Kunsuitstalling op Rhebusfontein – wonderlik!

O my Word – noot! Dis mos so in my kraal! Wil julle kuns he? Ek het baie!!! (BAIE!).Hoekom?Wel, my ma het geskilder, en ek, en my 3 kinders, en ek het ‘n raambesigheid… en ook ‘n voëtjie wat los in die huis rondvlieg…

Nou die dag kom ‘n goeie vriendin hier sit en tee drink. Sy sit nog so sedig, en toe bars sy skielik uit van die lag. Ja?

” Ai, Anna-Marie , jy met jou skewe skilderye!” lag sy . “Nie een hang reguit nie!”

Ek beskou hulle…Sy is sowaar reg. Dis net, ek kom dit glad nie agter nie. Met ‘n voëltjie wat graag op die rame gaan sit, en met die dat ek na die prentyjie kyk en nie na die netheid nie, kom ek glad nie agter dat hule skeef hang nie en dat pla my ook glad nie.

Ek vertel haar dat ek jare gelede dit al oorweeg het om doelbewus al die prentjies woes skeef te hang om die klakouse grys hare te gee. Dit was egter te veel moeite. My voëltjie doen dit sommer vir my.

Ons besluit dat ek dalk bo teen die muur ‘n kennisgewing moet opsit – iets soos: “Is jy ‘n square, of is jy ‘n kunstenaar?”of “Hang hy reguit of hang hy skeef? Dis die prentjie binne wat leef.” of…Maar nou moet ek prentjies kies vir ons wonderlike kunsuitstalling.

Hier is ‘n paar.

003

kersfees 001

matriek uitnodiging 2018-03-14 001

Hier is ‘n paar. Bo is n bestelling wat my ma, Annie van Graan, gemaak het vir n vrou wat rooi rose wou hê. My ma het gevoel net donkerrooi doen dit nie vir haar nie en het toe verskillende skakerings rooi rose gemaak. Die vrou was nie beïndruk nie, maar ons was! Toe koop my man dit.

In die middel is my 5 minute prentjie wat d hele wereld seker al nou gesien het. Ek het hom vinnig A5 grootte geverf vir my eerste kersfees as blogger, en in n vlaag van ” aan d kant maak- get rid of clutter” my oorspronklike prentjie wat hier rondgelê het, weggegooi. Die volgende jr het ‘n bekende SA tydskrif d prentjie vd internet af gegaps en gepubliseer sonder om my erkenning te gee. Toe ontdek ek dat die prentjie ongeveer 2 jr lank heel eerste op die lys is as jy ” mooi kersfeesprentjies” tik. Nou is dit nie meer eerste nie,, maar steeds taamlik bo.

Die derde prentjie is ook een van my 5 min prentjies van ons rowwe strandhuisie, Rus ‘n Bietjie. Ek het dit geverf vir die uitnodigingskaartjie van ons matriekreünie. Dis nie wonderlik nie, maar die huisie is! En ek is mal oor daardie ou huisie!

Maar wag, hier is nog ‘n paar:

Hieronder is die prentjie, nee prent, wat ek in opdrag van my jongste geverf het vir haar troue. Dit is 4m by 6 m en die voorste geboue is lewensgrootte. Ongelukkg is die sye van die foto weerskante afgesny.

IMG-20190903-WA0005.jpg

Die volgende prentjie is met bordkryt geteken op ‘n volle sheet hardboard wat met swartbordverf geverf was, en teen die buitemuur van ons destydse restourant gemonteer was. Ek moes op ‘n tafel staan om by te kom en dit was ‘n advertensie vir ‘n motorfiets byeenkoms wat by ons sou kom ontbyt eet. Ek was self verbaas dat die fiets darem soos een gelyk het.

