil hê nie.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op trommeltjies Kanselleer antwoord