Vanoggend loop iemand wat my nog nie goed ken nie, my raak daar reg voor OK op Struisbaai.
“Hallo!” groet sy vriendelik. “Wat maak jy hier? Hou jy so ‘n bietjie vakansie?”
En dadelik kom die woordjies wat ek jare gelede hier op die bloggie geskryf het in my kop, dus skryf ek dit sommer vannaand weer hier, met ‘n paar klein veranderinge
IT’S SUMMERTIME
It’s summertime, and off to the sea I go,
not to swim, walk the beach, or suntan – no!
But to work – wash toilets, make beds, sweep floors…Oh!
It’s summertime so off to the sea I go!


Seegogga, dis te oulik!
LikeLiked by 1 person
Dankie Una! Ek hoo julle kuier heerlik daar oor die water!
LikeLike
Struisaai blues!
LikeLiked by 1 person
Ha ha! Ja Lewies! Maar Desember gaan ons self!
LikeLike
Ons gaan volgende week vir twee dae na Aghulhas Nasionale Park vir ‘n vinnige wegbreek. Deel van die roetine is vis en tjips by die restaurant by Struisbaai se hawe.
LikeLiked by 1 person
Nou toe nou! Proveer ook gerus due seashack op Steuisbaai as hulle oop is. Heerlik
LikeLiked by 1 person
Die realiteit, né
LikeLiked by 1 person
Ja! Wie het gedink dis glamerous om ‘n selfsorgeenheid by die see te he?
LikeLiked by 1 person
Haha, kostelik! Dis presies hoe dit gaan, veral as al die familie en vriende ook saam kom vakansie hou! Ek het eerstehandse ervaring daarvan.
LikeLiked by 1 person
ek verhuur weer ons plekkies en as die towerinne nie daar bly nie, bly daar ander vakansiegangers! Maar Desembers, gaan ek darem self en doen steeds al die goeters- voeg net asb babysit daarby!
LikeLiked by 1 person
Hou baie van die skets – is dit joune? Ek kan die wind voel en die see ruik…
LikeLiked by 1 person
ja Frannie, by gebrek aan foto’s doen ek soms sommer sulke vinnige 5-minute sketsies sommer met ‘n balpuntpen, of soms kleurkryt,. Een so ‘n 5 minute kleurkrytprentjie is deur die tydskrif “Lig” gegaps en gepubliseer, en was byna twee jaar lank heel eerste wanneer ‘n mens “mooi Kersfeesprentjies” op Google images tik. Ek het ongelukkig niks gedink van my treffer nie, en in ‘n vlaag van huis aan die kant maak, die oorspronlike prentjie weggegooi ( nee, weggesmyt is eintlik die regte woord – ek is lekker kwaad vir myself, maar hoe moes ek nou weet?
https://seegogga.com/2012/11/19/om-te-copy-en-paste/)
LikeLiked by 1 person
Danie vir die kompliment, Frannie!
LikeLike
Het al baie gesien dat begaafde beeldende kunstenaars hulleself onderskat!
LikeLiked by 1 person
Dis pragtig! Ek het regtig gedink dis Katherine Harris wat Alba Bouwer se Stories van Rivierplaas geillustreer het.
LikeLiked by 1 person
Ha ha Lewies, hoe maak jy nou my dag. Ek sal my wat verbeel om met haar vergelyk te word . Ek hou sooo van haae rowwe en gelukkige sketse!
LikeLiked by 1 person
Waarheid!
LikeLiked by 1 person
sa! so sal dit wees, ne!
LikeLiked by 1 person
Wat maak jy met al hierdie talente van jou? Jy weet jy mag hulle nie begrawe nie…nie eers deur toilette skoon te maak nie.
LikeLiked by 1 person
Ha ha Kameel, ek illustreer mos my blog!
LikeLiked by 1 person
Ugh!! By die see, wil ek in elke hoekie en gatjie gaan kryp. Beslis nie werk nie.
LikeLiked by 1 person