In wind en weer het ek gereeld op daardie tafel gaan staan en teken. Daar is iets spesiaals aan die verganklikheid van bordkrytprente. Eenkeer het ek ( vir my nogal ‘n baie mooi ) landskap gemaak van die landerye met die ronde bale wat so lê, om die einde van die oes te gedenk. Net voor ek klaar was, het die eerste druppels begin val. ‘n Halfuur later was my prentjie afgereën en niemand het dit gesien nie, behalwe my man se broer, wat gelukkig ‘n foto daarvan geneem het.

IMG-20190903-WA0009.jpg

As ek nou net in die dag daaraan kan dink, plaas ek nog prentjies- van my skewe prente en my kinders se skilderytjies ens. Ek sal darie kunsuitstalling sommer alleen alleen volmaak!”

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Ongekategoriseerd. Bookmark the permalink.

50 Responses to Kunsuitstalling op Rhebusfontein – wonderlik!

  1. Toortsie sê:

    Ek hou baie van jou ma se rose en jou prente. Sterds mal oor daardie straattoneel by Gerda se troue.

  2. Toortsie sê:

    Jy moet daardie skewe bordjies maak en verkoop. Ek dink dit gaan baie gewild wees. Adverteer hulle sommer op Bidorbuy en pos hulle die wêreld vol.

  3. Una sê:

    Hier seën jy ons sowaar met ń paar pragtige prentjies!

  4. Watter heerlikheid! Kom wys ‘seblief nog – ook daardie een van die wasgoed? (Wanneer ek weer obsessief-kompulsief ‘n skewe prenty wil regdraai, sal ek jou les onthou dat dit die prent is wat saak maak!) ❤

  5. Positief sê:

    Jy is wonderlik talentvol, die kuns-uitstalling gaan ‘n fees wees met al die mooi goed daar

  6. woordnoot sê:

    Jinay het my vertel dat jy nog uitstallings gaan hê! Wys! Wys!!

  7. ekmyselff sê:

    Wow dit is SO mooi, ek het nou heerlik hier by jou gekuier.

  8. Kameel sê:

    Geweet jy is talentvol…..skewe prente en al. Ek lief daardie motorfiets.

    • seegogga sê:

      Jong, die een helfte van die motorfietsbende wil my kruisig – ek het dalk ‘n ander soort motorfiets as hulle s’n geteken. Die Harley ouens glimlag vriendelik en tevrede. Hulle is verhewe bo sulke jaloesie – duidelik in ‘n ander klas en gee nie eers om dat dit nie hulle motorfiets op die prentjie is nie.

      • Kameel sê:

        Laat my dink wat my swaer gesê het toe ons toeka ‘n karavaan wou koop. Daar is ‘n groot verskil tussen ‘n karavaan en ‘n woonwa. ‘n Jurgens is ‘n woonwa, en al die ander make is karavane. Ons het toe ‘n woonwa gekoop en op karavane neergekyk 😊 (Ek terg sommer oor die neerkykery maar ons het ‘n woonwa gehad.)

      • seegogga sê:

        Ha ha, Kameel – ek sal dit vir my nefie vertel wat kravane ( of dalk woonwaens?) opkoop, opbou en weer verkoop!

  9. Kameel sê:

    Jy moet jou blog op InLinkz gaan plak 😊

  10. Liewe aarde Seegogga, nie net is jy ‘n talentvolle vrou en dogter van ‘n talentvolle moeder nie – jy het sommer die gene oorgedra na jou kinders toe ook. Jy het pragtige skilderye.

  11. Sjoe, Jy is talentvol, Seegogga! Pragtig, pragtig!!

  12. Inderdaad jou Kersfeesprentjie is nog in die hoogste gestoeltes – ek het gaan google.

    https://seegogga.com/2013/12/19/kersfeespresent-kerskaartjie-en-kerswense/

  13. Goggie jou prente is MOOI!!!! Ag hoekom is jy nie naby nie dan kon ons saam geverf het en dan kon jy myne geraam het…

  14. Seegogga ek is mal oor jou skilderye. Jy is SO talentvol.

Lewer kommentaar op HesterLeyNel Kanselleer die reaksie

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s