Seegogga kruip nou al geruime tyd weg in ‘n leë ou alikrukskulp. Dis baie makliker om opgekrul daar te lê en te kyk wat ander doen, as om uit te klim en te woeker en te werk en te doen.
Sy weet sy moet woordsnoere maak, maar sy het net nie krag nie. Sy weet van pêrelsnoere, en seegraskettinkies, maar om woordsnoere te maak, moet ‘n mens dink, en sy is juis op die oomblik so suf gedink.
Veilig en donker en weg van die wereld af – hier lê sy en jammerkry vir haarself. Sy sien die towerinne se vrolike geskarrel in hulle spesiale dorpie, en sy wil graag gaan, maar ai, sy kom net nie sover nie. Sy hoor hulle roep, saggies en geduldig. ” Gentle” is die woord wat in haar kop spring. Hulle is almal sooo dierbaar.
Seegogga dink sy moet haar eie huisie ontwerp – ‘n skulphuisie amper soos die een hier by die see. Sy hoor daar is ‘n dinee, en sy is so lief vir knibbel! Terwyl sy nog wonder oor haar huisie, stuur die towerinne vir haar ‘n foto van die allermooiste huisie denkbaar. Hulle het haar sowaar verras! Sy hoef nie ‘n nuwe huisie te ontwerp nie, hulle het sommer vir haar enetjie gekry -pragtig, vol landsblommetjies, maar met die mooiste turkoois afwerkings en blompotte om te pas by haar – iets wat die see bietjie nader bring en die huisie vir haar so ongelooflik mooi maak! Hulle het tot vir haar ‘n paar linedance bootjies daar neergesit! Die Towerinne is sowaar ongelooflik, dink sy gelukkig.
Sy strek haar knypertjies styf- styf uit, en wikkel uit die skulp uit – in die vrolike sonlig in. Sy rek en strek. Toe lag sy heerlik. Sy gaan dadelik aan die werk spring. Daar is heerlike kossies wat sy wil saamneem – Mosselsop, allekruk voorgereg, suurvytjiekonfyt, mmm waterblommetjie bredie en soet duineheuning. Vir die wis en die onwis gooi sy ‘n paar bottels Strandveldwyn ook in haar mandjie. Sy gaan Rebusfontein toe! Na die beste vriendinne ooit!
Seegogga stuur gou ‘n riemtelegram Soweto toe. Sy wil vir Patricia, Trevor Noah se ma, ook nooi om saam te kom. En ‘n sy stuur ‘n duifie op Hemel toe. Haar eie ma moet ook daar wees. Twee sulke besonderse mense! Sy hoop sooo hulle kan kom. Daar is so baie wat sy vir hulle wil sê en wil vra.
Op die nippertjie gooi sy ook ‘n paar stiletto’s in. ‘n Mens weet nooit…..
“Rebusfontein, hier kom ek!”

WIL JY KOM SAAM KUIER? MAAK SO:
Ons langtafel is sosiaal en gemeensaam van aard. Ons kinkel is dat elke Towerin en Blogmaat plek vir haar of homself en twee gaste aan die tafel het. Dit moet ‘n beroemde of bekende persoon wees – een wat jy bewonder en een wat jy verpes. Dis nou lewendes en die wat ons reeds vooruit is. (Broodina het ons mos geleer om selfs die van wie ons nie so baie hou nie, te aanvaar.)
Ook moet jy asseblief iets lekker bring om aan jou gaste en ons ander voor te sit. Vertel hoekom, en deel die resep as jy wil.
Kom ons kuier, begrawe strydbyle, bou brûe, smee vriendskappe en smul lekker saam soos net Rebusfonteiners kan.Lees hier om te sien wat die Towerinne alles doen:
Lees hier om te sien wat die Towerinne alles doen: https://fresh.inlinkz.com/p/f3a95533873d4e39950509a1af369d8a
https://fresh.inlinkz.com/p/f3a95533873d4e39950509a1af3
en hier: https: //fresh.inlinkz.com/party/942da9e9f0524c6b982439c66cceced1?visitor3

Hoera! Sien uit na die waterblommetjiebredie – njam, njam!
LikeLike
Jong, ek is nie n wafferse kok nie, maar ek glo die waterblommetjie bredie sal reg wees Bly jy hou daarvan!
LikeLiked by 1 person
Seegogga, jy is hier! Jou huisie is net die mooiste ooit. En jou eetgoed! Ons kon nie wag dat jy opdaag nie, welkom, welkom!!!
LikeLike
Ag dankie dat julle so goed is vir my Una! Ek gaan so lekker hier bly! Wie weet? Dalk kry ek eendag n woordsnoer ook reg!
LikeLiked by 1 person
Jou huisie is so absoluut jy!!!
LikeLike
Seegoggels! So bly jy is op pad en jou kos laat my mond behoorlik water! Alles waarvoor ek so lief is! Ons wag vir jou in Rebusfontein. ❤️
LikeLike
Ai Toortsie, jt het vir my die lif op die pad gegooi sodat ek nie verdwaal het nie. El kan nie wag om julle qlmal weer te sien om daardie lang tafel nie. Miskien broei ons daar wonderlike nuwe avonturw uit: misdaad, romanses, reise en allehande avonture!
LikeLiked by 1 person
Erg opwindend! ❤️
LikeLike
Hallooo! Welkom terug in ons midde. Mwah!
LikeLiked by 1 person
😉😁
LikeLike
Ah jy is oppad, ons wag om jou te verwelkom. Waterblommetjies…nog altyd gewonder hoe smaak so ‘n bredie.
LikeLike
Mosselsop! Jy maak my dag, Seegogga!
LikeLike
Mmm so bly nog iemand hou baie daarvan
LikeLike
Jahoooo, jippiejaaijey uiteindelik is jy hier. Love jou huisie! Het jy die jêm tertjies gekry wat ek op jiu kombuis tafel gelos het?
LikeLiked by 1 person
O is dit jy wat hulle daar gesit het? Baie dankie! Dit was smullekker! ( maar munie vir Tòrtsie sê ek get daarvan geëet nie, hoor!)
LikeLike
Nee jong Toortsie sal my afslag oor ek al die verkeerde goed aangee
LikeLiked by 1 person
Die lekker ding is- in Rebusfontein kan ons eet wat ons wil- sonder enige nagevolge! Het iemand dalk tiramisu ook gebring vir die dinee?
LikeLike
Goggie, ek was te besig om die menu behoorlik te bestudeer. Hopelik settle dinge om my sodat ek weer kan deelneem aan al die verrigtinge…
LikeLike
Jippie jaai jaai!!! Jy is hier!!!
LikeLike
Seegogga jy is my favourite al daardie kossies wat jy so noem het ek nog nooit geproe nie en nou gaan ek die kans kry om dit te doen. Jippie!!!! Baie bly jou moeksie kom ook saam kuier. Daar is tog so baie wat n mens hul nog wil vra en vertel. Sien jou bietjie later.
LikeLiked by 1 person
Jy sal maar in d Kaap moet kom kuier as jy weer eendag SA kom besoek!
LikeLike
Sal beslis so maak. Ek was maar my lewe lank n ou Vaalpens.
LikeLike
Nouja! Daar is nuwe dinge om tw onrdek hier! Ek en Toorts sal jou inlei!
LikeLike
Dankie sie uit daarna.
LikeLiked by 1 person