Seegogga lê uitgeput op haarhangmat op die bont stoep van haar blou Rebushuisie. Dit was ‘n lang jaar van woel en werskaf. Sy was so lanklaas hier op Rebusfontein.
Sy hoop die ander GoueVroue kom ook. Sy het ‘n outydse skaapboud met braaiaartappels en groente ingepak, Trommels vol liefde en vrede en vars bessiesap wat sy met haar masjientjie maak. Ook het sy ‘n blom vir elke GoueVrou wat hulle in hulle hare kan sit.
Seegogga lê nog so en dink, toe Lolla aangewals kom. Om haar is groot bolle pienk en wit en blou spookasem. ‘n Ligte windjie tel haar op en sweef-sweef kom sy tot op Seegogga se stoepie. Sy lyk sowaar soos ‘n pienk pokkelfeetjie!
“Waar is jou rooi rokkie?” raas sy gemaak kwaai met Seegogga. “Dis tyd vir fees hou!”
“Sjoe jy is vinnig, Lolla! Maar hier is jou rooi bessiesap solank.”
Seegogga gaan spring gou in haar rooi rokkie in, sit ‘n blom in haar hare, en rooi op haar lippe. Die moeg het verdwyn. , Dis partytjietyd op Rebus!
“Kyk! Hier kom Woordnoot ook aangesweef!”
Die volgende oomblik skitter al die bome met die pragtigste liggies. Dit lyk soos ‘n sprokieswêreld so mooi.
Die eetgoed word uitgepak. Heerlike kaas en selfs Seegogga se staatmaker baconrolletjies.
“Daar kom Una en Frannie ook aan!”
Die GoueVroue gaan weer heerlik op Rebus kuier.
Seegogga stem saam met Lolla. Almal is so spesiaal. Die Here het hulle almal so mooi gemaak.
Sy bid vir almal die Rus toe wat net kan kom as jy veilig in Jesus se arms is. Sy bid hulle vrede toe en goddelike liefde en sy vra dit ook sommer vir die res van die wereld.
Geseënde Kersfees!


Sjoe, dit is pragtig en pragtige wense
LikeLiked by 2 people
Onse Seegogga, dankie dat jy solank die fort hou tot almal weer bymekaar is. Sulke spesiale wense, dankie, dankie.💝
LikeLiked by 2 people
Oeeeee dit lyk so mooi! Al die liggies … die pienk spookasem … al die rooi … bessiesap … skaapboud … heerlik. Mooi seënwense ook vir jou, Seegogga.
LikeLiked by 2 people
Oe…ek raak kinnerlik opgewonde!!! Ons het almal die Rebus fees nodig! Dankie vir die rooi sappies….
LikeLiked by 2 people
Dankie Seegogga, dit lyk en ruik heerlik. Dankie vir die mooi wense🌻
LikeLiked by 1 person
Mensig maar jy lyk mooi in jou rooi rokkie en daardie rooi hibscus blom in jou hare, jou huise is vol heerlike geure. Baie seën vir jou en mnr Krap.
LikeLiked by 1 person
Daai skaapboud klink heerlik. Dankie Seegogga vir die mooi wense en ook vir jou gesellige stoep hier op Rebus.
LikeLiked by 1 person
En nou us dit al weer tyd! Due Nuwe Jaar het reeds begin! En Seegogga is sommee dadelik agter!
LikeLike