Struisbaai special

Dis die einde van 2019. En op Struisbaai is dit baie spesiaal, veral vandag.

Miskien is die belangrikste dat vandag n baie mooi dag was- die eerste een hierdie vakansie sonder ‘n stormsterk wind! Ons kon saam met skoonseun op sy jetski ry; vir Parrie (gemeenskaplike naam vir Skuitbaai se mak pylsterte) loer; met kleinseun op die strand speel; ‘n drankie gaan drink by die ou wrak….

Vandag is ook die dag van die rubberducks. Elke jaar op 30 Des kom die rubberducks volspoed hier aangejaag – deel van die Trans Agulhas resies van Nature’s Valley tot op die Gordonsbaai. Dis groot opwinding vir die jaers en ook vir vakansiegangers om te sien hoe die ouens jaag, uitspring en hardloop om eerste by die eindpunt te kom.

Terwyl ek hier tik, breek my man houtjies vir ons braai en hier op ons gras het nou sopas n ” brassband” aangekom. Elke jaar stap hulle so van huis tot huis om ons te “serenande” met Kersfees of Nuwe jaar. Dit is ‘n tradisie hier op Struisbaai wat al van my kinderjare af aankom en is sooo spesiaal. Dit vertel van gemoedelikheid, vrede en vakansie!

Moreaand is daar weereens ‘n onbeplande vuurwerkvertoning om van te droom op Struisbaai se sandplaat, en waarskynlik soos altyd ‘n paar jong manne wat in die lig van die vuurpyle gaan kaalnael see toe om te “skinnydip.”

Daar is waarskynlik ook soos altyd ‘n middernagdiens om die nuwe jaar in te lei.

Mag julle die ou jaar met ‘n lied in die hart uitgaan en die nuwe jaar met ‘n Nuwe Lied in die hart ingaan!

Groete en vrede in die jaar 2020 vir jou wat hier lees.

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Die Overberg: my wereld., Kersfees, Los opdrifsels, Overberg, Seestories. Bookmark the permalink.

18 Responses to Struisbaai special

  1. Klink vir my idillies Seegogga. Ek wens jou ook ń fantastiese 2020 toe, vol vrede.

  2. Toortsie sê:

    Sjoe, die wind is omtrent erg vanjaar en ons het weer nie water nie, maar dis kleinigheid. Ek hoor daar het baie rubbaducks onttrek oor die see so stormagtig is.
    Mag 2020 vir jou goed wees, liewe vriendin.

  3. Toortsie sê:

    Die brass band kom nie hier by ons verby nie, wel die sangers gewoonlik op oukersaand.
    As ons gelukkig is, sal daar hopelik binne die volgende uur ‘n bietjie water kom. 😊

  4. seegogga sê:

    ja eerste keer was my arme vakansie gangers ook getref. Maar waarom dit vandag weer verkeerd is, weet ek nie.

  5. Klink lekker… onthou net ons het die rubber ducks spesiaal gisteroggend vir julle gestuur hier van Stilbaai af🤔

  6. Ai, die manne speel mooi musiek! Voorspoedige Nuwejaar!

  7. Ag jinne dit klink so lekker. Hoop julle het dit vreeslik geniet

  8. aj vosse sê:

    Goed om te sien jy is weer aktief hier.
    Mag 2020 vir julle meer pret bring as wat julle kan deurwerk… dit sal maak dat julle moet deel!
    😁😁
    Net so btw… daai foto van die seuntjie in die venster – ‘n WENNER!!👍👍

Lewer kommentaar op trommeltjies Kanselleer antwoord