Die tale wat ons praat: keyboardtaal.                     

Ek dink die meeste mense wat my ken, het al kennis gemaak met my touchscreentaal. Oh my word! Ek het die vermoë om die eenvoudigste woordjies na Grieks te verander of dalk na woorde wat gesensor behoort te word, op daardie  klein selfoonskermpie. Lees gerus hier:  https://seegogga.com/2021/07/20/die-tale-wat-ons-praat-touch-screen-taal/

Toe sien ek mos noudiedag ‘n advertensietjie op facebook van ‘n toevou draagbare miniatuur bluetooth keybordjie wat jou tik sal makliker maak. Jy dra hom sommer saam in jou handsak. En dit klink na die ideale ding vir my. Ek is min by die huis by my laptop (en bowendien is ek die die nuwe laptop, ookal meer as ‘n jaar oud, nie goeie vriende nie). Dikwels wil ek ‘n blog skryf, maar sien nie kans om elke tweede letter 5 keer oor te tik voor hy reg is nie.

Ek google. Daar is allerlei  sulke aparaatjies, die een mooier en duurder as die ander. Maar wag: hier is enetjie vir slegs R230. Seker gemors. Ek lees die reviews. Almal goed! En ek besluit om dit te waag.

En nou sit ek hier , entoesiasties om dit uit te toets –  en dit werk! Een van die dae sit ek in die coffieshop op Agulhas en blog!

Goed tik sal ek seker nooit, en daar is goedjies op hierdie keyboard wat ek nog nie verstaan nie, maar hierdie bloggie is op darie klein keybordjie getik.  Tik gaan beslis van nou af makliker wees, want:

Van nouaf doen ek keyboardtaal!

Bo is hy toegevou met ‘n ou selfoon langsaan om die grootte aan te dui, en onder is hy oopgevou, met mooi groot lettertjies.

Unknown's avatar

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in die tale wat ons praat, Los opdrifsels and tagged , , , . Bookmark the permalink.

7 Responses to Die tale wat ons praat: keyboardtaal.                     

  1. Una se gedagtes's avatar Una se gedagtes sê:

    Klink of jy hierdie dingetjie vreeslik geniet, Seegogga!👏🤗

    Like

  2. Dit is wonderlik om hierdie te lees. Ek verstaan so jou frustrasie wat jy beskryf van 5 keer oortik…. eish dit is my strud ook!!!

    Like

  3. Karinsegriffels's avatar Karinsegriffels sê:

    Dis nou interessant Seegogga. Waar kan mens dit kry en hoe word dit in Engels genoem? Klink heel handig.

    Like

  4. seegogga's avatar seegogga sê:

    Baie welkom hier, Karin, dis ‘n bluetooth portable high quality folded keyboard by takealot. Daar is baie, maar myne is d heel goedkoopste.

    Like

Lewer kommentaar op Karinsegriffels Kanselleer antwoord