Kersfeespresent, Kerskaartjie en Kerswense

Mmm, tog te snaaks. Deesdae lees almal skielik weer my bloggie: Dit is vakansietyd wat ek Desember 2011 geskryf het, asook  Om te copy en te paste wat ek in Desember 2012 geskryf  het.

Ek kyk na die searches. Ja, daar staan dit: mooi kersfees prentjies. Ek gaan tik dit op die internet. Dis mos daar waar die LIG tydskrif verlede jaar my prentjie gecopy en gepaste het sonder om tot vandag toe vir my erkenning te gee, selfs na my briefie aan hulle. Ja, sowaar: Daar is my prentjie HEEL EERSTE! Kliek maar op die blou as julle self wil sien. ( en die ergste van alles is dat ek my oorspronklike  ( en dus my bewys dat dit my eie skepping is) weggegooi het in ‘n vlaag van huisskoonmaak en probeer ontslae raak van

Platinum Afrikaans Huistaal Leesboek 7 saamgestel deur Adinda Vermaak, Johan van Lill en Nicol Faasen, uitgegee deur Maskew Miller Longman

Platinum Afrikaans Huistaal Leesboek 7 saamgestel deur Adinda Vermaak, Johan van Lill en Nicol Faasen, uitgegee deur Maskew Miller Longman

rommel ).

Intussen het ek darem hierdie week ‘n lekker presentjie gekry: ‘n Kopie van die Platinum Afrikaans Huistaal Leesboek 7.

Nou wat is so spesiaal aan hierdie skoolboek? HA! Op bladsy 33 is Seegogga se Bloggie!!!

Nou wil ek sommer dadelik vir Toortsie en al my medebloggers( ampertjies tik ek toe mos nou medeboggers!) dankie sê: As dit nie vir julle aanmoediging en goeie kommentaar en hulp met die tegniese aspekte was nie,  het ek nooit geblog nie, en sou hierdie gelukkie nooit gebeur het nie.

Adinda Vermaak ken my glad nie en  het toevallig  my bloggie op die internet raakgeloop en besluit hy moet in die boekie kom. Ek hoop nie hulle stenig my nie, maar ek moes nou hierdie bladsy kopiëer dat julle darem kan sien.

Seegogga se Bloggie in die graad 7 leesboek

Seegogga se Bloggie in die graad 7 leesboek

Om te blog het voorwaar vir my wêrelde oopgemaak waarvan ek net gedroom het, en ek glo vir julle ook. Blogvriende, interessante blogstories  en menings van soveel verskillende mense, Rolbos se stories wat ek elke aand in die bed lees,  het my lewe verryk , en  ook  die stuiwers wat ons self  in die armbeurs van die wereld gooi, né. Baie dankie, medebloggers en vriende wat ons bloggies lees en ook dankie aan Adinda Vermaak!

Aangesien ek nie dink ek kan nou beter nie, ( en uit pure luiheid) plaas en nou maar weereens my Kersfeesprentjie vir julle hier.

‘n Baie besondere Geseënde Kersfees  aan julle almal en lekker blog!

kersfees 001

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Kersfees, Los opdrifsels. Bookmark the permalink.

4 Responses to Kersfeespresent, Kerskaartjie en Kerswense

  1. karen sê:

    Wow, jy’s beroemd Seegogga! Lekker Kersfees hou 🙂

  2. seegogga sê:

    Ai, Karen, as ek nou beroemd was, was ek dalk ryk ook! Maar vir my is dit steeds ‘n wonder dat my 5min prentjie wad ek si gering geag het dat ek hom ni eers gebere het nie, so in aanvraag is, en dat een van my bloggies nou sommer in ‘ boekie is. Maar ek lees jou nediese blogs met groot belangstelling en ek glo daar is eendag ‘boek oor dieregesondheid op pad. So-iets soos: vra vir dir veearts. Of dieregwneeskunde vir die huiseienaar

  3. seegogga sê:

    Ai, Karen, as ek nou beroemd was, was ek dalk ryk ook! Maar vir my is dit steeds ‘n wonder dat my 5 min prentjie wat ek so gering geag het dat ek hom nie eers gebere het nie, so in aanvraag is, en dat een van my bloggies nou sommer in ‘n boekie is. Maar ek lees jou mediese blogs met groot belangstelling en ek glo daar is eendag ‘n boek oor dieregesondheid op pad. So-iets soos: vra vir die veearts. Of dieregeneeskunde vir die huiseienaar. Of so-iets.

  4. Toortsie sê:

    Haai, en hier mis ek sowaar die inskrywing! Ag, ek is so bly saam met jou oor jou plekkie in die boek! 🙂

Laat 'n boodskap na seegogga Kanselleer antwoord

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s