Ontbyt op Rebusfontein, vervolg

Seegogga sit met haar egte room cuppachino op haar stoepie. Sy bekyk die tuintjie met die pragtige  blommetjies. Toortsie is al reeds weg om haar huisie te gaan opknap en uit te pak. ‘n Paar Towerinne dryf nog in die water rond op hulle lilo’s.

Frannie kom sit by haar met ‘n koppie tee.” En as jy nou so treurig lyk? Jy en jou niggie het ‘n wonderlike ontbyt gemaak.”

Seegogga skud haar kop. “Ek het regtig my bes probeer. En ek het gedog ‘n feestelike ontbyt gaan ons almal baie beter laat voel. Maar ek is nog hartseer.”

Frannie sug so ‘n ligte suggie. ‘Ek verstaan wat jy bedoel…”

”Jy weet, Frannie, ons is almal sulke goeie vriende. En kyk nou net: Kameel was hier maar sy wil nie nou terugtrek nie, sy wil eers by haar skoondogter bly, sy kort rus.” Perdebytjie, Hester, Vuurvliegie, Sonell en Trommeltjies is skoonveld. En waar is Scrapy en Una. Was hulle ooit hier?

“Wel Una is hier. Sy is ‘n vurige Rebosser. Woordnoot en Christa ook. En ek glo Scrapy ook. Sonell is mos besig met homeschooling, maar ek hoop sy kom terug nadat alles weer na normaal teruggekeer het. Bondeltjies ? Ek wonder waar is sy? En dink jy moet haar bietjie kontak om te hoor wat van haar geword het”

“Ek dink ook so” sug Seegogga.”Ons weet nou ook al dat Vuurvliegie nie meer wil saamtoer nie en ook nie meer in Rebos wil woon nie, maar nuwe hoogtes wil bereik. daardie stamp teen haar kop het groter skade aangerig as wat ons vermoed het. Sjoe, nie een van ons het besef dis so erg nie. Ek dink ons het dalk die pap te dik aangemaak ook, jy weet. As mens heeldag so whatsup en saamtoer en gesels, dan begin dinge later krap. Dink jy dit was met ons so?”

Frannie knik instemmend.

Seegogga neem nog ‘n teug aan haar Cuppachino.”en Perdebytjie? Ons het so lekker saam met haar getoer daar in Kaokoland. Wow! Jy weet ek hou mos ook daarvan om so bietjie rof te gaan in die natuur – soos die keer toe ons in die Moremi wildreservaat gaan stap het – sonder wapens of ‘n gids. en die keer toe ons ‘n hele paar dae in Botswana moes uitkom met net ‘n koppie water per dag – om te was sowel as tande te borsel. ” Seegogga dink terug aan jare gelede toe sy jonk was sonder ‘n bang haar op haar kop.

“Frannie lag lekker. “En sê-nou daar het ‘n leeu gekom?”

“Sjoe, ek weet nie! Gelukkig het ons net ‘n familie vlakvarke gesien wat stertjieorent deur die gras gehardloop het. Maar as ek dalk weer in so ‘n situasie kom, hoop ek Perdebytjie is daar om die foto te neem!” Seegogga kry sommer warmer as sy aan daardie dag in Botswana dink.

“Maar Hester…. ai ek is jammer sy is nie hier nie. Sy het foutiewelik gedink dat ons nie meer wou saamtoer nie, en ons WOU!”

“Ja, maar toe wil die tent mos nie opstyg nie – agv jou skerp knypertjies. Toemaar,” troos tannie Frannie, toe sy sien hoe hartseer Seegogga lyk. “Toortsie sê  haar man sal mnr. Krap help om die tent weer mooi heel te maak.

“Sjoe, Frannie, ek hoop so.  Ek hoop hy kan weer hoooooog vlieg en wonderlike werelddele verken. Solank Rebusfontein net nie weer verdwyn nie!”

“Ek glo darem nie”, sê Frannie. “Het jy dalk nog van JAN se piesangballetjies oor?”

“O ja ! Frannie! Kom! Ek kan self doen met bietjie soetigheid!” Frannie en Seegogga kry vir hulle elkeen nog ‘n paar balletjies. en VirgoC en Positief sluit by hulle aan  – Positief met haar eie versterkinkie.

Die son skyn heerlik en die viertjies  sit langbeen op die stoep. “Op nuwe horisonne en nuwe avonture!” sê Positief en lig haar glasie.

“Lank lewe Rebus!” klink Frannie en Seegogga saam. Dis ‘n mooi dag.

 

 

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in feeverhale en ander stories, rebusfontein, perfect day, vriende, nostalgie, rhebusfontein, Vertelling: Die Juffrou en John. Bookmark the permalink.

15 Responses to Ontbyt op Rebusfontein, vervolg

  1. Daar is darem twee nuwe inwoners ook, hulle huisies kom mooi aan.

  2. appeltjie sê:

    Ek is ook ‘n nuwe intrekker. My 4X4 en tente moet net opgeslaan word. Ek oorweeg dit om ‘n “container home” daar op te slaan. 2, sodat Neef ook daarin kan pas. Ek wip tussen 16 en 19, maar as mens 16 omdraai is dit 19, so ek toor myself in 16 in. Almal neem asb kennis.

  3. Toortsie sê:

    Jy het regtig hard probeer Seegogga.

  4. Vat jy my nou ver, ver terug met Nelson Eddy…Dis so lekker op jou stoepie, die lug is so vars en verfrissend. Una is hier, hoor, ek het Danie netnou saam met Lelik gesien.

  5. Positief sê:

    Môre julle 2 dames wat so mymer oor die verlede, mag ek vir ‘n oomblik ook iets sê, of is ek weer vergeet?

  6. Una sê:

    Seegogga, ek kan ook nie wag dat die towertent weer opstyg nie, maar ek het net eers asemskep tyd nodig. Tyd om ñ paar dingetjies in en om my huisie te verander, en tyd om net weer seker te maak dat Rebus nie net met die die spuit van steriliseerders kan verdwyn nie. Dinge vorder darem, en jou heerlike ontbyt het baie gehelp.xxx

  7. woordnoot sê:

    Tyd, Seegogga…gee als net tyd.

Lewer kommentaar op seegogga Kanselleer antwoord