seegogga se droomhuisie in die binneland

Seegogga kruip nou al geruime tyd weg in ‘n leë ou alikrukskulp. Dis baie makliker om opgekrul daar te lê en te kyk wat ander doen, as om uit te klim en te woeker en te werk en te doen.

Sy weet sy moet woordsnoere maak, maar sy het net nie krag nie. Sy weet van pêrelsnoere, en seegraskettinkies, maar om woordsnoere te maak, moet ‘n mens dink, en sy is juis op die oomblik so suf gedink.

Veilig en donker en weg van die wereld af – hier lê sy en jammerkry vir haarself. Sy sien die towerinne se vrolike geskarrel in hulle spesiale dorpie, en sy wil graag gaan, maar ai,  sy kom net nie sover nie. Sy hoor hulle roep, saggies en geduldig. ” Gentle” is die woord wat in haar kop spring. Hulle is almal sooo dierbaar.

Seegogga dink sy moet haar eie huisie ontwerp – ‘n skulphuisie amper soos die een hier by die see. Sy hoor daar is ‘n dinee, en sy is so lief vir knibbel! Terwyl sy nog wonder oor haar huisie, stuur die towerinne vir haar ‘n foto van die allermooiste huisie denkbaar. Hulle het haar sowaar verras! Sy hoef nie ‘n nuwe huisie te ontwerp nie, hulle het sommer vir haar enetjie gekry -pragtig, vol landsblommetjies, maar met die mooiste turkoois afwerkings en blompotte om te pas by haar – iets wat die see bietjie nader bring en die huisie vir haar so ongelooflik mooi maak! Hulle het tot vir haar ‘n paar linedance bootjies daar neergesit! Die Towerinne is sowaar ongelooflik, dink sy gelukkig.

Sy strek haar knypertjies styf- styf uit, en wikkel uit die skulp uit – in die vrolike sonlig in. Sy rek en strek. Toe lag sy heerlik. Sy gaan dadelik aan die werk spring. Daar is heerlike kossies wat sy wil saamneem –  Mosselsop, allekruk voorgereg, suurvytjiekonfyt, mmm waterblommetjie bredie en soet duineheuning.  Vir die wis en die onwis gooi sy ‘n paar bottels Strandveldwyn ook in haar mandjie. Sy gaan Rebusfontein toe! Na die beste vriendinne ooit!

Seegogga stuur gou ‘n riemtelegram Soweto toe. Sy wil vir Patricia, Trevor Noah se ma, ook nooi om saam te kom. En ‘n sy stuur ‘n duifie op Hemel toe. Haar eie ma moet ook daar wees. Twee sulke besonderse mense! Sy hoop sooo hulle kan kom. Daar is so baie wat sy vir hulle wil sê en wil vra.

Op die nippertjie gooi sy ook ‘n paar stiletto’s in. ‘n Mens weet nooit…..

“Rebusfontein, hier kom ek!”

 

towerin huisie

WIL JY KOM SAAM KUIER? MAAK SO:
Ons langtafel is sosiaal en gemeensaam van aard. Ons kinkel is dat elke Towerin en Blogmaat plek vir haar of homself en twee gaste aan die tafel het. Dit moet ‘n beroemde of bekende persoon wees – een wat jy bewonder en een wat jy verpes. Dis nou lewendes en die wat ons reeds vooruit is. (Broodina het ons mos geleer om selfs die van wie ons nie so baie hou nie, te aanvaar.)

Ook moet jy asseblief iets lekker bring om aan jou gaste en ons ander voor te sit. Vertel hoekom, en deel die resep as jy wil.

Kom ons kuier, begrawe strydbyle, bou brûe, smee vriendskappe en smul lekker saam soos net Rebusfonteiners kan.Lees hier om te sien wat die Towerinne alles doen: 

Lees hier om te sien wat die Towerinne alles doen: https://fresh.inlinkz.com/p/f3a95533873d4e39950509a1af369d8a

https://fresh.inlinkz.com/p/f3a95533873d4e39950509a1af3

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Ongekategoriseerd. Bookmark the permalink.

24 Responses to seegogga se droomhuisie in die binneland

  1. Hoera! Sien uit na die waterblommetjiebredie – njam, njam!

  2. Una sê:

    Seegogga, jy is hier! Jou huisie is net die mooiste ooit. En jou eetgoed! Ons kon nie wag dat jy opdaag nie, welkom, welkom!!!

  3. Toortsie sê:

    Seegoggels! So bly jy is op pad en jou kos laat my mond behoorlik water! Alles waarvoor ek so lief is! Ons wag vir jou in Rebusfontein. ❤️

    • seegogga sê:

      Ai Toortsie, jt het vir my die lif op die pad gegooi sodat ek nie verdwaal het nie. El kan nie wag om julle qlmal weer te sien om daardie lang tafel nie. Miskien broei ons daar wonderlike nuwe avonturw uit: misdaad, romanses, reise en allehande avonture!

  4. Hallooo! Welkom terug in ons midde. Mwah!

  5. Kameel sê:

    Ah jy is oppad, ons wag om jou te verwelkom. Waterblommetjies…nog altyd gewonder hoe smaak so ‘n bredie.

  6. Una sê:

    Mosselsop! Jy maak my dag, Seegogga!

  7. Jahoooo, jippiejaaijey uiteindelik is jy hier. Love jou huisie! Het jy die jêm tertjies gekry wat ek op jiu kombuis tafel gelos het?

  8. woordnoot sê:

    Jippie jaai jaai!!! Jy is hier!!!

  9. Seegogga jy is my favourite al daardie kossies wat jy so noem het ek nog nooit geproe nie en nou gaan ek die kans kry om dit te doen. Jippie!!!! Baie bly jou moeksie kom ook saam kuier. Daar is tog so baie wat n mens hul nog wil vra en vertel. Sien jou bietjie later.

Lewer kommentaar op scrapydo2.wordpress.com Kanselleer die reaksie

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s